BRANDSTOF- WYSHEID

Dr Pieter van der Dussen (Snr)

Met die helfte van die waarnemingstydperk verlede Donderdag verstreke is dit moontlik dat die brandstofpryse op 2 Desember selfs meer kan daal as wat in die vorige  mededeling gesê is, naamlik 60c+ vir petrol en 40c+ vir diesel.

Hoewel daar die afgelope week ietwat groter skommelinge in die daaglikse oorverhalings getoon is, veroorsaak die aanvanklik hoë gemiddelde dat dit nie ‘n te kwaai uitwerking op die lopende gemiddeld gehad het. Namate die tyd verloop word hierdie invloed kleiner. Dit is die uitwerking van die sogenaamde marginale begrip wat ‘n wesenlike rol in die beoordeling van ekonomiese en ander statistiese reekse speel.