Dr P.E. van der Dussen
Die verwagting op 29 November hieronder oor die gemiddelde oorverhaling gedurende die Desemberwaarnemingstyd 28 November tot 31 Desember is meer as bewaarheid. Vir die eerste drie waarnemingsdae was die oorverhaling vir petrol meer as 140c en vir diesel-0.005. Die ooreenstemmende gemiddeldes vir die eerste drie 114c per liter waarnemingsdae was 141-145c/l vir petrol en 115c/l vir diesel-0,005.
Die prysverlagings (na verhoging van die brandstofmaatskappye se wisngrense) het op 3 Desember ingetree. Na agt waarnemingsdae was die gemiddelde oorverhalings op 9 Desember so: 102c/l vir petrol-95, 104c/l vir petrol-93, en 84c/l vir diesel-0,005. Die daaglikse oorverhaling was onderskeidelik 86, 88 en 71c/l wat beduidend hoër as op die eerste dae na 3 Desember is.
Word hierdie syfers op die volle waarnemingstydperk toegepas, is prysverlagings van die volgende orde moontlik: 82c/l vir petrol-95, 86c/l vir petrol-93 en 71c/l vir diesel-005. Die kleptokratiese oftewel korrupte toestand waarin democra(z?)sy ontaard het, plaas nogtans 'n groot vraagteken agter hierdie berekenings. Wat wel met stelligheid gesê kan word, is dat brandstofpryse op 6 Januarie noemenswaardig kan en waarskynlik sal daal.Wat van Februarie en verder? Die Rand verswak tans vinnig teen die Dollar. Sonder om in besonderhede in te gaan, speel die wisselkoers van die Dollar teen die Euro asook teen Singapoer en ander eenhede 'n deurslaggewende rol. Verder is die Dollar die geldeenheid waarheen die pryse van alle olie en olieprodukte se pryse gemeet word. Enkele jare gelede was daar 'n beweging om die internasionale petroleumpryse na die Euro te herlei, maar heeel verstandig het Duitsland en sekere ander Eurolande besef dat dit die Euro net so kwesbaar as die Dollar sou maak en dit van die hand gewys. Die onbestendigheid van die Dollar wat die afgelope 20 jaar of wat ver meer as 20% teen die Euro en ander geldeenhede verswak het, sou so ;n beweging in hierdie tydgewrig ernstige gevoeligheid vir die Eurolande meegeb ring het, bepaaldelik ten opsigte van brandstofkoste. Vir lande soos Suid-Afrika was dit egter ‚n rampspoedige besluit van die Eurolande en is ons steeds aan die onbestendigheid van die Dollar uitgelewer.
Tog is daar selfs aan hierdie donker wolk ‚n soms verskynende ligrandjie. ‚n Sterker Dollar teen die geldeenhede van die sogenaamde ontwikkelende maar eintlik veram(en)de lande, wat die Arabiese olieproduserende lande insluit, bring mee dat die olieprys daal, selfs nou drasties daal ten spyte van die komende winter in die Noordelike Halfrond. ‚n Dalende olieprys bring in die prysformule van 1936 ,n versagtende uitwerking op die verwakking van die Rand teen die Dollar mee. Wanneer die Rand met sê 5% teen die Dollar verswak maar die koste van verondersteld-ingevoerde petrol uit Europa en diesel uit Singapoer daal met 4% as gevolg van ‚n daling in die olieprys, behoort die prysformule van 1936 te keer dat plaaslike brandstofpryse met meer as 1%=5%-4% te daal.
Die laaste prysdalings is juis die gevolg van die skerp daling in die olieprys. Hierdie daling is in werklikheid aan twee redes toe te skryf. Eerstens is daar die versterking van die Dollar teen die geldeenhede van die Arrabiese wat meebring dt hulle bereid móét wees om minder Dollar per vat te aanvaar. Daarby kom die volgehoue en blykbaar toenemende oorproduksie van aardolie deur die Arabiese lande, wat waarskynlik as gevolg van hulle spandabelheid met Dubai en soortgelyke kunsmatige bouwerke sonder inherente produksievermoëns in die knyp raak en kontant dringend nodig het. Maar hieraan sal noodwendig 'n einde kom wat binnekort ook op ons ‚n uitwerking sal hê en verdere brandstofprysverlagings sal teenwerk. Daar is geen enkele rede waarom die Rand sterker teen die Dollar of enige ander geldeenheid sal word nie. Daar is egtere oorgenoeg rede om die teenoorgestelde te verwag.