AFRIKA SE WIT REUS (6)

Lees reeks by Afrika se Wit Reus

DIT IS DIE JAAR 1989...

Die Beslissende Domino

"Dan kom dr. Kunert tot die gevolgtrekking: 'Die georkestreerde aanval op Suid-Afrika uit Angola, Mosambiek en Zimbabwe, wat ná die jongste reis van Mugabe na die Oosblokstate nou besig is om in te gly in die Sowjetiese invloedsfeer, sou, indien dit uiteindelik sou slaag, die lewensaar van die industriële state van die wêreld afsny' ".

Die pad na Moskou na Parys lei oor Afrika. Wanneer die kapitalistiese wêreld so omsingel sal wees, stort dit soos 'n kaartehuis inmekaar".

Lenin
Dit is vir kinders 'n onderhoudende spel om dominoblokkies agtermekaar 'n entjie van mekaar regop in 'n reguit ry of met kronkels en draaie te plaas en dan die eerste een teen die tweede een te laat omval en te laat voortgaan deur die hele ry totdat daar geeneen meer staan nie Die eerste domino, wat die kind met opset omstoot, is die beslissende een: dit bring die val van al die ander mee. In hierdie aflewering sal ons sien hoe die geheime manipuleerders van die politiek die eerste domino in posisie begin bring vir 'n soortgelyke kettingreaksie wat die hele wêreldpolitieke situasie verander.

’n Mens kan maar net altyd weer verbaas staan hoe die geheime toutrekkers in die politiek dit regkry om groot mensemassas te moboliseer en in te span vir dade waarvoor hulle die massas sonder voorafgaande breinspoeling nooit aan die gang sou gekry het nie. Met geesdrif word die oppervlakkige diskussies dan  protesdemonstrasies en lawwe oproerighede, sonder om ook maar in die minste tot die besef te kom dat jy gemanipuleer word en jou laat misbruik vir doeleindes wat op die ou einde dikwels tot jou eie ondergaan lei.

In Frankfurt, Duitsland, het die 22ste sogenaamde "Kirchentag" (= kerkdag) juis tot 'n einde gekom. Volgens koerantberigte is daar glo 'n hele dag daaraan bestee om "oor die  situasie in Suid-Afrika te praat". Soveel as 100 000 mense, insluitende die Duitse kanselier Helmut Köhl, het die Frankfurter Wald- Stadion volgepak om te luister na die Suid-Afrikaner Allan Boesak, President van die Wêreldbond van Gereformeerde Kerke. Ter afsluiting van die verrigtinge het hy die laaste "erediens" gelei en, terwyl sy woord altyd weer met dawerende applous onderbreek is, het hy 'n pleidooi gelewer vir 'n "nuwe wereld" (-orde) vol vrede en geregtigheid. Daarna het 10 000 "demonstreerders teen apartheid" deur die strate van Frankfurt gestap met allerlei gepaardgaande oproerighede.

Dit is tekenend van hierdie sogenoemde kerkdag dat daar iemand soos Boesak as een van die hoofsprekers nadergeroep word, iemand wat in Suid-Afrika meer bekend is vir sy ophitsende redevoerings onder die Rooi hamer-en-sekel-vlag as dat hy die troos van die Evangelie soos 'n getroue herder na sy verwarde skapies bring.

Wat baie mense in Duitsland en ook elders glad nie besef nie, dat dit met die aanval op Suid-Afrika glad nie gaan om die afskaffing van apartheid nie - wat dit ookal mag wees wat baie verstaan onder dié term - maar uitsluitlik om die afskaffing van die hele basiese sisteem van Westerse op-vryheidgerigte demokrasie. Westerse "Kapitalisme" moet totaal vervang word deur "wetenskaplike sosialisme" d.w.s. Marxisme.

Die uitbreiding van die Marxisties-Leninistiese ideologie oor die hele aardbol bly, soos dit altyd was, die verklaarde doel van die Sowjetunie.

Dr. Dirk Kunert, professor aan die Universiteit Witwatersrand, skryf in sy studie "Moskou, die wêreldrewolusionêre proses en die suidelike hemisfeer" "dat die Sowjetleiding sistematies, doelgerig en met strategiese berekening die plan uitvoer om die Verenigde State af te sny van die 'wêreldeiland' Europa-Asië-Afrika en sy toegang tot hierdie hele halfrond deur maritieme teenwoordigheid te blokkeer."

Hy skryf verder: "Die verbreking van die band tussen Wes-Europa en die Amerikaanse verdedigingsmag asook die poging om die Middellandse See in 'n Sowjetiese binnemeer te verander, deur Finlandisering van die Europese suidflank en inbraak in die Noord-Afrikaanse gebied, is integrale bestanddele van die Sowjet se rewolusioneringspolitiek en gerig op die mikpunt van afsluiting van die halfrond vir Amerika".

Dan vervolg die professor: "Maar solank as die gevaar bestaan dat die Verenigde State die wye streke van Afrika suid van die Sahara as 'n moontlike opmarsgebied sou kan gebruik om verlore posisies in die noordelike halfrond terug te wen, sou die kanse verminder word vir 'n Sowjet-eindoorwinning deur gebruikmaking van militêre middele en/of diplomatiek-politieke bangmakery.

"Die moontlikhede word vir die Sowjet méér in direkte eweredigheid tot hulle vermindering vir Amerika. Geopolitieke berekenings sit agter die afwisselende skuiwe van die Sowjetunie in samewerking met satelliettroepe en nasionale bevrydingsbewegings, wat, wanneer hulle net eers die mag verower het, verander in Marxistiese-Leninistiese partye wat organisatories, polities en militêr gekoppel sal wees aan die USSR.

Sonder om self direk in te gryp, kan die Sowjetunie terugval op hulle buitengewone bondgenote om die plaaslike opponente te destabiliseer, hulle as geopolitieke bondgenote van die Weste te neutraliseer en uiteindelik as voorraadsbasisse van die kapitalistiese wêreld weg te neem en hulle as sodanig by hom in te lyf.

"Met hierdie mikpunt in die oog, loop die teenswoordige Sowjet-leiers nog steeds op die strategiese pad van Lenin en Stalin: As 'n mens Europa en Amerika kan beskou as die front, die plek van die beslissende gevegte tussen sosialisme en imperialisme, dan moet 'n mens die nasies wat maar halwe regte het en die kolonies met hulle minerale, brandstowwe, kosvoorrade en hulle geweldige voorraad mensemateriaal, beskryf as die hinterland, die reserwes van die imperialisme. Om die oorlog te wen, moet 'n mens nie slegs aan die front die oorwinning behaal nie, maar ook die hinterland van die vyand, sy reserwes, rewolusioneer. Daarom kan die oorwinning van die proletariese wêreldrewolusie slegs dan as beklink en verseker beskou word, as die proletariaat dit regkry om sy eie rewolusionêre stryd te koppel aan die bevrydingsbeweging van die werkersmassas van die halfvrye nasies en kolonies teen die mag van die imperialiste."

Dan kom dr. Kunert tot die gevolgtrekking: "Die georkestreerde aanval op Suid-Afrika uit Angola, Mosambiek en Zimbabwe, wat ná die jongste reis van Mugabe na die Oosblokstate nou besig is om in te gly in die Sowjetiese invloedsfeer, sou, indien dit uiteindelik sou slaag, die lewensaar van die industriële state van die wêreld afsny".

Kunert vervolg: "Suid-Afrika wat so dikwels as paria verdoem word, vervul vir die Weste twee lewensbelangrike funksies: In die eerste plek tree dit op as hoofmag ter plaatse om wal te gooi teen die Afrikakliënte van die Sowjet en verhinder so dat die Sowjet sy kloue lê op daardie voorradeskatte. Tweedens lewer Suid-Afrika as betroubare handelsvennoot teen onderhandelde pryse daardie lewensbelangrike grondstowwe wat die nie-Kommunistiese industriële wêreld as ekonomiese en militêre faktor aan die lewe hou.

"Indien hierdie minerale 'longvleuel' sou ophou werk, dan sou dit byna met sekerheid daartoe lei dat die Weste se verdedigingsbond ekonomies en ten opsigte van wapenproduksie sou ineenstort. Die Finlandisering van Europa, Japan en Noord-Amerika sou die onmiddellike en katastrofale gevolg wees. Die bevinding van Clausewitz, 'Die veroweraar is altyd 'n voorstander van vrede ... Hy sou dit verkies om sonder weerstand in ons land in te kom', sou dan van groot betekenis word, minstens vir Wes-Europa".

Tot sover die uitsprake van prof. Dirk Kunert.

Soos die voorafgaande inhoud al getoon het, domineer Suid-Afrika en die Sowjetunie die wêreldmark van lewensnoodsaaklike grondstowwe. 'n Kartél vir minerale wat deur Moskou gekontroleer word, sou die wêreldpryse kon manipuleer en die nie-Kommunistiese industrie-nasies in 'n inflasiespiraal indryf, soos dit onlangs die geval was toe die Amerikaners ná hul embargo op Rhodesiese chroom, gedwing was om op die Sowjetmark staat te maak.

Alhoewel Suid-Afrika oor geen groot olieafsettings beskik nie gee sy geografiese ligging aan die land 'n sleutelposisie vir die beveiliging of belemmering van die olievervoer uit die Golfgebied na die Weste. Die Kaaproete om Suid-Afrika is die bedrywigste skeepvaartstraat van die wêreld. Gedurende die sluiting van die Suez-kanaal het daar volgens skatting jaarliks 25 000 skepe om die Kaap van Goeie Hoop geseil. As gevolg van verbeterde skeepsboutegnieke is byna 90% van die olie- tenkskepe wat tans gebou word, te groot om deur die Suez-kanaal te vaar. Die heropening van die kanaal het gevolglik min invloed gehad op die strategiese belangrikheid van die Kaap-roete.

Indien 'n Moskou-beheerde marionette-regime die bewind in Suid-Afrika oorneem, sou die Sowjetunie die seeroete om die Kaap beheer en na willekeur die olietoevoer na Europa en in 'n mindere mate ook na Amerika kan afsny.

Verder moet die feit in oorweging geneem word dat die RSA groot dele van die Afrikakontinent voorsien van lewensmiddele, tegniese "know-how" en hulpsgoedere van alle soorte en (ten spyte van alle teenoorgestelde bewerings) 'n stabiliserende faktor vir baie Swart state van Afrika is. Haar dominante invloed strek tot ver buite die Suid- Afrikaanse gebiede.

Hierby kom nog wapen-tegniese meerderwaardigheid wat die land die sterkste militêre mag van die hele Afrika maak. Sy hoogs ontwikkelde militêre masjien sou volgens die mening van internasionale deskundiges sonder noemenswaardige moeilikhede kon deurdring tot by die ewenaar indien nodig - dit heeltemal afgesien van sy kernkrag- potensiaal (wat ná Swartoorname tot niet gemaak is).

Suid-Afrika is vandag nie meer slegs die regionale supermag van die Suid-Afrikaanse subkontinent nie, maar moet gesien word as die dominerende kontinentaalmag van die Swart Kontinent. Wie Suid- Afrika beheer, het beslissende invloed op die bestaan en toekomstige ontwikkeling van die hele kontinent.

Indien Suid-Afrika in die Sowjetinvloedsfeer sou beland, sou dit met groot waarskynlikheid 'n "domino-effek" aan die gang sit, wat die hele kontinent binne afsienbare tyd na die Kommunistiese laer sou oortrek.

Hierdie "domino-effek" sou egter nie tot Afrika beperk bly nie, maar ‘n gevaarlike nasleep vir die Westelike industriestate van Europa en Noord-Amerika tot gevolg hê wat van Afrika se grondstowwe afhanklik is.

Die wêreldrewolusionêre uitbreidingspolitiek van die Marxisme- Leninisme sou in daardie geval sy eindfase betree, waarvan die einddoel nie die afskaffing van apartheid en "bevryding" vir die Swartes is nie, maar 'n wurggreep op Europa en die VSA deur lewensnoodsaaklike grondstowwe van hulle te weerhou. En daarmee sou hulle 'n groot tree nader wees aan hulle eind-ideaal: 'n Marxistiese wêreldryk.

Suid-Afrika het die fokuspunt van die Sowjet se rewolusioneringspolitiek in die suidelike halfrond geword," skryf prof. Kunert. "Volgens berekening van Sowjetdeskundiges oor ekonomiese oorlogvoering, vorm Suid-Afrika die Achilleshiel van die 'kapitalisties-imperialistiese laer' wie se oorlewing in 'n groot mate afhang van die polities-militêre stryd op die subkontinent".

Die stategiese lyn vir die verowering van Suid-Afrika word al vir baie jare sistematies gevolg: para-militêre operasies, terrorisme, guerrilla-oorlog, disinformasie, gebruikmaking van satelliettroepe (Kubane e.a.), inskakeling van Westerse "nuttige idiote" volgens Lenin se ideologie bv. kerkmanne, propaganda en sielkundige oorlogvoering.

Bewyse vir hierdie totale strategie kan gevind word in die volgende:

•   In die sestiger en sewentiger jare het die Sowjetunie die swaartepunt van die opbou van hulle wêreldomspannende steunpuntesisteem verlê na die Golfgebied en die Afrika-kontinent. Mikpunte hiervan is die lande wat ryk is aan grondstowwe en olie.

•   Vir die van-invoer-afhanklike Weste wat in oorlogs- sowel as vredestyd aangewese is op sy lewensnoodsaaklike seeweë, groei daar deur die Sowjetkontrole oor die seestrate 'n wêreldwye bedreiging. Deur die besit van strategies oorheersende posisies en strategiese grondstowwe kom die Oosblok veel nader aan 'n "oorwinning sonder oorlog".

•   Deur 'n gepaardgaande optrede word die Westerse wêreld mislei deur doelgerigte disinformasie oor die werklike wêreldwye aksies en word die Kommunistiese ondergrondse ondermyningswerk in Derdewêreldlande gekamoefleer en versluier.

Heinrich Jordis Lohausen skryf in sy boek "Entscheidung die Dritte Welt" ("Beslissing in die suide - die ompad oor die Derde Wêreld"): "Die vraag, of Europa en Suid-Afrika deur Amerika ten gronde sal gaan of miskien eerder nog Amerika en Europa deur Suid-Afrika,  óf albei hierdie rampe in die laaste minuut  nog vermy kan word, is hoofsaaklik 'n vraag van daardie reeds genoemde sielkundige oorlogvoering: Europa en Amerika word in Suid-Afrika oorlogsekonomie en seestrategies uitgehefboom, terwyl dit met Suid-Afrika in Europa en Amerika propagandisties gedoen word. Dat dit daarby nie in die minste gaan om meer of minder politieke regte vir die Swart bevolking nie (wat nog altyd die welvarendste en vryste in die hele Afrika is) maar uitsluitlik om grondstofrykdomme en vlootbasisse, dit vertel die voeltjies lankal in meer lande as Sjina. Maar geen politikus in die sogenaamde "vrye Weste" durf iets dergeliks ooit in die openbaar uitspreek nie".

Die domino-steentjie, Suid-Afrika, word so 'n saak van lewe of dood vir die Westerse wêreld wat ewe ongeërg besig is om die tak af te saag waarop hulle sit.

Eers wanneer ons tot die gevolgtrekking kom dat beplanning daaragter skuil - in elkgeval doelbewuste beplanning deur invloedryke magte agter die skerms - dan word hierdie skynbare waansin weer sinvol.

Die regerings van Wes-Europa en Amerika bestaan nie uit domkoppe nie - in elk geval nie uitsluitlik nie - en is dus ten volle ingelig oor die strategiese belang van die Kaap-roete en van die grondstofreserwes van Suid-Afrika. Ook weet hulle baie goed, ten spyte van al die retoriek, dat dit met die Swartes hier beter gaan as op enige ander plek in die wêreld.

As hulle ten spyte hiervan saam met hulle Kommunistiese "opponente" probeer om Suid-Afrika te dwing tot maatreëls wat lei tot die vervanging van die Blanke regering deur die Moskou-beheerde terreurorganisasie "African National Congress" (ANC), sal die leser hiervan in Europa en Amerika tog seker so stadigaan begin begryp dat hy deur sy eie regering om die bos gelei is waar dit gaan oor die ware planne met Suidelike Afrika.

Is dit nie 'n feit dat een vrye land na die ander in die laaste jare met die hulp van die Weste in die Kommunistiese laer ingedwing is nie? Dink maar net aan Vietnam, Nicaragua, Kuba, Rhodesië, Angola, Mosambiek en baie ander. Iran, die Philippyne, Taiwan, Chili, Suidwes-Afrika en Suid-Afrika staan nou op die lys om vir die sosialistiese wêreldstaat "gereed gemaak" te word.

Die meeste Westerse regerings is lankal - of vrywillig of onder dwang - mededeelnemers aan 'n wêreldwye drama wat beplan is om voltooi te word en die hele mensdom in die "seënryke" arms van 'n Eenwêreldregering in te dryf.

Hierdie regering sal daarvoor sorg dat daar geen onafhanklike nasiestate meer bestaan nie - veral nie dié met 'n strategiese ligging en met  bodemrykdomme nie.

Soos dit nou lyk, sal die bestuur en verdeling van die rykdomme van hierdie aarde geplaas word onder beheer van 'n supranasionale wêreldowerheid soos die VVO. In werklikheid sal hulle egter in besit wees van 'n supergeldmagoligargie wat die WO gestig het en beheer, wat dan die toppunt van hulle totale ekonomiese en politieke mag oor die hele aardbol sal bereik.

Die samesmelting van die Kommunisme met die sosialistiese "Nuwe Wêreldorde" van die Weste is in alle besonderhede beplan en word stap vir stap verder gevoer.

Aan die bevolking van daardie lande wat tot nou toe nog geweier het hulle te onderwerp aan die totaliteitsaanspraak van die "nuwe wêreldbeplanners" word onmiskenbaar duidelik gemaak waarheen die reis gaan - min of meer volgens die leuse: "en as jy nie gewillig is nie, dan stuur ons die Kommuniste".

Die hervormingsgewillige Suid-Afrikaanse Staatspresident P.W. Botha het dit 'n bietjie anders uitgedruk. Hy het sy hervormings-onwillige Blanke kiesers gewaarsku met die woorde: "Adapt or die!" Julle moet aanpas of anders ten gronde gaan".

Vervolg...