AFRIKA SE WIT REUS (4)

Lees reeks by Afrika se Wit Reus

DIT IS DIE JAAR 1989...

Mites en Waarheid (...vervolg)

15. “Die Swartes word opsetlik dom gehou".

In hierdie jaar gaan daar in Suid-Afrika meer as 6 miljoen Swart kinders skooltoe - 'n nuwe rekordgetal. In die vorige jaar is daar byna 1800 nuwe klaskamers vir sekondere skole opgerig wat ongeveer 130 nuwe skole uitmaak. (As daar nie so baie skole in die afgelope paar jaar deur die opgesweepte gepeupel gedurende die onluste verwoes en afgebrand is nie, sou die opvoedingsmoontlikhede vir Swartes nog beter gewees het).

Die uitgawes vir die opvoeding van Swartes het binne die laaste 8 jaar agtvoudig gestyg nl. van 143 miljoen Rand tot 1,15 miljard (d.i.meer as duisend miljoen Rand). Dit alles is deel van 'n tienjaarplan om alles op opvoedkundige gebied vir die Swartes in elke opsig gelyk te stel met die ander bevolkingsgroepe, alhoewel laasgenoemde al veel ouer en beter gevestig is. 16. “Die Suid-Afrikaanse polisie en weermag 'terroriseer' die Swartes in hulle stede en behoort teruggetrek te word".

Nadat radikale Swart groepe in die Swart stedelike woongebiede meer as 600 Swart sogenaamde "kollaborators" vermoor het - meesal op die wreedste wyse met die brandende nekband - en misdadige elemente hierdie toestand misbruik het, het die regering onder druk van Swart stadsrade besluit om van die afgekondigde noodtoestand gebruik te maak en veiligheidsmagte in te stuur om die Swart bevolking te beskerm.

Troepe en polisie is deur die groot meerderheid van die Swart burgers met verligting en dankbaarheid ontvang maar tog ook met die verwyt: "Hoekom kom julle nou eers? Dit was lankal nodig; 'n mens kon dit nie meer verduur nie!"

Die jong Blanke soldate wat wag gestaan het, is dikwels snags deur dankbare Swart inwoners met koffie en beskuitjies getrakteer.

In 'n petisie aan die Minister van Polisie het meer as 1000 Swart burgers van Sebokeng gevra vir versterkte polisie-inset in die woongebied. In 'n onderhoud met die Johannesburgse joernalis Aida Parker het inwoners gesê: "Daardie mense wat geen polisie in die woongebiede wil hê nie, moet persone wees wat nie hier woon en werk nie. Ons het beskerming nodig teen misdadigersgeweld en terrorisme. Daar word so baie huise aangeval en uitgeplunder, vrouens verkrag, huiseienaars gedood en beseer. Dit mag dag of nag wees, niemand is sy lewe seker nie ... Ons is nou sat daarvan om so geterroriseer te word."

17. "In Suid-Afrika se myne sterf daar meer (Swart) werkers deur onvoldoende veiligheidsmaatreels as elders in die wêreld".

Suid-Afrikaanse koolmyne kon in 1986 hulle laagste ongeluksyfer bereik. Dit het die Kamer van Mynwese onlangs aangekondig. Die syfer van noodlottige ongelukke het in die jaar net die helfte van die getal in Amerikaanse myne bereik. In die laaste drie jaar kon die myne, wat lede van die Kamer is, die getal van noodlottige ongelukke jaarliks laat daal en die syfer vir die afgelope jaar van een dooie per 3000 werkers is die laagste wat in hierdie mynvertakking ooit bereik is. Dit bedra minder as die helfte van die jaar 1984 se getal.

Wat die Suid-Afrikaanse goudmyne betref, is daar 'n veelvoud van omstandighede wat presiese vergelykingsmoontlikhede baie bemoeilik. Die goudmyne van Suid-Afrika is die diepste in die wêreld - sommiges 4000m onder die oppervlakte. Dit het buitengewone hitte- en druktoestande tot gevolg. Hierby kom nog dat die gouddraende kwartsrotse van die hardste klipformasies in die wêreld is.

As ons nou kyk na die ondergrondse myne van die Verenigde State waar die toestande skaars vergelykbaar is met dié in Suid-Afrika, dan kry ons daar vir noodlottige ongelukke 'n syfer van 0,93 teenoor 1,25 in Suid-Afrika se goudmyne. As ons egter die sterftes deur skielike skokgolwe wat deur die uiterste dieptes veroorsaak word, aftrek, dan kry ons 0,95 per 1000 in Suid-Afrika, 'n syfer wat maar effens hoër is as die Amerikaanse.

18. "In Suid-Afrika word kinders in tronke opgesluit".

Onder die opskrif: "Wat moet 'n mens met moordende kinders doen?" het Peter Younghusband op 11 Desember 1986 in die Amerikaanse dagblad The Washington Times geskryf: "Die wêreld reageer met verontwaardiging op die erkenning van die Suid-Afrikaanse regering dat 256 kinders gearresteer is sonder om voor die hof te kom. Hierdie reaksie is begryplik. Gevangehouding sonder verhoor in die hof is afskuwelik en ondemokraties, veral as die slagoffers tussen 11 en 15 jaar oud is."

Maar in die berigte word verswyg dat baie van die gearresteerde kinders geharde misdadigers en sommiges selfs moordenaars is. Die Suid-Afrikaanse regering staan nou gekonfronteer deur die vraag: 'Wat moet daar met misdadige kinders gedoen word?'

Die antwoord behoort soos volg te lui: 'Bring hulle voor 'n jeughoof en vonnis hulle'. Die polisie en die geregswese is oorlaai met werk. Die ondersoek en formaliteite wat die regverdige verloop van 'n hofsaak vooraf moet gaan, is in baie gevalle met verskeie maande agterstallig.

In die tussentyd moet die jeugdige gearresteerdes êrens in veilige bewaring wees. Nog enkele jare gelede is die meeste van hulle in die bewaring van hulle ouers gelaat. Maar vandag word selfs kinders wat maar eers agt jaar oud is in 'n swart rewolusionêre rol ingeforseer.

As voorbeeld kan die geval van die swart vier-en-twintigjarige Rosaline Skosana dien wat in Julie 1985 in die Swart stad Duduza gesterf het. Toe sy vir die begrafnis van 'n anti-apartheid-aktivis bygewoon het, is sy deur jong aktiviste, die sogenaamde "comrades", as kollaborator bestempel en het hulle as rede aangevoer dat sy 'n verhouding met 'n polisieman het. Binne sekondes is sy deur die menigte omsingel, verskriklik geslaan, met petrol natgegooi en aan die brand gesteek en terwyl sy reeds op sterwe gelê het, is sy nog getrap en gestenig.

Lang nadat die trekkings van haar liggaam al opgehou het onder die hael van stokhoue, klippe en stampende voete, is die lyk deur 'n juigende en dansende gepeupel altyd nog getrap en gestenig. Een of twee van die aanvallers het so ver gegaan dat hulle op die vreeslik verminkte, verbrande, halfnaakte liggaam vir die spanne van kameramanne wat die toneel verfilm het, groot swaar klippe gegooi het. Die filmopnames het getoon dat sommige van Rosaline Skosana se moordenaars kinders was wat klaarblyklik onder 12 jaar oud was.

Geharde joernaliste wat oor geweldpleging in die Swart stede verslag gedoen het, was dikwels geskok deur die deelname van klein kinders aan halssnoerteregstellings waar 'n in-petrol of diesel-gedoopte motorband om die slagoffer se nek gehang en aan die brand gesteek is. Tienderjariges en nog jonger kinders staan dikwels in die voorste ry, ook met klipgooiaanvalle op die polisie en met brandstigting en sabotasie.

Getuies in verskeie hofsake het aan die lig gebring dat die Moskou- ondersteunende 'African National Congress' aan sy vegters in Swart stede opdrag gegee het om op die voorpunt van hulle aanvalle op eiendom en polisie klein kinders te plaas, welwetende dat kinders wat gewond of gedood word, die owerheid in verleentheid bring.

Kinders wat op hierdie manier ingespan word, word traak-my-nie-agtig teen die dood, word groot as gevoellose misdadigers wat hulle take uitvoer met daardie vreesloosheid en verbasende oormoed wat kenmerkend is van jong mense.

As die veiligheidsmagte gekonfronteer word deur kinders wat nie vir brandstigting en moord terugdeins nie, dan het hulle geen ander keuse nie; hulle moet hulle arresteer.

Nou staan die regering voor 'n dilemma: hulle is in die algemeen jammer vir die kinders, maar laasgenoemdes het ernstige misdade gepleeg en dit vereis straf. Die gearresteerde kinders kom gewoonlik nie in enkelopsluiting nie, maar word geskei van volwassene gevangenes en misdadigers. Sover enigsins moontlik word hulle voor hulle vrylating vir "heroriëntering" behandel.

Dikwels het die Minister van Justisie Kobus Coetzee uiting gegee aan sy bekommernis oor gearresteerde kinders. Nog kort gelede het hy opdrag gegee dat hulle sosiale omstandighede en lewenstoestande op hoëvlak ondersoek moet word. 'Ek sou veel liewer wil sien dat hierdie kinders in die sorg van hulle ouers sou wees', het hy gesê, 'maar dit is nie altyd moontlik nie'."(Einde van die persberig).

(Volgens die jongste berigte - Junie 1987 - is daar nog net 11 kinders onder arres in afwagting van hofsake, terwyl hulle besonder swaar oortredings nog ondersoek word).

Vervolg...