AFRIKA SE WIT REUS (12)

Lees reeks by Afrika se Wit Reus

DIT IS DIE JAAR 1989..

Die Misleiding van die Volkere (vervolg)

Wie in Suid-Afrika woon en die totale aanval op hierdie land meemaak, gewaar hier waarskynlik duideliker as op enige ander plek in die wêreld die gekoördineerde aanslag van die geheime magte van duskant en van anderkant die ystergordyn. Dit mag wees dat hulle hier minder moeite doen om die samewerking tussen Oos en Wes geheim te hou omdat Suid-Afrika se mond propagandisties so gesnoer is dat die land - in elk geval van amptelike kant - byna nie effektief kan terugslaan nie. Of dit mag ook wees dat die toenadering of sogenaamde "glasnost"- politiek ("propaganda") van die Sowjetunie met die Verenigde State intussen al so ver gevorder het dat hulle die wêreldbevolking so stadigaan wil voorberei vir die beplande samesmelting tot 'n eenwêreldregering.

In ooreenstemming hiermee word daar vandag in Europa al skeefgekyk na iemand wat 'n al te duidelike anti-kommunistiese houding aan die dag lê en 'n mens word dan sommer maklik uitgekryt as 'n "koue kryger" of iets soortgelyks. So 'n houding sou natuurlik ook nie ooreenstem met die verbroedering van die twee wêreldsisteme waarna daar gestrewe word nie. Gevolglik bevorder die massamedia en die geheime manne agter hulle die toenadering en die linkse neiging van die bevolkings op dieselfde wyse as wat die Protestantse en Katolieke kerke van die Aandland, wat eens op 'n tyd Christelik was, nou eis dat daar met ander gelowe "dialoog" en "verdraagsaamheid" moet wees cm die pad voor te berei vir die groot verenigde wêreldkerk wat beoog word.

Hoe die samespel met die Sowjetunie en die beplande wêreldregering sou funksioneer, is reeds in 1958 in die amptelike tydskrif van die 'American Jewish Committee', New-York, soos volg verduidelik: "Die internasionale regering, die WO, is eintlik 'n gemeenskaplike internasionale regering van die VSA en die Sowjetunie bymekaar".

In 1967 was dit 'n radio-kommentaar van "The Voice of America" wat in die Europaprogram van hierdie sender die kat uit die sak gelaat het. Dit was seker bedoel as 'n proefballon om die reaksie van die bevolking te toets voor daar tot die volgende stap oorgegaan word.

Die onthulling het gelui:

"Die wêreld sal in die nabye toekoms so regeer word dat die Amerikaanse monopolie nie in teenstelling tot die Sowjetse monopolie optree nie, inteendeel, daar sal 'n afgesproke polarisering plaasvind. Gevolglik sal die VSA en die Sowjets in die geheim saamwerk en die WO as dekmantel daarvoor gebruik. Daardeur sal die wêreldpubliek, wat nie op hoogte van sake is nie, mislei word. Die twee wêreldmagte sal dus in die openbaar teen mekaar optree, maar in die geheim met mekaar ooreenkom. Dit is die "Nuwe Orde". Oorloë sal verder nog gevoer word, want dit behoort tot die teenstelling, maar hulle sal gekontroleer word en as beperkte strooivure gevoer word, sodat hulle nooit tot 'n wêreldkonflik kan lei nie. Maar agter die skerms word alles so gereël, dat geeneen van die twee grotes die gebied van die ander een mag binneval nie. (Voorbeelde: Hongaarse opstand, oprigting van Berlynse muur, Afganistan ens.) Die ware beslissings waartoe daar in geheime vergaderings ooreengekom is, word dan aan die helpers van die Kremlin en die van die Wit Huis oorhandig, en selfs die satellietstate van die supermagte sal nie te wete kom waartoe daar ooreengekom is nie totdat hulle voor die genome besluite as voldonge feite te staan kom."

Dit was in 1967 die kommentaar van die "Voice of America." Hierdie speletjie word nou al lank genoeg gespeel en nog steeds staar die mense asof deur angs gehipnotiseer op die vermeende Oos-Wes-konflik wat aan hulle die gevaar van die groot allesvernietigende oorlog moet suggereer.

Die Franse skrywer en Nobelpryswenner van 1952, Francois Mauriac, het ook op hierdie samehang van sake gewys toe hy geskryf het:

"Ons behoort ons minder te bekommer oor die verskille wat die VSA en die Sowjetunie van mekaar skei, maar veel meer oor dit wat hulle aanmekaar bind. Die twee supermagte, wat as opponente beskou word trek die mensdom in dieselfde rigting van ontmensliking. Op die oomblik tree hulle eensgesind op waar hulle saam die stabiele Blanke regerings van Afrika vernietig en die hele suidelike Afrika aan kommunisties-geïnspireerde Swart demagoë uitlewer."

Wat alle Suid-Afrikaners behoort te begryp en die ander nasies behoort te besef, is net eenvoudig dit: die politieke Sionisme en die Wêreldkommunisme is die dryfkragte van 'n wêreldrewolusie wat sy lewenssap ontvang van die internasionale supergeldmag. Albei bewegings kan slegs dan voortbestaan en gedy as hulle deur die internasionale supergeldmag aangehelp word. Hulle moet in die huidige wêreld; van onrus, stryd en beplande chaos aan die supergeldmag diensbaar wees deurdat hulle aanhou om hulle nimmereindigende oorlog te voer deur destabilisering, disinformasie of deur opstand en terreuraanslae.

Dit is die vorm van die Derde Wêreldoorlog teen die Weste, sy mense, sy godsdiens en sy kultuur, wat deur steeds nuwe aanslae, deur lewensangs en deur omwentelings verswak, vermurwe en uiteindelik vernietig moet word.

Geen veldslag, geen afweerstryd is egter so seker verlore nie as die een wat gevoer word sonder om die teenstander te ken. Nie net vir Suid-Afrika nie, maar vir alle volkere van die vrye Weste het hierdie afweerstryd onvermydelik geword. Hulle moet die stryd aanpak en terugslaan of anders sal dit van die begin af reeds verlore wees.

Alexander Solschenizyn het blykbaar dieselfde gedagte gehad toe hy op 26 Maart 1976 in 'n BBC-radiopraatjie gesê het:

"Voordat ek na die Weste gekom het en daar vir twee jaar sake deurgekyk het, kon ek my nie in die minste voorstel tot welke uiterste graad die Weste blykbaar blind is vir die wêreldsituasie nie, ja tot welke uiterste graad die Weste ‘n wêreld sonder wilskrag geword het, 'n wêreld wat in die aangesig van die gevaar van angs verstar het ... Ons almal staan langs die afgrond van 'n groot historiese sondvloed, 'n vloed wat alle beskawings sal verslind en hele tydsgwrigte gaan verander..."

Ons het seker nie vir Solschenizyn nodig om raak te sien dat die Kommunisme die allesvernietigende sondvloed is nie, wat van plan is om aan die vrye nasies van hierdie wereld die doodsteek te gee sodat daar op die ruïnes daarvan die "Nuwe Wêreld" van die superbankiers gebou kan word.

Het die wêreld dan nie begryp dat die kommunistiese partye wat in baie Westerse lande vandag die amptelike status van eerbare volkspartye geniet, glad nie gewone politieke organisasies is wat vry wedywer met ander partye nie, maar dat 'n mens hier te doen het met kriminele sameswerings teen elke Westerse staatsorde? Is 143 miljoen dooies en byna 2 miljarde verslaafde mense in die kommunistiese magsgreep dan nog nie genoeg om ons oë oop te maak sodat ons sien waarheen Marxisme en Kommunisme ons deur die deur van sosialisme, gaan lei, indien ons dekadente Westerse demokrasieë nie spoedig 'n einde maak aan hierdie gedoente nie?

Die misleiding van die volkere vind vandag op alle gebiede plaas. In skole, universiteite en teologiese opleidingsentra is sedert die begin van hierdie eeu die saad van verwarring en vernietiging uitgestrooi en die lote daarvan het intussen orals in die wêreld welig begin groei. Toestande van anargie, rebellie teen ouers en onderwysers en goddelose asook leë kerke is die simptome van 'n siek maatskappy wat sonder ideale, morele waardes en voorbeelde koersloos voortsteier. Sielkundige en psigosomatiese siektes het epidemiese afmetings aangeneem en word deur pseudowetenskaplike "deskundiges" van die psigiatrie nog vererger. Die perverse gedagtes van ene Sigmund Freud vorm aan baie universiteite nog die basis van 'n "wetenskap" wat meer verwoes as opbou.

Deur die vervalsing van hierdie eeu se geskiedenis wat deur die oorwinnaarsmagte afgedwing is, word daar aan die jong mense in Duitsland 'n geskiedenisbeeld oorgedra wat vaderlandsliefde en nasionale bewussyn as iets verwerpliks voorstel en hulle moet opvoed as Pan-Europeane of wêreldburgers. Trots op en liefde vir die Duitse vaderland en sy groot historiese verlede kry 'n mens deesdae byna net nog by Duitsers in die buiteland wat 'n heldere blik op die geskiedenis bewaar het en geen slagoffers was van die geallieerde "heropvoeding" van almal in Duitsland ná die oorlog nie.

In antropologie (menskunde) word die Marxistiese leerstelling van die gelykheid van alle rasse in die studente ingeprent - 'n gelykheid wat daar nog by mense nog erens elders in die natuur gevind word. Hierdie noodlottige leerstelling of ideologie - die ontkenning van die saamhorigheid van stamme en volkere, die ontkenning van die andersoortigheid van die veelvoud van menslike rasse - het grootliks daartoe bygedra dat chaos en grensoorloë ontstaan het en dat separatistebewegings dikwels met moord en terreur veg vir hulle selfstandigheid en hulle eie "aparte ontwikkeling."

Al pas dit hierdie eenwêreldbeplanners ook glad nie, is die feit van verskille tussen volkere nie net ooglopend vir almal wat gedurig met ander rasse te doen kry nie, maar word ook bevestig deur alle bioloë van naam wat die moed het om standpunt in te neem teen die amptelike, polities-geïnspireerde siening. Die mag van die geheime manipuleerders is egter so groot dat 'n professor in Biologie of Antropologie sy pos kan verloor as hy hierdie ongewenste waarheid verkondig. Daar is baie voorbeelde hiervan, veral in Amerika, waar die politieke eise van die establishment in geregsake dikwels die voorkeur kry bo die wetenskaplike bewyse van vooraanstaande professore.

Die ondermynende materiaal aan skoolboeke en riglyne vir die gebruik daarvan wat deur UNESCO ('n onderafdeling van die WO) uitgegee word, word vandag deur die meeste lande van die Westerse wêreld sonder kritiek oorgeneem. Die uitwerking daarvan is 'n vervlakking en gelykmaking van die denke, wat dit vir die komende wêreldburgers makliker moet maak om die nog komende rewolusionêre veranderings van politieke, sosiale, ekonomiese en godsdienstige aard te aanvaar.

Die sistematiese vernietiging van die Christendom as hoekpilaar en draende krag van ons Westerse beskawing word beskou as voorvereiste: die daarstelling van 'n nuwe wêreldorde wat afpyl op sinkretisme (godsdiensvermenging) en die skepping van 'n wêreldkerk waarin alle godsdienste van die wêreld hulle plek sal vind. Daarom is dit ook goed te verstane dat die "dialoog-gewilligheid" in die afgelope jare altyd gelei het tot ekumeniese gesprekke met Jode, Moslems, Hindoes, Boeddhiste en ander, insluitend Vrymesselaars en Kommuniste. Opmerkingswaardig is in hierdie verband ook die huidige Pous se uitnodiging na die sinkretistiese gebed in Assisi.

Die groot Rockefellerstigtings in Amerika lei nie net veelbelowende Nuwe-Wêreld-teoloë uit die hele wêreld op in hulle Union Theological Seminary te New York waar hulle met die "God-is-dood"-filosofie "lank lewe die sinkretisme!") besmet word nie, maar hulle het ook aan die wêreld die grootste aborsie-kliniek geskenk, waarvan die doel in1976 was om, saam met ander klinieke in Amerika, jaarliks tot een miljoen ongebore babas te vermoor, soos die destydse president van die Rockefellerstigting, John H. Knowles, dit met ietwat meer menslike woorde bekend gemaak het. Kan 'n mens "Rocky" en sy genote kwalik neem dat hulle die 6e gebod nie ernstig opneem nie, maar in plaas daarvan meer waarde heg aan geboortebeperking en bevolkingskontrole?

Die Christo-Kommuniste van die teologiese Rockefeller-instituut sorg vandag op die kansels van baie kerke in die Westelike wêreld daarvoor dat die basiese leerstellings van die oorgelewerde Christen­dom vervals en met politieke eise uitgehol word, sodat meer en meer mense hulle kerke verlaat en selfs op die Christelike leer die rug draai. Maar 'n volk wat van sy geestelike waardes beroof word en van wie die ge!oof aan vaste morele grondbeginsels en gedragsreëls weggeneem word, word 'n speelbal van ideologieë en kragte wat dit in elke gewenste rigting kan dryf.

Suid-Afrika kon dit tot onlangs regkry om aan hierdie skadelike invloede en tendense van die Westerse wêreld te ontkom, seker hoofsaaklik as gevolg van sy afgeleë geografiese ligging maar sekerlik ook omdat dit teen die ontbindende invloed van 'n "televisiekultuur" beskerm was wat maar eers 15 jaar gelede hier op dreef gekom het en vandag die land oorspoel met immorele, hoofsaaklik Amerikaanse smeerfilms en propaganda-uitsendings. Televisie en koerante goël vir die Suid-Afrikaners 'n gesonde Amerikaanse wêreld voor die oë, 'n wêreld vol rasseharmonie wat egter in werklikheid glad nie bestaan nie, soos elkeen weet wat net eenmaal sulke stede soos New-York, Washington of Miami besoek het. Volledige vermenging en rasse- integrasie is skynbaar die gebod van die uur. Daarna sou alles regkom en Suid- Afrika sou weer in die skoot van die "ordentlike" nasies kan terugkeer, soos dit op 'n byna onmerkbare wyse vir ons toegefluister word. Hoe dit egter gebeur dat daar, ofskoon daar net 10 persent ten volle geïntegreerde Swart Amerikaners is, tog altyd weer bloedige onrus en straatgevegte tussen die rasse plaasvind, word nie aan die Suid-Afrikaners verduidelik nie.

Die trouhartige nakomelinge van die Boere, waarvan verreweg die meeste diepgelowige Christene is, vind hulle blootgestel aan 'n snelvuur van vyandige propaganda, leuens, bedrog en verraad, waarteen hulle hulpeloos is. Hulle kan die "wêreld van leuens" nie maklik uitken nie, word altyd meer en meer deur skuldgevoelens gepla, wat daar in hulle ingepraat word en gaan dan maklik oor van die een uiterste na die ander.

So het die hoofkerk van die land, die groot Nederduits-Gereformeerde Kerk, in 'n skielike ingewing van teologiese wysheid besluit om apartheid tot sonde te verklaar, "omdat dit uit die Bybel nie geregverdig kan word nie." Die hoë here van die Sinode, wat hierdie heldhaftige besluite geneem het, het blykbaar daarby nie agtergekom dat hulle ewe gedwee uitvoer wat hulle vyande hulle al vir jare in die mond lê nie. Hoe kon hulle tog so gou vergeet het dat hulle teologiese voorgangers byna 40 jaar lank presies die teenoorgestelde verkondig het, naamlik dat "aparte ontwikkeling" van die volkere volgens God se wil Bybels wel geregverdig was? Hulle het gestaan op die standpunt dat God sy volk in die ou verbond om goeie redes gewaarsku het teen vermenging, wat tot 'n verdwyning in vreemde volkere sou lei. Hulle het verwys na die geskrifte van die Ou Testament en na die feit dat Jesus nie "gekom het om die wet of die profete te ontbind nie". (Matt. 5, vers 17)

Wat 'n mens se standpunt ook al mag wees teenoor "apartheid", die geskeide ontwikkeling van volkere: wie die regte begrip daarvan het met agting vir die enkeling se menswaardigheid en die gelykheid van alle mense voor God, sal dit sekerlik teologies beter kan regverdig as die ekumeniese eenheidsplanne en die sinkretistiese gebedsbyeenkomste van ons Christelike kerkleiers met onchristelike godsdienstige meenskappe.

Bybelgetroue Suid-Afrikaners behoort hulle kerkleiers te vra of dit volgens die wil van God en sy kerk kan wees om geloofsoortuigings wat tot nou toe bestaan het, oorboord te gooi net om die guns te wen van 'n gemanipuleerde wêreldopinie of om susterskerke en organisasies in die buiteland agterna te loop wie se godsdiens meer die stempel  dra van die anti-Christelike gees van die Wêreldraad van Kerke as van die Woord van God.

" 'n Leuen reis reg rondom die wêreld, terwyl die waarheid sy stewels se veters vasbind," skryf C.H. Spurgeon in sy boek "Truth and Falsehood". Suid-Afrika se Wit en Swart burgers is blootgestel aan 'n propaganda-aanslag wat hulle daarvan wil oortuig dat hulle geen ander keuse het nie as om agter die "wêreldmening" aan te loop en "hervormings" deur te voer wat deur hulle vyande ontwerp is en gedikteer word.

Deurdat hulle jarelank, ja, dekadeslank onder skoot gekom het van die WO, van "bevriende" Westerse state, van internasionale kerkorganisasies en van 'n voortdurende, onvermoeide en onophoudelike rits van beskuldigings, mites en halfwaarhede van die kant van 'n gemanipuleerde binnelandse en buitelandse pers is daar in hulle 'n skuldlas en 'n sogenaamde onontwykbare situasie "ingepraat" dat hulle ten einde laaste sou moet kapituleer. Dat hierdie onontwykbaarheid glad nie bestaan nie en dat die eise ontoelaatbare inmenging in hulle land se binnelandse sake is, wil hulle vir die Suid-Afrikaners nie toegee nie. Soos 'n paddakoor styg hulle uitroepe orals op: "Dit is onvermybaar!", "Dit is te laat!", "Dinge het te ver gegaan, om weer te kan omdraai!" ensovoorts, ensovoorts. Met alle middele probeer hulle om die sterkte en die besluitnemingskrag van die Blankes te verswak. Vanaf kerkkansels en uit die massamedia word die gif van ontbinding uitgestrooi.

Buitelandse kerkdelegasies en politieke "insamelaars van feitemateriaal" kom in steeds nuwe skares om hulle wyshede aan die man te bring en om in twee weke die land se probleme onder die knie te kry, probleme met 'n ingewikkeldheid waarvan hulle nie die vaagste benul het nie. Daarby weet die Afrikaners self die beste dat die meeste van hierdie "probleme" eers sedert die begin van die propaganda-aanslag en die inmenging van buite ontstaan het. Hierby kom dan nog Christelike en wêreldse groepe, vriendskapsverenigings en skrywers wat in goedbedoelde naïwiteit oproep tot "hervorming" en "anti- apartheid-appelle" uitvaardig, waarvan die uitwerking meer skadelik as nuttig is. In Duitsland, Engeland en ander lande word seminare en kerkdae gehou, waarop daar dan hoofsaaklik oor Suid-Afrika gedebatteer word asof daardie mense nie genoeg probleme van hulle eie het om op te los nie.

Die "Organisasie van Afrika-eenheid" (OAU) wat op hulle jaarlikse samekomste nie daartoe in staat is om die probleme en twiste van een enkele van hulle ekonomies geruïneerde en verarmde ledelande op te los nie, is net oor een saak eensgesind: die verdoeming van die Blanke Boererepubliek, wat vir hulle almal as voorbeeld sou kon dien.

Hulle is almal deur die trekkrag van die propagandagolf wat om die hele wêreld spoel en deur die vyande van Suid-Afrika in beweging gebring is, meegesleur.

Die internasionale bankiers trek intussen al die registers van die propaganda-orrel oop om Suid-Afrika tot 'n val te bring. Met kunsmatige; uitgelokte en kommunisties-bestuurde opstande en terreurdade in die hele land stook hulle die rewolusievuur, wil hulle die Blankes moeg maak en tussen die Moskouse hamer en die New-Yorkse aambeeld verpletter.

Vervolg...