ANC- AANSLAG OP DIE KERK (6)

Prof AWG Raath

Lees reeks by Kerk as instrument van ANC-revolusie

(Let daarop dat hierdie reeks oorspronklik in 1989 geskryf is, vandaar verwysings na later-veranderde situasies oa ANC-SAKP-alliansie ens.)

GLASNOST, KAIROS EN DIE ANC

Die Kerk en die KPSU

Deur die jare was die Kommunistiese Party van die Sowjet-Unie (KPSU) berug vanweë sy skerp aanslag op die godsdiens en die kerk. Hierdie aanslag het gespruit uit die opvattings van die klassieke Marxisme in hierdie verband. Van die godsdiens verklaar Marx en Engels (Works, vol. 1, p.385) byvoorbeeld:

“Religion is the sigh of the oppressed creature, the soul of a heartless world, the spirit of sculless stagnation. It is the opium of the people”.

Op sy beurt verklaar Lenin dat die godsdiens alles wat laag is verteenwoordig. Aldus verklaar hy (Works, vol. 35, pp. 89-90 en 99):

“Every religious idea, every idea of God, even flirting with the idea of God, is unutterable vileness .... vileness of the most dangerous kind, ‘contagation’ of the most abominable kind. Millions of sins, filthy deeds, acts of violence and physical contagions .... are far less dangerous than the subtle spiritual idea of a God decked out in the smartest ‘ideological’ costumes. Every defence or justification of the idea of God, even the most refined, the best intentioned, is a justification of reaction”.

Die kerk is, volgens Lenin, die blote vergestalting van die onderdrukte proletariese klasse in die samelewing. Lenin (Works, vol. 15, pp. 371-372) verwoord dit so:

‘“Religion is the opium of the people’ .... this dictum of Marx is the cornerstone of the whole world-outlook of Marxism on the question of religion. All modern religions and Churches, all religious organisations Marxism always regards as organs of bourgeois reaction serving to defend exploitation and to stupefy the working class”.

Ten spyte van die feit dat die KPSU met ’n nuwe sogenaamde “openheid” in internasionale verhoudinge na vore kom, bly die Marxistiese verwerping van die Christendom prinsipieël onveranderd. Inteendeel, die nuwe hervormingsbeleid van die KPSU is juis daarop gerig om die suiwere Marxisties-sosialistiese grondgedagtes van Marx en Lenin bloot te lê. Onder die opskrif “Turning to Lenin, an Ideological Source of Perestroika” in sy onlangse boek Perestroika (1987, p.25) verklaar Mikhail Gorbachev oor Lenin:

“His very image is an undying example of lofty moral strength, all-round spiritual culture and selfless devotion to the cause of the people and to socialism. Lenin lives on in the minds and hearts of millions of people. Breaking down all the barriers erected by scholastics and dogmatists, an interest in Lenin’s legacy and a thirst to know him more extensively in the original grew as negative, phenomena in society accumulated”.

Elders in dieselfde werk stel Gorbachev dit meer eksplisiet (p. 66):

“In politics and ideology we are seeking to revive the living spirit of Leninism. Many decades of being mesmerized by dogma, by a rulebook approach have had their effect. Today we want to inject a genuinely creative spirit into our theoretical work”.

In kort, die huidige beleid van “glasnost” en “perestroika” staan op dieselfde grondslae as die klassieke Marxisme. Die huidige beleid van die KPSU getuig egter van veel groter opportunisme om die doelwitte van die klassieke Marxisme te verwesenlik. Hieroor draai Gorbachev geen doekies om nie. Hy stel dit soos volg (p. 51):

“Of course, acting in a revolutionary way does not imply a headlong dash. Cavalry attacks are far from being always appropriate. A revolution is governed by the laws of politics, by the art of the possible. Otherwise you make a mess of the whole thing and discredit the great cause”.

Kortom, die KPSU se sogenaamde “openheidsbenadering” getuig bloot daarvan dat geen middele hoe oneties of immoreel ookal, ontsien word om op opportunistiese wyse die revolusionêre doelstellings van die Marxisme en Leninisme te bereik nie.

Die “Marx en Bybel-Strategie”

Wat die kerk in besonder betref, het die KPSU toenemend die moontlikhede om die kerk in die bevordering van die Marxisme te gebruik, besef. Dit was immers Lenin wat die KPSU se oog hiervoor geopen het met die volgende woorde:

“We will find our most fertile field for infiltration by communists within the field of religion, because religious people will swallow anything - just as it is wrapped up in religious language”.

Dit was hierdie gedagtes van Lenin wat Fidel Castro met soveel sukses in Suid-Amerika toegepas het. Van die “bevrydingsteologie” het hy gesê:

“Liberation Theology was doing more to promote change in Latin America than all the millions of books about Marxism”.

Die duidelikste manifestasie van hierdie benadering vind ons by M. Gorbachev, wat dit soos volg gestel het:

“Moscow has now given its full approval to the Marx and Bible approach”.

Met hierdie Marx en Bybel-benadering word die bevrydingsteologie as die belangrikste komponent in die verspreiding en verkondiging van die Marxistiese ideale wêreldwyd gesien.

Dit was hierdie Marx en Bybel-benadering van Moskou wat resultate gelewer het toe die Marxistiese Sandinista Bevrydingsbeweging in 1979 die revolusie in Nicaragua suksesvol teweeggebring het. Dit is opmerklik hoeveel Suider-Afrikaanse teoloë die afgelope aantal jare na Nicaragua gereis het om lig by die Marxistiese “wenresep” te gaan opsteek. Die voorbeeld van Nicaragua het onder andere daartoe gelei dat verskeie organisasies - byvoorbeeld die Belydende Kring - baie aandag aan die stigting van Basic Christian Communities in gemeentes in Suid-Afrika spandeer, ten einde ’n afspringplek vir die bevrydingsteologie te vorm. Terloops moet daarop gewys word dat hierdie Basic Christian Communities ’n deurslaggewende rol in die Marxistiese oorname van Nicaragua gespeel het.

Die ANC en die Kairos Dokument

Met die Kabwe-konferensie in Zambië, gedurende Junie 1985, het die ANC/SAKP-alliansie. baie aandag daaraan bestee om die rol van die kerk in die Marxistiese revolusie in Suid-Afrika te ondersoek. Die eerste doelwit was die vestiging van ’n Department of Religious Affairs “to lead and initiate an active participation of the religious community in the struggle for a new democratic South Africa”.

Tweedens het die ANC hom daarop ingestel om die kerke en kerklike organisasies in Suid-Afrika te infiltreer:

“We should aim to create ANC units both within the established churches and other religious bodies. Our organizers need to be active inside mass organisations like UDF, Civic Organizations and churches to radicalize the organisations and draw their base into active struggle”.

Sedertdien het dit opmerklik geword met hoeveel ywer kerklike organisasies en kerkleiers die vernietiging van apartheid verkondig en Christene aanmoedig om deel te hê aan die “opbou van ’n demokratiese nie-rassige samelewing in Suid-Afrika”.

Voorts is by Kabwe ook besluit om die jeug in besonder in die kerklike stryd te gebruik:

“We should have ANC cores in all youth and student organisations. We need to educate the youth in religious and cultural organisations to translate their religious beliefs toward the struggle for liberation, the culture of youth organisations should reflect our culture of resistence and struggle”.

In hierdie verband het die ANC die End Conscription Campaign as ’n organisasie uitgesonder, waardeur hulle hul doelwitte wil bereik. Dit was egter veral die Institute for Contextual Theology (ICT) waarop die ANC sy hoop gevestig het om die kerklike oogmerke van die ANC te bevorder:

“The Movement (ANC) should give attention to the institutions like the Institute of Contextual Theology. We should aim to giving political content and direction to the work”.

Die ICT, onder leiding van Frank Chikane en dr Albert Nolan, het in September 1985 die Kairos Dokument uitgegee. Hierdie dokument moes gebruik word om die kerklike gemeenskap te oorreed om die politieke doelwitte van die ANC te bevorder.

Die Kairos Dokument en die Marxistiese Revolusie

Ten einde die Kairos-teologie na kerklike gemeentes te laat deurwerk het die ICT ’n stel preeksketse versprei. Voorts is ’n Kairos-jeugaksie van stapel gestuur om die gedagtes van die dokument te propageer en die jeug tot revolusionêre optrede oor te haal. In Julie is die Evangelical Witness deur die ICT uitgegee en ’n boekie oor Church and Labour versprei. In November 1987 het die boek Church and Violence die lig gesien en in dieselfde maand is ’n ICT-konferensie in Kaapstad gehou. By hierdie geleentheid het die konferensie sy steun aan die ANC se gewelddadige revolusie toegesê.

Die Kairos Dokument en Kontekstuele Teologie

Volgens die ICT moet Kontekstuele Teologie bedryf word. Dit behels dat die ICT homself in besonder besig hou met die Suid-Afrikaanse politieke konteks en die rol wat die bevrydingsideologie in Suid-Afrika kan speel. Op grond hiervan word ’n sogenaamde “People’s theology” verkondig. Vanuit hierdie “konteks” word revolusionêre geweld deur die ICT goedgepraat. Aldus word byvoorbeeld verklaar (p.12):

“True justice, God’s justice, demands a radical change of structures, this can only come from below, from the oppressed themselves”.

Elders word dit so gestel (p.14):

“...the apartheid regime in SA maintains itself by brutality and violent force.... a majority of South Africans regard this regime as illegitimate”.

Wat deurentyd opval, is die Marxistiese trant van die dokument. Die samelewing in die RSA word byvoorbeeld deurentyd in terme van “verdrukkers” en “verdruktes” beskryf. Gelowiges word aldus aangemoedig om eers ’n Marxistiese analise van die samelewing te maak voordat hulle oplossings vir die probleme in Suid-Afrika aan die hand doen.

Sedert September 1985 word die Kairos Dokument as basis vir die formulering van nuwe liturgieë gebruik. Dit dien ook as basis van ’n jeugaksie, in terme waarvan kerkjeug by die “progressive Christian movement” betrek word. Hier word hulle aangespoor om by die wyere revolusionêre stryd betrokke te raak. By verskeie van die Engelssprekende universiteitskampusse word dit as ’n Bybelstudiehandleiding gebruik.

Van hierdie dokument het die president van die ANC, Oliver Tambo, baie tevrede verklaar:

“This document, fellow countrymen, could not have come at any better time than now... Christians cannot afford to speak and look as if they belong to a different world... they are supposed to stand in the front ranks of the war... Onward Christian soldiers”.

In die lyfblad van die SAKP, African Communist, het Mdlalose van die Kairos Dokument gesê:

“The Kairos document... endorse the just demands and the struggle of those who are committed to revolutionary violence against the regime”.

By implikasie keur Mdlalose revolusionêre geweld hiermee goed.

Die ANC beskou kerklike leiers wat onwetend tot bevordering van die doelwitte van die Marxisme meewerk as “bruikbare idiote” wat nuttig met die oog op die bevordering van revolusie in Suid-Afrika gebruik kan word. Dit is veral daardie geestelike leiers wat simpatie met die doelwitte van die ANC toon of reeds kontak met die ANC bewerkstellig het, wat vir hierdie doel deur die ANC ingespan word. Selfs ’n kort oorsig van kerklike leiers en organisasies wat in een van hierdie kategorieë val, toon al ’n indrukwekkende lys. In hierdie verband kan veral gewys word op die SARK se samesprekings met die ANC tydens die WRK se beraad in Harare in Desember 1985, asook sommige van die resolusies wat aanvaar is tydens die SARK se nasionale jaarkonferensie in Junie 1985. Besluite van die konferensie spreek oor die algemeen van ’n gees van revolusie waarin die lojaliteit teenoor die ANC en die omverwerping van die blanke regering duidelik gesien kan word.

Sedert Augustus 1985 het die SARK die moontlikhede van kontak en samesprekinge met die ANC ondersoek. Tydens ’n vergadering op 5 en 6 November 1985 is gerapporteer dat kontak met ANC-leiers bewerkstellig is. ’n Besluit van die uitvoerende komitee is soos volg toegelig, naamlik dat “the crisis in the country cannot be resolved without the meaningful involvement of a body like the ANC”.

Die SARK en lede van die ANC het samesprekings gevoer tydens die beraad van die WRK in Desember 1984, wat in Harare gehou is. Volgens Robert Smith, moderator van die United Church of Canada, is ANC-ledc as volwaardige lede van die SARK-afvaardiging aanvaar.

In die Belydende Bulletin van 15 Desember 1985 het die Belydende Kring hom soos volg oor sy houding jeens die ANC uitgelaat:

“Therefore, while Whites generally regard the ANC as their arch-enemy, most Blacks regard the ANC as the movement fighting for their liberation from white domination... While Whites are jubilant whenever the SADF strike at ANC basis eg Maputo, Maseru or Gabarone, Blacks mourn the cruel death of their fathers and mothers, brothers and sisters”.

Tydens die jaarlikse konferensie van die Interdenominational African Ministers’ Association of SA (IDAMASA), wat vanaf 10 tot 14 Augustus 1981 te New Castle plaasgevind het, het die vise-president van IDAMASA, Joe Mzamane, ’n lang politieke toespraak gelewer waarin hy sterk steun aan die ANC, en Nelson Mandela se leierskap in besonder, uitgespreek het.

’n Afvaardiging van die SA Katolieke Biskopsraad, bestaande uit Hurley, biskop Wilfred Napier (SAKBR - vise-president), Mkhatshwa en biskop Mansuet Biyase van Eshowe, het vanaf 14 tot 16 April met O. Tambo en ander ANC-lede samesprekinge in Lusaka gevoer. In ’n verklaring wat na afloop van die vergadering uitgereik is, is onder meer verklaar dat die demokrasie in die RSA nie sonder “effektiewe aksies” bereik kan word nie.

Daar is egter ook daardie geestelike leiers wat die vraag laat ontstaan of hulle werklik so onkundig aangaande die ware motiewe en doelwitte van die ANC is. In hierdie verband is dit veral Frank Chikane (’n gewese AGS-pastoor en direkteur van die ICT) en Caesar Molebatsi (’n evangelis met ’n jeugbediening in Soweto) wat die wenkbroue laat lig. In Julie 1986 het die Evangelical Witness in South Africa verskyn. Dit is ’n meer afgewaterde weergawe van die Kairos Dokument en deur 130 nie-blankes onderteken, waarvan die meeste aan Pinkster-kerke of jeugorganisasies behoort. Wat egter interessant is, is die feit dat Chikane en Molebatsi ook die enigste ondertekenaars van die Kairos Dokument is. Net soos die Evangelical Witness is die Kairos Dokument deur die ICT uitgegee en deur die SAKP in die African Communist hoog aangeprys.

Soos die Kairos Dokument, spreek die Evangelical Witness hom sterk oor wet en orde uit (p.19):

“This ‘Law’ is the unjust law of apartheid which treats black as subhumans (less than the image of God) and this ‘Order’ is the orderley way in which the apartheid regime wants to enforce these unjust laws of apartheid. This to us is the Law of Satan and the Order of Hell. This, in the name of Jesus, we must resist”.

Wat egter opval is die sterk sosialistiese standpunte wat die skrywers inneem (p.25):

“To these groups (evangelicals) and churches what is called western Christian civilization or the western capatilistic culture is seen as identical with the Christian faith or the demands of the gospel, any other system (especially economic) which is not necessarily capitalist is taken as being atheistic and therefore anti-christian. In their understanding of their faith they cannot see a possibility of being socialist and also Christian”.

Hierdie uitsprake maak dit uiters onwaarskynlik dat Chikane en Molebatsi werklik aangaande die doelwitte en werkswyses van die ANC/SAKP-alliansie onkundig is.

In sy boek Perestroika (p.70) het M.Gorbachev ’n brief van ene V.A. Brikovskis gepubliseer, om die nuwe opportunistiese “toleransie” teenoor die Christendom te illustreer. Die ironie is egter dat in hierdie brief die mees drastiese aanklag teen die KPSU en sy meelopers gemaak word. Dieselfde sou ook op die ANC/SAKP-alliansie wat deel van die internasionale bolshevisme uitmaak, toegepas kon word. In die brief word die wesenlike onaanvaarheid van die Marxisme-Leninisme soos volg verwoord:

“I am a devout Catholic. Every Sunday I go to church and pray that God refrain from punishing the world for our sins. I know you are an atheist, ... And I want you to know that every Sunday I am in church from 9 a.m. to 1 p.m., praying for you and your family”.