VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

RADIO ROSESTAD

Radio Rosestad is ’n Afrikaanse gemeenskapsradiostasie wat in 1994 gestig is en wat gebou is op ‘n Christelike lewens- en wêreldbeskouing. Die stasie, wat op 100.6 FM in Bloemfontein en omgewing uitsaai, fokus op die uitbouing van die Afrikaanse taal sowel as die kultuur, tradisies, belange en gemeenskapsbehoeftes van die Christen-Afrikaner.

Die pos van Hoofbestuurder by Radio Rosestad is tans vakant. Kandidate, wat die missie en visie van die radiostasie onderskryf en wat die nodige kwalifikasies, kundigheid en ervaring het (soos hieronder uiteengesit), sal vir hierdie pos oorweeg word:
• Passie vir die handhaaf en uitbou van Radio Rosestad se visie en missie 
• Bestuurservaring in die uitsaaibedryf en kennis van radio (insluitende programme, musiek, advertensies, bemarking, promosies en tegniese aspekte).
• Leierskapsvaardighede en die vermoë om in spanverband te werk is ’n voorvereiste vir die pos

SALARIS: Onderhandelbaar

Radio Rosestad se beleidsdokumente is op aanvraag beskikbaar.

Stuur asseblief u aansoek saam met ’n CV, wat ten minste ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, per e-pos voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die volgende e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.