WIE IS DIE SKULDIGES...
Na aanleiding van 'n aantal navrae oor stem of nie stem nie more op 8 Mei, stel Gelofteland sy standpunt sterk en helder:
Ons is nie 'n politieke party nie, wel 'n kultuurblad. Maar ons kán aan u verduidelik waarom u stem in hierdie onwettige regeerstelsel meer van 'n ramp as 'n voordeel vir uself en al u nageslagte inhou.
Toe FW de Klerk hierdie land sonder die mandaat van sy kiesers aan 'n swart regering oorhandig het, (dít vir die Nobelprys plus 'n aardige sommetjie in sy sak wat die Geldmag as bonus ingegooi het) was dit grondwetlik 'n onwettige daad wat só in die anale aangeteken sal staan tot aan die einde van die aarde. Hy het geen mandaat gehad om Mandela uit die tronk te laat en die land aan ‘n swart regime te oorhandig nie. Die vraag op die stembrief was eenvoudig en het net u toestemming gevra vir verdere onderhandeling, nie om ‘n terroris en bomplanter uit die tronk te haal en hom president te maak nie. Die stembrief was egter só opgestel om kiesers doelbewus te mislei en daarom het sovele "ja" gestem met die vertroue dat hul "leiers" die saak verder korrek sou voer. Wat 'n teleurstelling, mnr De Klerk! Wat 'n leuen. Wat 'n misdaad! Veral as ons dink aan die duisende blanke boere en ander blankes wat vermoor is en ander steeds daagliks mishandel, verkrag, gekaap, besteel en vermoor word.
Dit het meegebring dat wie ook al deel neem in enige verkiesing ná 1994, deel neem aan 'n onwettige bestel. En met u deelname daaraan verleen u legitimiteit, dus u goedkeuring, aan die feit dat daar 'n onwettige regering probeer regeer - wat hy verseker nie regkry nie! Indien u more u stem gaan uitbring, ongeag vir watter party, betoon u dus u goedkeuring dat die huidige regering die reg het om 'n verkiesing uit te roep. U gee hom daarmee u goedkeuring dat hy waardig is om te regeer en die mag het om 'n verkiesing te hou en só heel moontlik weer herkies te word. Wat ‘n fout! Sou Suid-Afrika 'n regverdige verhoor by die Internasionale Hof kon bekom sou die onomwonde uitslag wees dat De Klerk geen mandaat gehad het om die regeermag te oorhandig nie. Mag die straf op hierdie blatante misdaad nog in óns leeftyd voltrek word!
Toe die verrotte verkiesing van 1994 afgeloop het en daar aan regter Johann Kriegler wat ten nouste met daardie verkiesing te make gehad het, gevra is wat hy van die hele proses dink, het hy dit volmaak opgesom met hierdie woorde: “ Wanneer jy in ‘n bordeel is, moet jy nie verwag om kuis te bly nie”. Woorde wat mens laat wonder of die ja-stem werklik in die meerderheid was.
Indien iemand dink dinge het intussen verbeter, dink maar weer. Die bordeel het vergroot, vererger en vervuil met meer blantantheid as ooit te vore. Vandag is in selfs die kommunistiese en liberale nuus met groot vertoon berig hoe daar reeds diefstal van en korrupsie met voorafstemme plaasgevind het. En verkiesingsdag het nog nie eers aangebreek nie! Wat dink u wag aan die einde daarvan? Tot die mees liberale koerante berig: "Twenty-five years after the end of white-minority rule, South Africa remains one of the most unequal countries in the world and is held back by corruption and crime." Korrupsie en misdaad, dit is wat De Klerk en sy bende uit die hel vir ons gebring het! Of het ons vergeet dat ons 'n Eerste Wêreldland was toe blankes nog regeer het, en nou tot 'n vlak laer as rommelstatus gedegradeer is? Dalk verstaan ons swak Afrikaanspratende genote nie wat die woord rommel beteken nie...
Feit is, u “behoudende” stem kan inderwaarheid geen verskil aan getalle maak nie. En indien u stem, stem u in alle geval vir die duiwel want geen party kan sy “wonderlike” beloftes aan u nakom nie; dis alles leuens, en die vader van die leuen is Satan, dit spel die Bybel duidelik vir ons uit.
Bo en behalwe dat u dan aan ‘n onwettige verkiesing deelneem, is u stem in alle geval van nul en gener waarde in praktyk. Indien u stem weet u seker ook nie dat daar oor 'n honderd miljoen onwettige Afrika-immigrante in Suid-Afrika is wat daagliks identiteitsdokumentasie maklik bekom en daarmee stemreg verkry nie. Indien u kan somme doen, spaar uself en u kosbare tyd om more in Afrika-rye te gaan staan want nie u, u gesin, u volk, u land of u God wat Self rasse-onderskeiding geskep het, kan daarby baat nie.
Indien alle blanke Suid-Afrikaners van al die onwettige verkiesings weggebly het, was daar vandag geen onwettige, korrupte, onvermoënde regime aan bewind nie.
So, wie is die skuldiges...