Hoe lank gaan ons swyg as ons Christelike norme aangeval en Eerstewêreld-standaarde afgetakel word? Moet ons swyg as ons verkrag, beroof en vermoor word; swyg as onbevoegdes ons kundiges se toekoms so belemmer dat hulle na die buiteland verhuis? Moet ons oor alles swyg omdat ons bang is om as rassehaters gebrandmerk te word? Nee, ons durf nie verder swyg nie! Al word dit lewensgevaarlik om die waarheid te praat, is dit noodsaaklik dat volksgenote dit moet hoor!
Waarom skryf die profeet Hoséa dat sy volk ten gronde gaan weens 'n gebrek aan kennis? Gebeur dit slegs omdat mense God nie meer liefhet en Hom nie wil dien nie? Of gebeur dit ook wanneer 'n volk só mislei word dat hulle nie meer kan onderskei tussen reg en verkeerd nie? Of swyg hulle uit vrees vir die gevolge?
In hierdie tye is alle opsies ernstig van krag; ons volk is beangs, maar word ook so mislei en verblind deur ons vyande dat ons onwetend meedoen aan ons eie ondergang – dit verg groot verantwoordelikheid om genoeg kennis te dra wat tot eer van God se Naam strek.
Kom u verantwoordelikheid na, hou op met swyg, skerp u kennis op, reik uit na die waarheid en doen wat gedoen moet word om hierdie Afrikanervolk van ondergang te red!