ANC GAAN TERRORISME VOORTSIT

Na aanleiding van die artikel op hierdie webblad oor die ANC as terroriste-organisasie,  SA TERRORISTEBEWEGINGS (1), plaas ons hierdie berig van Die Burger die afgelope Saterdag, 12 Maart 2011 waaruit dit blyk dat die ANC Jeugliga hulself nou ernstig voorberei met gespesialiseerde militêre opleiding deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) om voorts te doen wat terroriste doen, naamlik terreur in Suid-Afrika te pleeg, en daardie bloedbad wat in 1963 voorkom is toe derduisende bomme, landmyne en handgranate gekonfiskeer is, voort te sit. Destyds het hierdie opleiding net buite ons landsgrense plaasgevind want hulle was 'n verbode organisasie maar noudat die terroriste baas van die land is doen hulle dit sommer openlik by geskikte sentrums in die land. Diegene wat glo dat die ANC hierdie agenda van die baan geskuif het is naïef.

Die verslaggewer, Pieter Steyn, skryf die afgelope naweek in Die Burger:

DIE vrees bestaan dat “ANC-jeugligalede” in die Vrystaat opgelei word om ’n militêre burgermag (“militia”) in die provinsie te vorm.

Weens die implikasies van dié onthulling het die DA ’n parlementêre vraag hieroor by die minister van verdediging ingedien. Dié party vrees dat net lede van die Vrystaatse ANC-jeugliga die opleiding ondergaan.

Volgens mnr. Roy Jankielsohn, Vrystaatse DA-leier, het die opleiding van 340 rekrute van die “nasionale landelike jeugdiens-korps” (NLJK) van verskillende Vrystaatse wyke op ’n vergadering van die portefeuljekomitee vir landbou en landelike ontwikkeling geblyk.

Hy sê die rekrute word deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) militêr opgelei en ook geskool om gemeenskapsprofiele saam te stel. Die rekrute is in dié stadium by die Thaba Nchu-kollege.

Jankielsohn sê die min inligting oor die rekrute se werwing is kommerwekkend. Volgens hom word net gesê dit is jong mense wat in “landelike wyke” gewerf word.

“Die DA is bekommerd omdat geen werwing in enige van die DA-wyke gedoen is nie. Ons is bevrees dat die ANCJL-lede die enigste is wat hiervoor gewerf word, omdat dit die algemene neiging is.”

Jankielsohn sê dit strook met die ANCJL-president, mnr. Julius Malema, se uitsprake dat lede militêre opleiding moet ontvang.

“As dit só is, is dit kommerwekkend dat hierdie milisie partypolitieke agendas gaan dryf.”

- Die Burger