Moenie ‘n dwaas na sy sotheid antwoord nie
Wat sê julle oor Malema se dreigemente van doodslag, oorvat en afvat as hy aan bewind kom? (Uittreksel uit Malema se toespraak hieronder aangeheg).
Vriende, ons ontvang tans baie vrae met hierdie strekking. Ek gaan dit beantwoord deur na die Spartane se antwoord op Koning Philippus II van Macedonië se dreigemente te verwys. Philippus het gedreig om Sparta met sy gevreesde leër te verwoes en almal dood te maak as hy Sparta binneval.
Die Spartane het met een woord geantwoord: “As.” Hierdie kenmerkende Spartaanse antwoord dui op die oorsprong van die woord “lakonies” wat kort, kragtig en gevat beteken. Lakonië was die streek se naam waar Sparta geleë was. Die Spartane het grootpraat en lank praat geminag. Hulle het hul antwoorde kort gehou en eerder hul dade laat tel.
Hiermee wil ek sê dat mense nie op hol gejaag moet word deur Malema se mal uitsprake nie. Sy party het lelik pak gekry in die onlangse verkiesing; sy optog van verlede week het misluk; en raas en blaas bly sy enigste “wapen” om steun te probeer aas. Moet julle nie steur aan Minibob en sy Boblite-uitsprake nie. Hy kan nie die land demokraties oorneem nie, en nog minder met geweld. En as dit by die punt kom waar hy sy dreigemente probeer uitvoer, sal hy agterkom dat daar ’n groot verskil tussen praat en doen is.
Kom ons leer by die Spartane: Sê net “as.” Moenie ’n dwaas na sy sotheid antwoord nie. Moenie skrik nie. Moenie terugswets nie. Verskerp jul weerbaarheid en woon en werk rustig voort.
Flip Buys - Voorsitter van die Solidariteit Beweging
I am here to disturb the white man’s peace. They are right, the white man has been too comfortable for too long. We are here unashamedly to disturb the white man’s peace. Because we have never known peace. We don’t know what peace looks like. They have been living peacefully. They have been swimming in a pool of privilege. They have been enjoying themselves because they always owned our land. We, the rightful owners, our peace was disturbed by white man’s arrival here. They committed a black genocide. They killed our people during land dispossession. Today, we are told don’t disturb them, even when they disturbed our peace. They found peaceful Africans here. They killed them! They slaughtered them, like animals! We are not calling for the slaughtering of white people, at least for now. – EFF leader Julius Malema in a speech outside Newcastle Magistrates court.