RASSESKEIDING WAS SA SE REDDING

 Apartheid het hierdie land sterk gemaak

Mediaverklaring: Herstigte Nasionale Party

Jacob Zuma se stelling dat apartheid Suid-Afrika siek gemaak het, is kaf wat hy kwytraak om die agteruitgang van Suid-Afrika sedert die afskaffing van apartheid te probeer wegpraat.

Tydens die apartheidsjare, en ten spyte van die geweldige propagandaveldtog in die buiteland teen die land in daardie jare, het Suid-Afrika ongekende ontwikkeling en vooruitgang beleef. Buitelandse beleggings het ingestroom teen 'n tempo wat ons kwalik kon hanteer, en die lewenstandaard van Suid-Afrikaanse Swartes was hoër as dié van enige ander land in Afrika. Daar was groter vrede tussen die verskillende rasse as ooit en terroriste soos Mandela en sy mede-agitators wat dit probeer versteur het, is agter tralies gesit. Die vertroue in die land en sy toekoms was op 'n ongekende vlak. Immigrante uit die Westerse lande het in hul tienduisende na Suid-Afrika gestroom.

Dit was nadat apartheid afgeskaf is, dat Suid-Afrika siek geword het; dat munisipale en ander openbare dienste tot stilstand gekom het; dat miljarde Rande openbare geld in die sakke van korrupte regeringslede en amptenare verdwyn het; dat emigrante in hul tienduisende die land verlaat; dat onluspolisie orde in die parlement moet handhaaf; dat rassehaat by die dag toeneem sodat vreemdelinge en standbeelde aangeval word; ja, só siek dat die land 'n misdadiger en twakprater soos Jacob Zuma as president verduur!