AFRIKA SE WIT REUS (5)

Lees reeks by Afrika se Wit Reus

DIT IS DIE JAAR 1989...

Die Skatkamer van die Wêreld

"Dit is ons mikpunt om die heerskappy oor die twee groot skatkamers te verkry, waarvan die Weste afhanklik is: die energiebronne van die Persiese Golf, en die mineraalskatte van Sentraal- en Suidelike Afrika". - Leonid Bresjnev, Sekretaris Generaal van die USSR (1971)

"Die vroeëre koloniale gebiede en feitlik alle lande van die Derde Wêreld is vandag de facto in besit van die internasionale superkapitaliste, wat aan hulle miljarde van waardelose papierdollars leen, terwyl die volk dit met die rykdom van hulle bodemskatte moet terugbetaal."

"Dr. Antony Sutton skryf in sy boek The War on Gold: "Die grondliggende oorsaak vir die aanval op Suid-Afrika het min te doen met hulle rassemaatreëls of dié oor binnelandse sake. Dit is bloot propaganda vir die stryd oor goud. Vir elkeen moet dit duidelik wees dat 'n Kissinger, wat onverskillig is oor vervolging van polities andersdenkendes in die Sowjetunie, skaars geraak sal word deur ontbrekende stemreg vir Swart Suid-Afrikaners 'n Sterk Blanke onafhanklike regering in Suid-Afrika wat beskik oor die grootste goudreserwes in die wêreld en naas die Sowjetunie die grootste reserwes van strategiese bodemrykdomme besit, het daardeur noodwendig 'n hoofhinderpaal vir die beplande wêrelddiktatuur geword. Met 'n korrupte Swart Kommunistiese regering daarteenoor sou dit 'n totaal ander saak wees. So 'n regering sou uit die sogenaamde bevrydingsbewegings aan die bewind kom en wel met behulp van Westerse regerings wat hulle in die kamp van die "een-wêreld-mense" bevind en so spoedig (veral vir verryking van die leiers) groot lenings aanneem en daarvoor die bodemskatte van Suid-Afrika aan die geld- magte van Wallstraat verpand."

"Geeneen van die vernaamste industrie-nasies buite die Oosblok besit enige eie chroomreserwes nie. Inderdaad is daar net twee lande, Suid-Afrika en Zimbabwe, waarin byna die hele chroomvoorraad te vinde is. In suidelike Afrika kry 'n mens dan ook 96% van die wêreldvoorkomste van chroomerts. Die belangrikheid van Suid- Afrikaanse minerale tree ook na vore met betrekking tot die metale van die platinagroep, waarvan 95% van die voorkomste in die nie-Kommunistiese wêreld op die subkontinent van suidelike Afrika te vinde is."

Soos die Tweede Vryheidsoorlog met die eeuwisseling, is die stryd oor Suid-Afrika vandag 'n stryd oor goud en ander bodemskatte van die Suid-Afrikaanse subkontinent.

Die geheime oorlogsoekers vandag gebruik presies dieselfde metodes as destyds vir die versluiering van hulle eintlike mikpunte; vandag, nes destyds, opereer hulle binne sowel as buite Suid-Afrika.

Die hele opset word beplan en gelei deur 'n kolossale sindikaat vir die sistematiese verspreiding van valse berigte" (die woorde van Generaalluitenant Sir William Butler, bevelvoerder oor die Britse magte in Suid-Afrika kort voor die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog. Dit wat hy waargeneem het, was vir hom so walglik, dat hy uit sy pos bedank het.

Die hoofinstrument vir "sistematise verspreiding van valse berigte" is ook vandag weer die pers (met ondersteuning van radio en televisie) wat in die hande is van dieselfde finansiële magte, wat reeds destyds die bloedige konflikte bewerkstellig het.

Voor die uitbreking van die Tweede Vryheidsoorlog - in Transvaal is kort vantevore omvangryke goudvelde ontdek - het die Britse Wêreldryk gebruik gemaak van voorgegewe wantoestande en skendings van die menseregte van Britse intrekkers, die Uitlanders; vandag is die voorwendsel vir die aanval "apartheid", 'n woord wat die establishment-pers sistematies tot sinoniem van die bose in sy essensie gemaak het, sodat dit vandag wêreldwyd verdoem word, alhoewel daar in die buiteland skaars iemand is wat weet wat dit werklik beteken.

Wie die eintlike mikpunt van hierdie doelgerigte propaganda wil verstaan, moet weet dat Suid-Afrika saam met die Sowjetunie beskik oor die grootste voorrade aan minerale rykdom wat daar in die wêreld te vinde is. Die rykdom wat in Suid-Afrika se bodem geberg is, is so groot dat die land, met sy peil van tegniese ontwikkeling en byna onbeperkte werkkragte, in die komende dekades noodwendig moet ontwikkel tot 'n ekonomiese supermag, van wie se lewerings die hele Westerse wêreld met insluiting van Japan afhanklik sou wees.

Die olierykdom van die Arabiere sou in die 21ste eeu vervang word deur die minerale rykdom van die Suid-Afrikaanse subkontinent.

Suid-Afrika beskik oor die wêreld se grootste afsettings van goud, platina, chroom, mangaan, vanadium, vloeispaat en andalusiet en het groot hoeveelhede van antimoon, asbes, lood, diamante (industrieel sowel as vir juwele), ystererts, mika, steenkool, koper, nikkel, fosfate, titaan, uranium, vermikuliet, sink en sirkonium. Almal word in relatief groot hoeveelhede uitgevoer en is die belangrikste bron van die land se buitelandse valuta.

Delfstowwe waarvan Suid-Afrika genoeg het vir eie behoeftes en 'n klein gedeelte ook nog uitvoer, is die volgende: bariet, berillium, veldspaat, grafiet, gips, kaolien, kieselgoer, korurid, sout, vuurklei, talk, tieroog en ander halfedelstene asook silwer en tin.

Die belangrikheid van Suid-Afrika se strategiese minerale vir die wapenindustrie en die ekonomie van die Westelike industrielande tree duidelik na vore in 'n studie van dr. James A. Miller wat verskyn het onder die titel "Die kwesbaarheid van die Weste weens die reserwes aan minerale stowwe - gesien uit die oogpunt van die Sowjet".

Hy skryf: "Indien die Sowjetunie en sy bondgenote beheer sou kry oor Suid-Afrika se mineraalbronne, dan sou hulle met die uitsondering van olie die volgende persentasies van die hele wêreld se reserwes beheer:

  • Platinagroep: 95% van die wereldproduksie en 99% van die wereldreserwes.
  • Chroom: 57% van die produksie en 99% van die reserwes.
  • Mangaan: Produksie 59% en reserwes 93%.
  • Vanadium: 69% en 95%.
  • Goud: 80% en 70%".

"Die Verenigde State reken self dat hulle vir minstens die helfte van die 40 mineraalstowwe wat hulle vir hulle produksie benodig, gevaarlik afhanklik is van buitelandse bronne en hulle is genoodsaak om 90% van hulle behoefte aan mangaan, kobalt, chroom, niobium, mikaplaatjies, strontium, tantalium en bauxiet in te voer", waarsku Miller.

"Buitendien moet hulle 75% van die metale van die platinagroep, asbes, vloeispaat, tin en nikkel invoer", skryf Miller. "Meer as 50% van die volgende mineraalstowwe moet uit oorsese bronne ingevoer word: kadmium, sink, kalium, seleniet, kwiksilwer, goud en wolframiet. Amerika se bondgenote in Wes-Europa en Japan is selfs nog in 'n groter mate afhanklik van invoer van mineraalstowwe.

"Dis geen wonder nie", is Miller se uiteindelike gevolgtrekking, "dat die Sowjet so ywerig daarna strewe om Suid-Afrika se gorrel toe te druk".

Die invloedryke navorsingsinstituut "The Heritage Foundation" het in, een uitgawe van sy publikasie geskryf: “Daar bestaan geen twyfel nie dat die (Amerikaanse) ekonomie nou en in die toekoms veel meer afhanklik sal wees van buitelandse invoere van nie-vloeibare minerale as van olie. Die moontlikheid van onderbreking van die lewering van lewensbelangrike minerale moet dus in gedagte gehou word".

Die vroeëre Minister van Buitelandse Sake van die VSA, Generaal Alexander Haig, se mening was: Verlies van die grondstoflewerings van Suidelike Afrika sou "die ernstigste gevolge hê vir die bestaande ekonomiese en veiligheidspolitieke posisie van die vrye wereld".

'n Vroeëre Staatsekretaris van die Amerikaanse Marineministerie, J. William Middendorf, het gewaarsku dat 'n linksgesinde regime in Suid-Afrika en Zimbabwe wat vanaf Moskou beheer word, net so 'n effektiewe kartel van minerale stowwe sou kan vorm soos die oliekartel van die OPUL-lande en sonder meer in staat wees om 'n leweringsembargo uit te roep.

Vyf hoofminerale verleen aan suidelike Afrika 'n sleutelposisie in die voorsiening van onontbeerlike grondstowwe aan die vrye wêreld. Dit is chroom, die metale van die platinagroep, mangaanertse, asbes en goud. Van hulle het chroomerts die grootste betekenis omdat daar geen plaasvervangers is in die produksie van roesvrye staal met die kleinste gewig nie. Daarsonder kan geen motore vir moderne spuitvliegtuie of vir kruisermissiele gebou word nie. Verder word dit op groot skaal gebruik in die petrochemiese industrie, in kragsentrales, in kernreaktors, in die bouindustrie en in ander industrievertakkings.

Die Verenigde State se kamer van mynwese het in Augustus 1981 in 'n publikasie geskryf: "Geeneen van die vernaamste industrie-nasies buite die Oosblok besit enige eie chroomreserwes nie. Inderdaad is daar net twee lande, Suid-Afrika en Zimbabwe, waarin byna die hele chroomvoorraad te vinde is". In suidelike Afrika kry 'n mens dan ook 96% van die wêreldvoorkomste van chroomerts.

Die belangrikheid van Suid- Afrikaanse minerale tree ook na vore met betrekking tot die metale van die platinagroep, waarvan 95% van die voorkomste in die nie-Kommunistiese wêreld op die subkontinent van suidelike Afrika te vinde is.

Van die platinabenodigdhede van die Verenigde State moet 89% ingevoer word, van die van Japan 98% en van die van Wes-Europa 100%.

Dieselfde afhanklikheid bestaan daar ten opsigte van mangaanertse en van asbes. Alhoewel Suid-Afrika se produksie van hierdie twee minerale nie so hoog is soos dié van chroom en platina nie, is daar in Suid-Afrika en Rusland saam 93% van die gesamentlike wereldreserwes van mangaan. Wat asbes betref, het Suid-Afrika ná Rusland en Kanada die grootste wêreldvoorraad.

Dit is begryplik dat die belangstelling van die Kommunistiese maghebbers in die Kremlin vir Suid-Afrika van altyd af groot was. Dit was gevolglik nog altyd 'n belangrike bestanddeel van hulle strategiese beplanning op lange duur.

In 1971 het Leonid Bresjnev, destydse hoof van die Kommunistiese party van die Sowjetunie, verkondig dat dit die mikpunt van die Sowjetunie is om die twee groot skatkamers te beheer waarvan die vrye wêreld afhanklik is: die aardolie van die Persiese Golf en die mineraal­stowwe van suidelike Afrika.

Die kommuniste weet natuurlik: Wie beheer het oor die skeepvaart om die Kaap van Goeie Hoop, het beheer oor 'n slagaar van die ekonomiese lewe van die Weste.

Volgens skatting kry Wes-Europa alleen een kwart van sy olie via die Kaaproete. 'n Gemiddeld van 70 skepe vaar elke dag om die Kaap. Gesamentlik verteenwoordig dit 'n gemiddelde inhoudsmaat van 1,5 miljoen bruto registerton (b.rt.) Per jaar is dit 20 000 skepe met byna 550 miljoen b.rt.

Soos die bekende Duitse koerant "Welt am Sonntag" in 'n spesiale uitgawe in Mei/Junie 1986 geskrywe het, is Suid-Afrika se aandeel aan die Weste se grondstofvoorrade in persentasiesyfers soos volg:

  • mangaanerts 93
  • platina 83
  • vanadium 61
  • chroomerts 58
  • goud 63
  • vloeispaat 46
  • diamante 29
  • sirkonium 19
  • antimoon 17
  • uraan 16

Indien die Kommuniste die alleenbeheer oor die mineraalskatkamer van Suid-Afrika sou kry, sou hulle 'n lewensaar van die Westelike ekonomieë kon afsny. Omdat 'n kommunistiese popperegering in die RSA volgens alle vooruitsigte uit Moskou bestuur sou word, moet die voorrade van die Sowjets en Suid-Afrika bymekaargetel word om te kan bepaal wat die totale ekonomiese invloed sou wees wat die Rooi Kamp deur die verowering van Suid-Afrika sou verkry.

Die aandeel van Suid-Afrika plus dié van die Sowjetunie aan die wêreldreserwes bedra in persentasies die volgende:

  • mangaan 94
  • platina 85
  • goud 70
  • chroom 70
  • vanadium 65

Wat die edelmetale platina en goud betref asook die staalveredelaars mangaan, chroom en vanadium sou die wêreld afhanklik word van Moskou.

Met al hierdie feite voor oë moet elke leser sekerlik verwonderd daaroor wees hoe dit moontlik is dat regerings in Wes-Europa en Noord-Amerika onder hierdie omstandighede met die instelling van totale ekonomiese sanksies teen die Republiek Suid-Afrika kan dreig. Hulle sou hulle eie fabrieke daardeur nie net afsny van die mineraal- lewerings van Suid-Afrika wat vir die tegnologiese ontwikkeling van hulle eie volkshuishoudings en vir hulle verdedigingsvermoë absoluut noodsaaklik is nie, maar ook van die grondstoflewerings van die meeste ander lande van suidelike Afrika, aangesien hulle uitvoerroetes vir die grootste deel deur Suid-Afrikaanse hawens gaan.

Kan 'n mens dit dan nou werklik glo dat Westerse regerings weens voorgegewe skendings van menseregte of weens "apartheid" in Suid- Afrika, 'n risiko aangaan, wat selfmoord van die Weste sou kan beteken?

Maar waarom ondersteun hulle dan 'n terroristeorganisasie soos die African National Congress" (ANC), wie se verklaarde doel dit nog altyd was en steeds is om Suid-Afrika in te skakel in die Kommunis­tiese magsgebied?

Die antwoord hierop kry ons slegs as ons die aanslag teen Suid- Afrika in groot, globaal-strategiese samehang sien.

Dr. Antony Sutton skryf in sy boek "The War on Gold": "Die grondliggende oorsaak vir die aanval op Suid-Afrika het min te doen met hulle rassemaatreëls of dié oor binnelandse sake. Dit is bloot propaganda vir die stryd vir goud. Vir elkeen moet dit duidelik wees dat 'n Kissinger, wat onverskillig is oor vervolging van polities anders- denkendes in die Sowjetunie, skaars geraak sal word deur ontbrekende stemreg vir Swart Suid-Afrikaners".

Professor Sutton voeg hierby: "Die stryd om goud het uitgegaan van Wallstraat se hoë finansmanne. Ons kan hier net aanduidings gee van die ongelooflike gekonkel van hierdie finansiële establishment en die geïnteresseerde leser se aandag vestig op die betrokkenheid van Wallstraat by die Bolsjewistiese rewolusie van 1917, asook hulle voortdurende militêre en ekonomiese hulp aan en beskerming van die Sowjetunie en hulle strewe na 'n "nuwe wêreldorde" (naamlik dollar- imperialisme onder Wallstraat-heerskappy) waardeur die USSR niks anders sou wees as 'n tegniese en finansiële kolonie van die VSA nie". (Sien ook "Wall Street and the Bolshevik Revolution" van Antony C. Sutton).

'n Mens kan begryp dat 'n enkele geldsisteem wat vir die hele wêreld tot eenheidsisteem verander is, 'n belangrike voorvereiste is vir die beoogde "Nuwe Wêreldorde". Dit beteken dat eers 'n volledige kontrole oor al die grondstowwe van die wêreld - en veral goud - onder die beheer van 'n supranasionale wêreldorganisasie (die WO) die voorafgaande voorwaarde daarstel vir 'n gesentraliseerde wêreldheerskappy.

Waarom? Omdat rykdom (m.a.w. grondstowwe) in die hande van diegene wat dit besit, mag beteken asook vryheid en onafhanklikheid - veral as die skatte maklik vir goud inruilbaar is.

Die soewereiniteit van 'n nasie - en sy onafhanklikheid - is dus 'n kwessie van sy mag en besit.

Alle pogings om die wêreld in 'n sosialistiese wêrelddiktatuur of "Nuwe Wereldorde" (soos die WO verkies om dit uit te druk) te verander, is dus in hierdie eeu gekonsentreer op die ondermyning van alle nasies se soewereiniteit, om hulle te beroof van elke moontlikheid van weerstand teen inlywing in die "Nuwe Wêreldorde".

Die oostelike deel van Europa is vir hierdie plan opgeoffer, siende dat alle kommunistiese lande met insluiting van die Sowjetunie en Sjina niks anders as onderhoriges van die superfinansmanne is nie - uitgebuite kolonies wat op grond van die utopiese kollektivisasiesisteem van hulle ekonomie geen moontlikheid het om ooit ekonomies onafhanklik te word nie en gevolglik tot voortdurende slawediens teenoor hulle kapitalistiese skuldeisers verdoem is.

Die vroeëre Amerikaanse WO-afgevaardigde Andrew Young het 'n paar jaar gelede tydens 'n besoek aan Windhoek/SWA onomwonde toegegee dat 'n Kommunistiese Angola of Suidwes-Afrika die VSA in geen opsig sou pla nie; inteendeel, het hy gesê, Kommunistiese lande was reeds altyd die maklikste afsetmarkte vir Amerikaanse handelsware.

Die betaling word natuurlik meesal gedoen met bodemrykdomme of ander naturalieë, produkte van verslaafde volkere se sweet.

Dieselfde is die geval met die hoog geprese "ontkolonialisering" van Afrika en ander lande. Nooit vantevore is hierdie lande so uitgebuit soos vandag deur die internasionale superfinansmag gedoen word nie.

Die vroeëre koloniale gebiede en feitlik alle lande van die Derde Wêreld is vandag de facto in besit van die internasionale superkapitaliste, wat aan hulle miljarde van waardelose papierdollars leen, terwyl die volk dit met die rykdom van hulle bodemskatte moet terugbetaal.

Die hele "ontkolonialisering" was dan ook niks anders nie as 'n beplande skuif op die skaakbord van internasionale kapitaalgroepe om beheer oor hierdie lande te verkry.

Die voormalige kolonie-besittende lande is daardeur verswak en die beheer oor die kolonies van hulle weggeneem en gevolglik moet hulle vandag die benodigde grondstowwe en naturalieë uit die ontkolonialiseerde - en deur die banke neo-gekolonialiseerde - lande vir duur VSA-dollars inkoop.

So het hulle twee vlieë met een klap doodgeslaan en gelyktydig die weg van hierdie lande na die afhanklikheid van die "Nuwe Wêreld­orde" voorberei.

'n Sterk Blanke onafhanklike regering in Suid-Afrika wat beskik oor die grootste goudreserwes in die wêreld en naas die Sowjetunie die grootste reserwes van strategiese bodemrykdomme besit, het daardeur noodwendig 'n hoofhinderpaal vir die beplande wêrelddiktatuur geword.

Met 'n korrupte Swart Kommunistiese regering daarteenoor sou dit 'n totaal ander saak wees. So 'n regering sou uit die sogenaamde bevrydingsbewegings aan die bewind kom en wel met behulp van Westerse regerings wat hulle in die kamp van die "een-wêreld-mense" bevind en so spoedig (veral vir verryking van die leiers) groot lenings aanneem en daarvoor die bodemskatte van Suid-Afrika aan die geld- magte van Wallstraat verpand.

Dit is ook die geheim agter die skynbaar irrasionele toestaan van miljardebedrae se krediete aan feitlik alle lande in die wêreld, krediete wat werklik aan hulle opgedring word en in baie gevalle nooit sal kan terugbetaal word nie - maar dit is juis die geheime plan daaragter.

Dit berus nou wel nie op goeie sakebeginsels nie, maar die geheim daaragter word duidelik as 'n mens weet dat die regerings hierdie reuselenings waarborg en dat hulle belastingbetalers dit dus aan die banke sal moet terugbetaal. Die internasionale bankiers is nou wel geweteloos, maar seer sekerlik nie eenvoudig en dom nie.

As pand vir terugbetaling kry hulle aanspraak op die lenerlande se bodemrykdomme of toekomstige oesopbrengste of ander ekonomiese bates van die lande. Hulle word daardeur eintlik baas oor daardie lande, wie se regerings hulle dan beheer.

Die onverklaarde wêreldwye oorlog teen die Republiek Suid-Afrika kan net teen hierdie agtergrond begryp word. Hoe dit gaan afloop, raak nie net die Swartes en Blankes van hierdie land nie, maar alle volkere van die wêreld.

Vervolg...