NAVO IN OEKRAÏENE ONTPLOOI

Die Afrikaner

Eierdans oor Oekraïene gevoer

Een van die voormalige state van die Sowjetunie, die Oekraïne, wat gebuk gegaan het onder Westers-geinspireerde destabilisasie, is die afgelope weke in die nuus.

Sentraal in die krisis staan Russiese gas wat deur die Oekraïene na die Weste toe vloei en nuwe gasvelde wat deur middel van hidrobreking in die VSA ontdek is.

Die krisis word gesien as die nuwe vorm van energiediplomasie van die VSA wat poog om die Russiese invloed in die Oekraïene te verminder.

Strategiese vloot-, weermag- en missielbasisse van Rusland is in die Oekraïene geleë. Verder het die Oekraïene bykans 50% Russies sprekende burgers. Europa poog op sy beurt om die Oekraïene in te trek in die invloedsfeer van die Europese Unie en die Internasionale Monetêre Fonds, terwyl Rusland teen die stap gekant is. In ‘n revolusie wat klaarblyklik deur George Soros se Open Foundation Society geborg was, is daar toe ‘n gewelddadige verandering van regering in die Oekraïene bewerkstellig wat nie deur Rusland erken word nie.

Die gevolg is nou dat NAVO asook oorlogskepe van die VSA in die gebied ontplooi is. Rusland het reeds sowat 30 langafstand kernbomwerpers vir die dreigende konflik ontplooi. Rusland het ondertussen die Krimskiereiland beset.

Na wat berig word, sal ’n referendum op 16 Maart gehou word in dié gebied oor eenwording met Rusland. Die Krim-skiereiland se parlement het reeds ten gunste van eenwording met Rusland gestem. Talle Okraïeners, waaronder die ikoon van die opposisie en voormalige eerste minister, Yulia Tymoshenko, meen egter dat die referendum onwettig en ongrondwetlik sal wees en sê dat die hele Okraïene daaroor moet besluit. Internasionale regskenners is dieselfde mening toegedaan omdat die referendum sal plaasvind te midde van ’n de facto besetting van die Okraiene.

In die toutrekkery tussen veral Amerika en Rusland wil dit voorkom asof laasgenoemde al hoe meer geïsoleer word nadat selfs China, wat hom gewoonlik steun, hom ten gunste van die gebiedsintegriteit van die Okraïene uitgespreek het. Dreigemente met boikot-aksies teen die G8-beraad in Junie vanjaar in Sochi, Rusland en sanksies is van die maniere waarop Rusland ‘gestraf’ gaan word. ’n Eierdans word intussen uitgevoer om ’n sogenaamde diplomatieke skikking te bereik sodat ’n volskaalse oorlog afgeweer kan word.