AFRIKA SE WIT REUS (8)

Lees reeks by Afrika se Wit Reus

DIT IS DIE JAAR 1989...

GRUWELDADE VAN DIE VVO

Die Rooi Wêreldparlement

"VVO-geld gaan buitendien ook direk na sulke vyande van die land soos die African National Congress (ANC), 'n bommeplantende, Marxisties-gedomineerde terreurorganisasie, wie se bestaan deur die VVO as 'ordentlike politieke organisasie' bemark word. Daarby kom nog 25 internasionale radiostasies, wat dag na dag haatpropaganda teen Suid-Afrika uitsaai. Die VVO het ook 'n afdeling vir 'openbare inligting' wat jaarliks 142 miljoen Rand uitgee waarvan 10% jaarliks net aan "anti-Suid-Afrikaanse disinformasie" bestee word."

"Op die agterste sitplek het 'n gewonde man met glasige oë in ‘n skoktoestand gesit, wat die liggaam van sy tienjarige seun in sy arms gehou het. Die gesig en die maag van die kind was deur granaatsplinters van die VVO-soldate mismaak tot 'n bloedige pappery."

"Ons gaan 'n Eenwêreld-regering kry, of u dit nou ook al wil hê of nie, - met geweld of met instemming." - James Paul Warburg (Bankier) voor 'n Amerikaanse senaatkomitee op 19 Februarie 1950

Daar bestaan geen moontlikheid dat die ou Vrymesselaarsdroom van 'n demokratiese wêreldrepubliek volgens die patroon van die Verenigde State ooit werklikheid sal word nie.

Daarteenoor lyk dit of die totstandkoming van 'n totalitêre, sosialistiese wêreldrepubliek nog net 'n kwessie van tyd is.

Dit is die gevolgtrekking wat elkeen wat opmerksaam die gebeure van ons tyd gevolg het en weet van die allesomvattende netwerk van 'n internasionale sameswering wat uit Amerika beheer word, behoort te maak.

Ná die geslaagde 1917-Oktoberrewolusie in Rusland het die internasionale bankiers verder gewerk aan die plan om 'n bo-staatlike regering oor al die nasies daar te stel wat die voorloper sou word van die wêreldregering waarna hulle strewe.

So is, as 'n neweproduk van die vredeskonferensie van Versailles, in 1919 die Volkerebond gebore. Dit het egter geblyk dat hierdie eerste poging 'n mislukking was.

Omdat die plan reeds vooruit bekendgemaak is, het baie opmerksame burgers wantrouig geraak en 'n voorgevoel gehad van die gevaar wat daarin geskuil het. Boonop het daar (in daardie tyd nog) sterk teenkanting gekom van die kant van die Amerikaanse senaat.

Die buitengewoon geslepe finansstrateë het hulle egter nie deur hierdie terugslag van stryk laat bring nie. Hulle het geweet dat dit vir hulle planne van algehele beheer oor alle nasies van die wêreld absoluut noodsaaklik was om 'n superinstansie in die lewe te roep van waar die wêreld regeer kon word.

Om 'n herhaling van die mislukking te voorkom, het hulle die moontlikheid beplan om hulle eie mense in te bring in die Amerikaanse regering en in al die belangrike bestuursposte.

Toentertyd (1921) het die skatryk Rockefeller-familie deur middel van een van hulle belastingvrye stigtings die "Council on Foreign Relations" (CFR) in die lewe geroep - 'n organisasie wat sou dien om mense vir die verskillende werksgebiede op te voed en hulle te vorm vir hulle ideologiese, politieke, finansiële, militêre en opvoedkundige mikpunte.

In Londen is 'n soortgelyke organisasie opgerig naamlik die "Royal Institute of International Affairs."

Vanaf daardie tyd, en in nog groter mate vanaf die einde van die Tweede Wêreldoorlog, bestaan elke VSA-regering in alle sleutelposte uit CFR-lede.

Onder invloed van hierdie geskoolde agente van die supergeldmag was dit nie moeilik om in 1945 die "Verenigde Volke-organisasie" (VVO) te stig nie, waarvan die hoofdoel (soos wêreldwyd verkondig) die bewaring van wêreldvrede sou wees. Die werklikheid lyk egter 'n bietjie anders.

In die ietwat meer as veertig jaar sedert die stigting daarvan was daar nie minder nie as 140 verskillende oorloë rondom die hele aardbol, waarin 10 miljoen mense hulle lewens verloor het.

In die geskiedenis was daar nog nooit vantevore 'n periode met naastenby soveel oorloë, terrorisme en morele korrupsie nie. Vanaf 1945 alleen het daar meer as 'n miljard mense onder die kommunistiese juk beland.

Nog nooit het die VVO die verslawing van 'n enkele mens veroordeel nie en ook niemand van die kommunistiese tirannie bevry nie. Daar is selfs nie eers 'n poging in dié rigting aangewend nie - want vryheid is nie die mikpunt van die "Verenigde Volkere" nie.

Die ware doel van hierdie "wêreldregering in wording" is presies die teenoorgestelde.

Die hoofkwartier van die VVO aan die Hudsonrivier in New York is die bron van geheime instruksies wat oor oorlog en vrede beslis en van daar af word rewolusie en terrorisme ondersteun en ekonomiese sanksies oor lande ingestel - net soos dit in die globale kraam van die wêreldbeplanners pas.

Die VVO was van die begin af beplan as instrument vir die afdwinging van 'n totalitêre, sosialistiese wêreldorde volgens die Sowjetpatroon wat gehandhaaf sou word deur middel van 'n internasionale krygsmag onder VVO-beheer en met insluiting van Amerikaanse atoomwapens.

In 1950 het die buitelandse ministerie van die Verenigde State 'n veelseggende verslag gepubliseer met die titel "Voorbereiding van die na-oorlogse politiek van 1939—1945". Die verslag bevat die lys name van Amerikaanse regeringsbeamptes wat verantwoordelik was vir die planne en wette vir die daarstelling van die VVO: Alger Hiss, Harry Dexter White, Viginius Coe, Noel Field, Laurance Duggan, Henry Harold Glasser, Victor Perlo, Irving Kaplan, Solomon Adler, Abraham Silverman, William Ullman, Wiliam Taylor en John Foster Dulles. Almal behalwe Dulles het later volgens beëdigde getuienis ontpop as kommunistiese agente.

Wat John Foster Dulles betref, was dit ook bekend waar sy simpatie gelê het. Hy was deur Stalin in die VSA gewerf as regsraadgewer vir die Sowjetunie. Buitendien het hy noue bande gehad met die bankhuis J.E Morgan.

Dit is dus geensins verbasend dat die handves van die VVO byna identies is met die grondwet van die Sowjetunie nie; dit is maar net aangepas by Westerse terminologie. Ook die seël van die VVO kom baie ooreen met die van die USSR, wat weer eens nie blote toeval is nie.

Wie kan dan nog verbaas wees dat die stigters van hierdie "Rooi wêreldparlement" aan die Sowjetunie drie stemme in die algemene vergadering toegestaan het, terwyl die V.S.A. en alle ander state elkeen net een stem gekry het?

In die beplande humanistiese "nuwe wêreldorde" van die VVO is daar vir God ook geen plek meer nie. Die afgevaardigdes na die VVO-stigtingskonferensie Alger Hiss (VSA), Maxim Litwinow (USSR) en Sir Anthony Eden (Groot Brittanje) het alles wat op God betrekking gehad het, uit die VVO-handves verwyder en het dit in 1945 in die openingskonferensie deur die Algemene Vergadering laat goedkeur.

Die VVO is eintlik niks anders is nie as 'n reusagtige organisasie vir die uitvoer van die Sowjet- imperialistiese toekomsplanne en wat bestuur word deur die internasionale supergeldmag ter bereiking van hulle wêreldheerskappyplanne. U behoort kennis te neem van die byna ongelooflike feit dat die pos van hoogste bevelvoerder van die VVO-troepe permanent toegeken is aan 'n Sowjetrus of sy plaasvervanger.

Vóór die stigting van dieVVO is hiertoe ooreengekom in 'n geheime verdrag tussen die Amerikaanse afgevaardigde Alger Hiss en 'n aantal Sowjetleiers onder Molotow.

In die "New York Times" van 22 Mei 1963 kon daar in 'n artikel bevestiging hiervoor verkry word en in 'n jaarboek van die WO staan die volgende name van manne wat tot dusver opperbevelvoerders was:

1949—1953  Constantine E. Zinchenko USSR
1953 — 1954 Ilya S. Tchernychev      USSR
1955—1957 Dragoslav Protich            Joego-Slawie
1958—1959 Anatoly Dobrynin            USSR
1960—1962  eorgy Petrovich Arkadev USSR
1962—1963 Eugeney D. Kiselev        USSR
1963—1965 Vladimir Pavlovich Suslov USSR
1965-1968                                                Alexi E. Nesterenko                                 USSR
1968-1973                                                Leonid N. Kutakov                                   USSR
1973-1978                                                Arkady N.Shevchenko                            USSR
1978-1982                                                Mikhail D. Sytenko                                  USSR
1982-         Viacheslav Ustinov             USSR

Dit is geen wonder dat die Amerikaanse krygsmagte in Korea en Viëtnam aan die kortste end getrek het nie, siende dat hulle opperbevelvoerder onder die VVO-vlag 'n Rus was.

Hoe moes 'n Generaal MacArthur die Kommunistiese aggressors in die Korea-oorlog met sukses beveg wanneer sy militêr-taktiese planne asook alle aanwysings uit Washington eers deur die hande van die kommunistiese opperbevelhebber van die VVO-troepe gegaan het wat daardeur ingelig was oor elke taktiese beweging van die Amerikaners?

Die Amerikaanse majoor Arch. E. Roberts skryf in sy boek "Victory Denied" wat in 1966 gepubliseer is: "Vanaf 1957 ... het die VVO hom vir sy ondermynende mikpunte wederregtelik heelwat verdere militêre mag toegeëien. Vandag moet die Veiligheidsraad van die Verenigde Volke as hoofinstrument vir globale verowering beskou word."

Hy skryf: "Die vermoë om oorloë te ontketen, is natuurlik presies die ding wat die opstellers van die Verenigde Volke se handves beoog het."

Ons onthou mos: Oorloë bring geld in die bankrekenings van die supergeldmag en maak die pad oop vir die sosialistiese wêreldstaat!

Dit is vandag in wye kringe gebruiklik om die VVO spottend as "parodie van 'n wêreldregering" of as niksbeduidende praathuis te beskou, wat sonder invloed op die wêreldpolitiek is. Niks is verder van die waarheid nie! Dit is valse inligting wat opsetlik versprei word om die massas om die bos te lei.

Terwyl die media van die "establishment" die mikpunte en die belangrikheid van die wêreldorganisasie wegsteek of as van min belang voorhou, is die mag daarvan gedurig aan die groei en het dit vir al die nasies se soewereiniteit en vryheid 'n dodelike bedreiging geword.

Vandag staan Suid-Afrika en Suidwes-Afrika heel bo aan die vernietigingslys van die VVO. Vir 'n liggelowige wêreldbevolking word daar gesuggereer dat dit gaan om menseregte en die bevryding van onderdrukte volkere. Inderwaarheid het die Verenigde Volkere sedert hulle stigting alles in hulle vermoë gedoen om die vrye lande van die wêreld te ondermyn. Hulle het die Kommunisme aangehelp waar dit ookal moontlik was, leuens versprei en beloftes gemaak en dan die volkere bedrieg.

Korea, Hongarye, Viëtnam, Kambodja, Tjeggoslowakye, Tibet, Afganistan en Katanga is maar 'n paar van hulle.

Veral die voorbeeld van Katanga behoort Suid-Afrika te laat nadink daaroor of hulle met 'n toekomstige vrye verkiesing in Suid-Wes die "vredestroepe" van die VVO gaan toelaat, soos geëis word deur die vyf groot industriestate, Amerika, Engeland, Duitsland, Frankryk en Kanada.

Kom ons kyk kortliks weer daarna: As 'n uitvloeisel van die sogenoemde ontkolonialisering van Afrika was daar beplan om in 1960 vir die Belgiese Kongo die hek oop te maak na onafhanklikheid.

Dadelik het daar twee magsgroepe ontstaan in die nuwe Afrika-nasie. Aan die een kant was daar Patrice Lumumba " 'n jenewerdrinkende, daggarokende, kommunistiese boelie, wat deur Chroestjow 'n 'groot Afrika-leier' genoem is."

Teenoor hom het die groep van Moise Tshombe gestaan. Hy was streng anti-kommunisties en 'n hartstogtelike kampvegter vir die vrye-markstelsel.

Onder druk van Lumumba moes die Belgiese offisiere die leër en die land verlaat. Dadelik het die leër 'n orgie van plundering, verkragting en moord aan die gang gesit. Die Europese bewoners van die land het in die grootste paniek gevlug en alles agtergelaat wat hulle met jare se arbeid verwerf het.

Tshombe het by Amerika hulp gevra om die Rooi hordes van Lumumba in bedwang te hou. Washington het hulp geweier en het voorgestel dat die VVO gevra word om die probleme op te los.

Op 14 Junie 1960 het die Veiligheidsraad van die Verenigde Volke - met toestemming van beide Amerika en Rusland - besluit om hulle eie troepe na die Kongo te stuur ter ondersteuning van wie? - van Lumumba!

Des Griffin skryf in sy boek "Die Herrscher" bl. 169 (Engelse titel: "The Fourth Reich of the Rich"): "Minder as 'n week later het duisende VVO-soldate na Sentraal-Afrika gestroom. België het dadelik sy troepe onttrek en sodoende die Kongo uitgelewer aan die twyfelagtige "ge- nade" van Lumumba se plunderende gepeupel en die "vredestroepe" van die VVO. Laasgenoemdes het min of niks gedoen om diegene te help wat werklik hulp nodig gehad het en om rus en orde te herstel nie. Die meeste van die tyd het hulle dadeloos gestaan en toekyk hoe die land verwoes is en al meer onder Kommunistiese beheer gekom het."

Dit was ongetwyfel ook wat die VVO-strateë beplan het, soos sal blyk uit dit wat nou volg:

In hierdie toestand van algehele chaos en naakte anargie het Moise Tshombe geen ander uitweg gesien nie as net Katanga se losmaking van die sentrale regering wat deur Kommuniste beheer is en gevolglik het hy die provinsie Katanga onafhanklik verklaar.

Met Belgiese hulp het hy orde en vrede herstel en normaliteit het teruggekeer na die lewe van Katanga.

Volgens die woorde van sy Minister van Binnelandse Sake moes Katanga " 'n bolwerk teen die Kommunisme in Afrika" wees. Sy noodlotswangere woorde, "Ek verafsku die Kommunisme en sal my houding nie verander nie," het die "vredeliewende" VVO-opperbevel blykbaar woedend gemaak, want Katanga is kort daarna met VVO- troepe aangeval.

Des Griffin skryf (bl. 170): "Na aanvanklike terugslae het die Katanga- troepe teruggeslaan en groter oorwinnings van die 'vredestroepe' verydel. Gefrustreerd deur hulle gebrek aan sukses het die VVO-soldate begin met 'n terreurkampanje teen die burgerlike bevolking van Katanga. Moord, brandstigting, verkragting en plundering was aan die orde van die dag. Negentig persent van die geboue wat deur VVO- bomme verwoes is, was huise van die burgerlike bevolking. Tot almal se verbasing het die Katangese die VVO-barbare in bedwang gehou en hulle nuwe vaderland se kapitulasie afgeweer."

Soos Griffin in sy verhaal verder vertel, het daar omtrent 'n jaar later 'n "top secret"-memorandum van die VVO in die hande van die "Amerikaanse Komitee vir die Ondersteuning van die Kantanga- vryheidsvegters." geval Die memorandum het 'n gedetailleerde plan bevat vir 'n tweede beslissende slag teen die anti-Kommunistiese provinsie. Boonop is daarin verklaar: "Die Verenigde State sal hulle soos in die verlede as gebonde beskou aan VVO-besluite en sal die vliegtuie wat vir transport benodig word - en later helikopters - beskikbaar stel. Die Buitelandse Ministerie baseer sy politiek op die VVO en sal sy verpligtinge teenoor die VVO in geen opsig verwaarloos nie".

Griffin skryf (bl.171): "Op 29 Desember 1962 het die 'vredes'-barbare van die Verenigde Volke, vars toegerus met Amerikaanse dollars en oorlogsmateriaal, die vryheidliewende Katanga vir die tweede keer aangeval. 'n Maand later toe die invallers Moise Tshombe se laaste vesting bestorm het hy aan sy dapper troepe gesê: 'Julle het in die afgelope twee-en-'n-half jaar driekeer heldhaftig teen die vyand geveg. Nou het die oormag oorweldigend geword.' Kort daarna het die laaste flikkering van hoop op onafhanklikheid en vryheid in die Kongo gesterf."

'n Paar verdere voorbeelde van die VVO-"vredes"-troepe se optrede in die praktyk behoort voldoende te wees om die boosheid en huigel-listigheid te illustreer van hierdie organisasie, wat aan die wêreld verkoop is as "die laaste hoop van die mensdom" en waarvan Pous Paul VI beweer het dat dit die aardse weerkaatsing van God se ryk op aarde is.

Toe daar tydens die aanval op Katanga in 1961, Amerikaanse Globe Master vragvliegtuie vol VVO-soldate kompleet met hulle pantserwaens en artillerie in die hart van die stad Elizabethville afgelaai is, het hierdie mag dadelik begin om alles flenters te skiet wat voor die bekke van hulle kanonne en gewere gekom het; so bv. die Lubumbashi-hospitaal insluitend dokters, verpleegsters en pasiënte, kerke, winkels, kantore, privaatwonings en skole.

Op 12 Desember 1961 het Smith Hempstone, die Afrikakorrespondent van die "Chicago News", uit Elizabethville berig:  " 'n Man het voor die Grand Hotel Leopold II waarin ons vertoef het, stilgehou. 'Kyk na die werk van die Amerikaanse misdadigers', het die Belgiese motorbestuurder gesnik, 'maak 'n foto daarvan en stuur dit vir Kennedy'.

"Op die agterste sitplek het 'n gewonde man met glasige oë in ‘n skoktoestand gesit, wat die liggaam van sy tienjarige seun in sy arms gehou het. Die gesig en die maag van die kind was deur granaatsplinters van die VVO-soldate mismaak tot 'n bloedige pappery."

In die boek "The Fearful Master" van G. Edward Griffin word verder vertel dat 46 burgerlike dokters van Elizabethville 'n eenparige verslag van die optrede van die VVO teenoor Katanga opgestel het, waaruit die volgende berig oor die bombardering van die Shinkolobwe- hospitaal op 12 Desember 1961 geneem is.

Die dokters het geskryf: "Die Shinkolobwe-hospitaal is duidelik met 'n yslike groot rooi kruis op die dak van die administrasiegebou gemerk. Om agtuur soggens het twee vliegtuie van die Verenigde Volke tweekeer baie laag oor die hospitaal gevlieg. Teen 9.30 het die vliegtuie begin om die markplein met masjiengewere te bestook, toe die skool en daarna die hospitaal, waarin 300 pasiënte en nog baie van hulle familielede hulle bevind het. In die kraamafdeling is die dak, die plafon, mure, beddens, tafels en stoele deur koeëls deurboor. In 'n ander afdeling het 'n bom ontplof. Die dak, die plafon, die helfte van die mure en die meublement is verpletter. Die bloed van die gewondes het die gebou na 'n slagveld laat lyk.

"In die kraamafdeling is vier Katangese vroue, wat so pas hulle babas gekry het, gedood asook 'n pasgebore baba en 'n kind van vier jaar."

Op 'n bewering van die VO dat die enigste gewondes in Katanga vegters van die weerstandsbeweging was, het ene professor Ernest van den Hague, wat persoonlik na Katanga gereis het om 'n beeld van die gebeurtenisse te kry, die volgende kommentaar gelewer: "Dit is hard om, soos ek, met 'n moeder te praat wie se eggenoot voor haar oë in hulle huis met bajonette deur VVO-soldate gedood is. Ek het haar in die hospitaal ontmoet, waar sy haar sesjarige kind versorg het wat ook ernstige bajonetwonde gehad het. 'n Mens kan sekerlik nie met geloofwaardigheid 'n sesjarige kind onder die weerstandvegters tel nie."

Die berigte van gruweldade van VVO-troepe in die Kongo, Korea en ander plekke sou honderde bladsye vul as ons hulle almal sou aanhaal.

Die massamedia van die Weste, wat anders elke geleentheid aangryp om die sensasiebelustheid van hulle lesers te bevredig, het skaars 'n enkele woordjie hieroor bekendgemaak.

Die redes wat die Kommuniste besiel het om die WO sedert die stigting daarvan met geesdrif te ondersteun, kry ons in 'n brosjure wat in September 1945 onder die titel "Die Verenigde Nasies" deur die Kommuniste gedruk is. Dit toon duidelik wat daar met hierdie organi- sasie nagestreef is. Ons kan dit maar nou reeds sê: bewaring van vrede was nie die doel nie!

In die brosjure staan: "Dit (die WO) wil oorloë afskaf, maar ... elkeen weet dat oorloê eers dan afgeskaf kan word wanneer die kapitalistiese sisteem afgeskaf is."

Dan vertel die brosjure verder dat daar vier primêre redes is waarom Kommuniste die "Verenigde Volke" behoort te ondersteun:

1. Die veto-reg sou die USSR teen die res van die wêreld beskerm.

2. Die VVO sal elke gekoördineerde buitelandse politiek deur die vernaamste Westerse magte tot niet maak.

3. Die VVO is 'n besonder hulpvaardige instrument vir die ontbinding van nie-kommunistiese koloniale ryke.

4. Die VVO sal geleidelik die samesmelting van alle lande in die wêreld in een enkele Sowjetsisteem tot stand bring.

Duideliker as dit kan 'n mens dit seker nie stel nie.

Uit van die feite dat die Rockefeller-familiegroep die perseel langs die Hudsonrivier in New-York vir die administrasie-paleis van die "Eenwêreld-parlement" geskenk het en Amerika sedert die stigting van dié organisasie die leeue-aandeel van die finansiële koste gedra het, moet ons aflei dat die mikpunte van die internasionale Kommunisme en dié van die supergeldmag en dié van die Amerikaanse regerings sedert 1945 identies is.

In hulle gemeenskaplike aksie gerig op wêreldbeheer gebruik hulle die VVO as instrument vir hulle versteekte planne.

Hoe nader ons kom aan die "dag X", die uitroep van 'n wettige Eenwêreld-regering langs die weg van die VVO, hoe astranter en openliker kom die geheime samewerking van die beplanners in die agtergrond na vore.

Terwyl dit in die verlede net "die Kommuniste" was wat die vryheid van die Westerse of die Westers-gesinde lande bedreig het, gaan die bedreiging vandag al heeltemal openlik uit van die VVO en die Amerikaanse "State Department."

Wanneer die "vervanging" van 'n regering geskied (weens voorgegewe rnenseregteskendings, korrupsie of iets anders) dan is die voordeeltrekkers van die omwenteling altyd die Kommuniste. (Voorbeelde: Kuba, Nicaragua, Angola, Mosambiek, Rhodesië, die Kongo ens.) Iran en die Filippyne, wie se pro-Westerse regerings met behulp van die Ameri­kaanse CI A tot 'n val gebring is, sal waarskynlik ook binnekort volg.

Dieselfde spel word tans met Suid-Afrika en Suidwes-Afrika gespeel (1989). As dit volgens die wil van die VVO-samesweerders moes gaan, sou Suidwes-Afrika oorhandig word aan die moordbendes van die deur- Moskou-bestuurde terreurorganisasie SWAPO (South West African Peoples Organisation) wat deur die VVO eensydig en met vertrapping van alle demokratiese reëls en beginsels tot "enigste wettige verteenwoordiger van die Namibiese volk" verklaar is.

Met sodanige massiewe partydigheid (verbonde met 'n reusagtige propagandaveldtog ) ten gunste van SWAPO, aan wie daar al vooruit, "as toekomstige regering van Namibië", waarnemerstatus in die VVO toegestaan is en aan wie groot bedrae geld uit die VVO-begroting ter ondersteuning toegeken is, sou die hou van 'n "vrye" verkiesing, onder beskerming van VVO-troepe, niks anders as 'n groot lawwigheid wees nie.

Indien die VVO-resolusie 435 ter uitvoering gebring word en Suid- Afrikaanse beskermingstroepe daarvolgens teruggetrek sou word na afgeleë militêre basisse terwyl die kiesers omring sou wees deur vyandiggesinde VVO-soldate en terroriserende SWAPO-kaders, dan sou die oorwegend Swart kieserskorps maklik geïntimideer kon word en die uitslag van die verkiesing sou manipuleerbaar wees.

Die voorbeeld van Rhodesië, waar iets soortgelyks plaasgevind het, behoort Suid-Afrika aan die dink te sit.

Die Suid-Afrikaanse regering het derhalwe lank getalm met die implementering van hierdie plan en het die voorafgaande onttrekking van die ongeveer 50 000 Kubane oorkant die grens in Angola as voorwaarde gestel, menende dat daar aan hierdie geregverdigde eis nie maklik en spoedig toegegee sou word nie.

Die rede hiervoor is dat die Marxistiese regime in Luanda, wat SWAPO aktief ondersteun, net onder beskerming van Kubaanse huursoldate aan bewind kan bly.

Waar Suid-Afrika nou intussen die verdrae met Angola en Kuba sowel as twyfelagtige beloftes van die VVO se sekretaris-generaal Javier Perez de Cuellar aanvaar het, nl. uittog van die Kubaanse troepe uit Angola en strenge neutraliteit teenoor SWAPO om daarmee aan die voorvereistes vir 'n onafhanklike "Namibië" te voldoen, kan 'n mens maar net tot die gevolgtrekking kom dat Pretoria eerder kans sien om 'n moontlike nuwe kommunistiese buurman te kry as om verder die finansiële las van 'n voortdurende afweeroorlog teen terroriste te moet dra.

Hierdie politieke pragmatisme van 'n Suid-Afrikaanse regering wat van sy militêre krag bewus is, mag moontlik nog kwade gevolge hê. Die kommunistiese ring rondom die RSA sou daarmee voltooi wees, en dit sou baie groot geo-strategiese nadele kon meebring.

Aan Suid-Afrika (en hiermee ook die hele vrye wêreld) sou dit goeie raad wees dat hulle die dodelike gevaar waarmee hulle van die kant van die VVO bedreig word, nie moet onderskat nie - 'n organisasie wat besig is om een land na die ander in te lyf by hulle totalitêre "Nuwe Wêreldorde."

Reeds in 1985 het 17 onderkomitees van die VVO hulle besig gehou met anti-Suid-Afrikaanse programme; dit het die wêreldorganisasie (en dus eintlik die belastingbetalers van die Weste) in die jare 1984/1985 glo 41 miljoen dollar gekos.

Volgens die "S. A. Observer" van Julie 1987 het die aktiwiteite van die VVO tans toegeneem tot 120 "anti-apartheid"-komitees en -onder- komitees, wie se invloed in elke hoekie van die wêreld merkbaar word.

VVO-geld gaan buitendien ook direk na sulke vyande van die land soos die African National Congress (ANC), 'n bommeplantende, Marxisties-gedomineerde terreurorganisasie, wie se bestaan deur die VVO as 'ordentlike politieke organisasie' bemark word. Daarby kom nog 25 internasionale radiostasies, wat dag na dag haatpropaganda teen Suid-Afrika uitsaai.

Suid-Afrika se voormalige verteenwoordiger in die VVO, Kurt von Schirnding, het, volgens 'n berig in "The Citizen" van 8 April 1987 verklaar dat twee-derdes van die besprekingstyd in die VVO tans aan Suid-Afrika gewy word.

Hy het in 'n lesing vertel dat die VVO 'n afdeling vir "openbare inligting" het, wat jaarliks 142 miljoen Rand uitgee waarvan 10% jaarliks net aan "anti-Suid-Afrikaanse disinformasie" bestee word.

Hy het voortgegaan: "As u daaraan dink dat hierdie publikasies, radioprogamme en TV-video-films in alle tale van die 'Verenigde Volke' vertaal word en na alle dele van die wêreld gestuur word - veral na skole en universiteite - dan kom 'n mens tot die skrikwekkende besef dat daar 'n hele nuwe geslag opgroei met 'n verwronge beeld van Suid-Afrika."

Die doel van die "Verenigde Volke" en die manne daaragter is en bly wêreldheerskappy, die afskaffing van die individuele nasie se soewe- reiniteit en die daarstelling van 'n sentraal-bestuurde reuse wêreldgemeenskap.

Om hierdie doel te bereik, laat die VVO, hierdie "laaste hoop van die mensdom", hom ook nie daarvan afskrik om vrye state eenvoudig met leërmagte binne te val nie.

Daar is maar min mense wat vandag nog weet dat daar reeds in 1965 'n volledige oorlogsplan vir 'n inval in Suid-Afrika met see-, land- en lugmagte opgestel is. Onder die titel "Apartheid and United Nations Collective Measures" het die "Carnegie Endowment for International Peace" ('n belastingvrye Amerikaanse stigting) 'n geskrif van 170 bladsye opgestel, wat in breedvoerige besonderhede die noodsaaklike, militêre maatreëls beskryf, wat land-, see- en luglandingstroepe in 'n oorlog teen Suid-Afrika sou moet neem, waarna die land in Swart hande onder die kontrole ("international Trustee system") van die Verenigde Volke sou kom.

Die besonderhede het so ver gestrek dat daar selfs berekenings gemaak is van die aantal dooies en gewondes aan albei kante.

"'n Totaal van 93 000 grondtroepe met ondersteuning uit die lug en oor die see sou in 'n blitskryg van 30 dae $94 537 000 kos," het die 'Chicago Tribune' op 24 Julie 1965 oor die berig geskryf.

Die verslag van die Carnegie-Stigting het die volle goedkeuring weggedra van die destydse Marxistiese hoofsekretaris van die VVO, U Thant.

Die vraag bly onbeantwoord of daar van die aanval afgesien is, omdat 'n paar Westerse afgevaardigdes dit te verregaande gevind het of dat die militêre beplanners skielik bedenkings gekry het oor die vuurkrag van Suid-Afrika se militêre eenhede.

Dit is in elk geval 'n feit dat daar aan die moontlikheid van 'n militêre aanval op 'n soewereine Westerse land oorweging geskenk is. Hierdeur behoort dit vir elke burger van die Weste duidelik te word wat die VVO se voorstelling van die "behoud van wereldvrede" is.

Ons behoort ook te weet dat die ontwapeningsprogram van die supermagte en daarna van alle nasies, wat die VVO so sterk propageer, niks anders ten doel het nie as om die alleenbeskikking oor alle wapensisteme van die wêreld aan die VVO oor te dra.

Onder Art. 43 hoofstuk VII van die Verenigde Volke se handves lees ons die basiese verdragswet vir die daarstelling van die "bewapende Verenigde Volke:"

"Alle lede van die Verenigde Volke aanvaar die verpligting vir die behoud van veiligheid en internasionale vrede om op versoek en volgens 'n besondere ooreenkoms of ooreenkomste aan die Veiligheidsraad gewapende troepe, ondersteuning en hulpmiddele beskikbaar te stel met insluiting van die reg tot vrye deurtog as dit vir die behoud van veiligheid en internasionale vrede nodig is."

Die logiese gevolgtrekking waartoe Artikel 43 'n mens dwing, kan slegs wees dat die "Verenigde Volke" met onbeperkte oorlogsmag toegerus sal word.

Majoor Arch E. Roberts skryf daaroor in sy boek "Victory Denied" (bl. 76): "Art.43 beteken die opheffing van nasionale grense. Dit beteken die skepping van 'n onoorwinlike internasionale leer. En die volke van die wêreld word daardeur vasgeketting aan die wiel van 'n militêre oorlog."

Hy gaan voort: "Dit is die verborge doelstelling van die handves van die Verenigde Volke ... absolute, monolitiese militêre wêreldheerskappy."

In 'n veelomvattende analise bewys hierdie VSA-majoor aan die hand van talryke dokumente dat die "State Department" van die Amerikaanse regering in beginsel gewillig is om die land se totale militêre mag aan die "Verenigde Volke" te oorhandig.

Ter bereiking van hierdie doel bestaan daar 'n drie-fase-plan wat daarmee eindig dat die wapenbeperking, of beter gesê, die ontwapening van alle lande "tot 'n punt lei waar geen staat meer die militêre mag besit om die steeds sterker wordende VVO-vredesmag aan te durf nie."

Daarmee het die VSA se buitelandse ministerie onomwonde toegegee waaroor dit gaan: die daarstelling van 'n totalitêre wêreldregering wie se opdragte deur 'n oppermagtige internasionale VVO-strydmag afgedwing word.

Al wat nou nog kortkom, meen Roberts, is om die Amerikaanse publiek wat aan breinspoeling blootgestel is, te laat aanvaar dat hierdie "wet" in hulle eie, beste belang is.

Die volkere van die wêreld sou dan ten aanskoue van 'n VVO-leër, toegerus met Amerikaanse atoomwapens en onder Russiese bevel, geen ander keuse he nie as net om te kapituleer nie.

Vervolg...