SKENDING VAN MENSEREGTE

SWART SEKURITEITSHOOF WEIER DAT BLANKE SY DOKTORSGRAAD IN GEVANGENIS ONTVANG

BOERVIN MEDIAVERKLARING

Gradeplegtigheid vir Doktorsgraad in Zonderwater Gevangenis geweier

25 April 2017

Zonderwater Gevangenis, Cullinan – Wilhelm Pretorius, gevangene van Boeremagsaak(Desember 2002) se gradeplegtigheid is deur Kaptein Tshoke, ʼnsekuriteitshoof van Zonderwater Gevangenis op 25 April geweier. Dit, slegs enkele ure voor die seremonie,om 10:00 die oggend, sou plaasvind. Dr Wilhelm Pretorius het in 2009 met sy PhD graad in Kerkgeskiedenis begin by die Universiteit van Pretoria se Teologie Fakulteit.

In Oktober 2013, met vonnisoplegging van die Boeremagsaak, is beveel dat sy rekenaar uit die gevangenis verwyder moet word. Pretorius kon dus vir ʼn volle jaar nie met sy proefskrif voortgaan nie. Sedertdien het hy slegs uiters beperkte toegang tot sy rekenaar gehad, met geen Internet toegang om aan sy proefskrif te werk nie. Met die sloerings en beperkings kon Pretorius sy finale mondelinge-eksamen eers in September 2016 aflê. Die gevolg is dat Pretorius altesaam R30 000+ uit sy sak moes betaal vir die ekstra jare se studiegeld.

Die Universiteit se amptelike gradeplegtigheid, waar Pretorius sy graad sou ontvang, het op 6 April 2017 plaasgevind.Pretorius is nie toegelaat om die amptelike gradeplegtigheid by te woon nie.

Begin Maart 2017 het Pretorius met‘naansoek beginvirʼn gradeplegtigheid seremonie in die Zonderwater Gevangenis. Op 22 Maart is die amptelike aansoek, volledig ingedien, waar toestemming gevra is om die seremonie te mag hou. Die seremonie is goedgekeur en bevestig deur Meneer Tony Rametsi, opvoedkundige beampte van Zonderwater vir 25 April 2017.Al die reëlings is sedertdien getref.Kaptein Msiza, Onderhoof, asook Adjunk-Direkteur van Zonderwater Gevangenis, het ook aan Pretorius bevestig dat diegradeplegtigheid goedgekeur is, solank as wat dit op die perseel plaasvind.

Die oggend van 24 April het Pretorius net wéér al die reëlings vir die gradeplegtigheid seremonie gaan herbevestig, toe Kaptein Mashisha, Hoof van Opvoedkunde, vir Rametsi en Pretorius meedeel dat die amptelike versoek wat Pretorius gerig het, verlore geraak het. Pretorius moes dit herdruk en weerindien. Die Graad-sertifikaat is reeds 24 April afgehaal, vir die gradeplegtigheid seremonie, soos gereël deur Pretorius en Studente Administrasie van die Universiteit, volgens gewone prosedure.

Die middag van 24 April om 14:30, toe Pretorius reeds in sy sel toegesluit is, het Meneer Rametsi en Kaptein Msiza vir Pretorius in sy sel gaan meedeel dat die gradeplegtigheid uitgestel moet word. Die rede wat hulle aangevoer het, is dat Kaptein Tshoke, ʼn sekuriteitshoof, dit nie goedkeur nie omrededaar nie aan al die vereistes vir die gradeplegtigheid seremonievoldoen isnie. Die Departement van Korrektiewe Dienste(DKD) versoek ʼn brief van die Universiteit waarin daar toestemming verleen word, dat Pretorius ʼn seremonie in die gevangenismag hou. Rametsi versoek toe Pretorius om die volgende oggend, 25 April, met ‘n persoon te reël dat soʼn brief van die Universiteit gebring word sodat die seremonie kan voortgaan.

Pretorius kon toe niemand daarvan telefonies verwittig nie, omdat hy reeds in sy sel toegesluit was. Meneer Rametsi het daarna, sonder Pretorius se medewete, vir Prof Johan van der Merwe, van die Universiteit van Pretoria se Teologie Fakulteit, wat die seremonie sou behartig, geskakel. Rametsi het Van der Merwe in kennis gestel dat die gradeplegtigheid gekanseleer is. Pretorius moet van vooraf weer aansoek doen om ʼn gradeplegtigheid seremonie tehou. Gaste wat van sover as Lichtenburg kom, is 8:00 die oggend van 25 April eers meegedeel dat die gradeplegtigheid gekanseleer is, nadat die familielede van die kansellasie te hore gekom het. Almal was verdwaas omdat alle nodige verversings reeds gekoop is en werkende persone reeds verlof ingesit het.

Die Department van Korrektiewe Dienste (DKD) se mandaat is rehabilitasie van gevangenes, waarvan akademie en opleiding die hoofelement is. DKD maak dit egter vir gevangenes so moeilik as moontlik om te studeer en verskaf nie die nodige hulp en fasiliteiteaan studente nie. Alle inisiatiewe om gevangenes met studies by te staan, word onderdruk,hetsy dit deur swak administrasie, onvermoë of kwaadwilligheid is.

Pretorius het sy Doktorsgraad met Cum Laude geslaag by die Departement Teologie, aan die Universiteit van Pretoria, in Kerkgeskiedenis. Die onderwerp van die tesis, ʼn Kerkhistoriese ondersoek na die die ontwikkeling van die kalendriese aspekte van Paasfees binne die Christendom in die eerste 3 eeue n.C.Pretorius is, volgens inligting, die tweede persoon in Suid-Afrika, wat sy Doktoraal in die gevangenis verwerf het. Hy het saam met verwerwing van sy Doktoraal ook Akademiese Erekleure van die Verteenwoordigende Studenteraad van die Universiteit van Pretoria ontvang. In 2008 het Pretorius sy Meestersgraad in Sistematiese Teologie aan die Universiteit van Suid-Afrika verwerf terwyl hy in Pretoria Sentraal was.

BOERVIN, ʼn nie-winsgewende organisasie, gestig in 2016, met die doelwit om die Boerevolk se Politieke Gevangenes (BPG’s) se vryheid te bewerkstellig, deuralle moontlike wettige beskikbare weëte volg, en na die BPG’s se regte om te sien, wens Pretorius hartlik geluk met sy uitmuntende prestasie. BOERVIN is tans besig om ʼn saak in te dien by die Menseregtekommissie oor die aangeleentheid. Verdere regstappe sal ook deur BOERVIN geneem word.

Van die Boerevolk se Politieke Gevangenes (BPG’s), wat betrokke was in die Boeremag is reeds langer as 14 jaar in opsluiting.Ondersteun BOERVIN finansieel sodat onreg wat aan die BPG’s gedoen word aangespreek kan word.Die families van die Boerevolk se Politieke Gevangenes word uitgenooi om BOERVIN te kontak vir bystand.www.boervin.org.

Vir verdere inligting skakel 0827766597 of e-pos Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.