AFRIKA SE WIT REUS (15)

Lees reeks by Afrika se Wit Reus

DIT IS DIE JAAR 1989..

Uitbuiting van die Rasseprobleem (vervolg)

Die eertydse wêreldbokskampioen, Cassius Clay, alias Muhamed Ali, het gesê: "Wanneer ek in Alabama lewe, sal ek altyd vir die goewerneur Wallace stem, omdat hy die Blankes nie met die Negers meng nie."

Marxiste is alles behalwe vriende van die Swartes. Wie glo dat die Marxiste van die Sowjetunie geen rassiste is nie, dié behoort die boek "Karl Marx: die Rassis" van Nathaniël Weyl te lees, 'n Paar aanhalings daaruit sal u beslis prikkel:
"In die openbaar en om politieke redes het Marx en Engels hulle voorgedoen as vriende van die Negers. Privaat was hulle egter anti-Swart rassiste van die ergste soort. Hulle het die totale Swart ras verag - 'n veragting wat daarin uitdrukking gevind het, dat hulle die Negers met diere en idiote vergelyk het. In hulle private korrespondensie het hulle dan ook gedurig die naam 'Nigger' gebruik." Karl Marx het die Swartes van Afrika beskryf as "onbeduidend" en "irrelevant" en in vergelyking met sulke progressiewe mense soos die Russe as "ver agtergebly".

Die ongesofistikeerde Swartes kan seker nie verkwalik word dat hulle nie agterkom dat hulle in hierdie duiwelse spel net gebruik word vir Suid-Afrika en daarmee hulle eie welstand vernietig nie. Hulle sou die meeste daaronder ly as dit die buitelandse toutjiestrekkers sou geluk om in Suid-Afrika 'n bloedige rassekonflik aan die gang te kry. Vir hulle is daar geen moontlikheid om uit 'n gewelddadige uiteensetting met die Blankes, en veral die veiligheidsmagte van die land, as oorwinnaars uit te tree nie (1989).

Die Swart leiers in die land weet dit ook. Veral die Zoeloeleier, hoofman Mangosuthu Buthelezi, leier van die 7-miljoen-sterk grootste Swart volk, waarsku sy mense teen 'n selfmoordbotsing met die Blankes. Hy het lankal begryp dat sterk buitelandse kragte met diplomatieke dreigemente en ekonomiese pressiemaatreëls teen die land baie meer kan uitrig as sy Zoeloekrygers.

Hy verwag dat hierdie kragte vroeër of later effektief sal wees en die regering sal dwing om te bedank of om konsessies te maak waarna hy as leier van die sterkste Swart volk die regeringsmag sou kon oorneem. Buthelezi bepleit 'n toekomstige demokratiese staatsorde, waarin Swartes en Blankes gelyke regte sou hê. 'n "Demokrasie" met vrye verkiesings volgens Westerse patroon sou hom pas omdat hy weet dat hy dan outomaties staatshoof word, 'n Zoeloe (en dieselfde geld vir al die ander Swart stamme) sou nooit vir iemand buite sy volk stem nie en gevolglik sou Suid-Afrika dan weens die stemmemeerderheid van die Zoeloes deur hulle alleen regeer word en hulle sou dus net die Blankes vervang.

Wat Buthelezi egter blykbaar nie begryp het nie, is die feit, dat die buitelandse kragte, wat werk vir die val van die huidige regering, ook nie belangstel in 'n "demokratiese" staat onder sy leiding nie. Op sy meeste sou hulle hom toelaat om 'n oorgangsregering te vorm - soos Biskop Abel Muzorewa 'n oorgangsregering gevorm het vir Rhodesië/ Zimbabwe - tot die WO met behulp van die Amerikaners, die Engelse en die Duitsers die "enigste outentieke verteenwoordigers van die 5uid-Afrikaanse bevolking," die kommunisties-beheerde "African National Congress" (ANC) veilig in Pretoria geïnstalleer het.

Die Suid-Afrikaanse regering is hiervan ten volle bewus en bevind hulle in 'n dilemma. Aan die een kant moet hulle die aanslag teen die land onder Blanke heerskappy afslaan waarby hulle nie eintlik op die hulp van Swart stamleiers kan staatmaak nie omdat laasgenoemde reken dat die aanslag op die Blankes vir hulle 'n maklike pad na die mag oopmaak. Aan die ander kant het die regering die samewerking van Swart leiers nodig om hulle hervormingsprogram vir "magsdeling" met die Swartes te laat vorder. Tot nou toe wil baie van die Swartes wat uit die buiteland opgesweep is, net "alles of niks" hê. Eers as hulle besef dat die Blankes nie gewillig is om hulle mag prys te gee nie en ook nie om teenoor die aanslag te kapituleer nie, sal hulle gewillig wees om saam met hulle Blanke landgenote te werk aan 'n moontlike federalistiese of konfederalistiese nuwe regeringstelsel - tensy hulle dan miskien sou verkies om in hulle eie state heeltemal onafhanklik te word. Hoe geloofwaardiger die Blanke Afrikaners hulle krag en vasberadenheid wys, hoe eerder sal die Swartes gewillig wees om hulle te ondersteun. Swakheid is in Afrika nog nooit beloon nie. Respek en erkenning is hier net vir die sterkes beskore.

Intussen werk die "geheime heersers" van die wêreld daaraan om hierdie vreedsame weg van ewolusionêre ontwikkeling met alle middele te verhinder. Dit is 'n wedloop teen die tyd, 'n dobbelspel waar dit daarop aankom wie die langste kan uithou. Elke konsessie van Suid- Afrika, elke humanitêre gebaar van die regering, soos bv. die vry latino van Kommunistiese agitators, gesprekke met die ANC of die te vroeë opheffing van die noodtoestand, sou deur die Swart leiers van die land en deur Suid-Afrika se vyande as 'n teken van swakheid gebrandmerk word en sou dadelik met nuwe eise beantwoord word. Slegs as die regering ophou om te buig teenoor buitelandse "hervormingsvoorstelle", eise en dreigemente en in plaas daarvan net konsentreer op dit wat vir Suid-Afrika en sy verskeidenheidsbevolking die beste is, sal hulle saam met die inheemse Swartes tot oplossings kom wat vir almal aanneemlik is.

'n Algehele rasse-integrasie met die afskaffing van alle nog bestaande segregasiewette (skole, woongebiede ens.) soos geëis word deur "liberale" sakelui (ter wille van profyte) en deur die linkse pers, sal sekerlik nie bydra tot 'n toekomstige harmoniese saamlewe langs mekaar in Suid-Afrika nie.

Miskien kan 'n voorbeeld uit geïntegreerde Amerikaanse skole - waar die Swart bevolkingsdeel net 10% is - vir ons 'n voorsmakie gee van wat Suid-Afrikaanse skoliere en onderwysers in daardie geval moet verduur.

Die "Europa-Korrespondent" van Wene, Favoritenstr. 56, skryf in sy uitgawe 9.10.1979:

"Amerikaanse skole - Volgens berigte uit New-York floreer in Amerika se skole op geweld. Aanrandings, diefstal, verkragtings, mishandeling van onderwysers en skoliere asook moord het 'n skokkende deel van elke dag se dinge geword. In 'n studiestuk oor Amerikaanse skole dui die New-Yorkse Onderwysersvereniging 115 uit die 951 skole in die VSA se grootste stad aan as 'onveilig'. As deel van hierdie golf van geweld word in die VSA tans jaarliks 60 000 onderwysers deur leerlinge aangerand en beseer. Volgens dieselfde studie het verkragtings in die klaskamers sedert die jaar 1972 met 40 persent toegeneem en liggaamlike aanrandings met 70 persent. 'n Kwartaal gelede het 'n skooldogter van 16 jaar in San Diego 'sommer vir die grap' 'n geweer gegryp en op die skool begin skiet en so die prinsipaal gedood en 8 skoliere en 'n polisieman gewond. In New Haven het 'n skolier 'n winkel in die skoolgebou aangeval en 'n onderwyseres daar doodgeskiet. In Los Angeles het skoliere, wat met hulle punte ontevrede was, 'n onderwyseres aangeval en haar hare aan die brand gesteek ..."

Die "Rheinische Post" van Diisseldorf, Duitsland het op 11.9.1975 oor die rasse-integrasie aan Amerikaanse skole en die chaotiese gevolge daarvan soos volg berig:

"Washington - Die nuwe skooljaar het onder die slegste omstandig- hede begin wat jy jou kan voorstel. Na die somervakansie van meer as drie maande is die skooldeure vir meer as twee miljoen Amerikaanse kinders nog gesluit omdat die onderwysers staak. Die rasse-integrasie in die skole, wat deurgevoer is weens 'n beginselbeslissing van die hoogste hof, het ook in hierdie jaar weer gelei tot demonstrasies van verbitterdes en tot bloedige botsings tussen aanhangers en teenstan- ders ... Die spanning in die klaskamers self is so groot dat die skoliere voor hulle in die skoolgebou ingaan eers deur 'n elektroniese tonnel moet loop waar hulle vir wapens ondersoek word. .. ,"94

Des Griffin skryf in: "Die Absteiger - Planet der Sklaven?" (bis.345): (Engelse titel: Descent into Slavery?) "In die wêreld van vandag is daar magtige kragte, wat daarop uit is om alle rasseskeiding uit die weg te ruim om ons tot volledige rasse-ineensmelting te lei en na 'n wêreldregering beheers deur die Illuminate".

Dat dit hier nie gaan om 'n hersenskim van enkelinge nie, wys die uitspraak van 'n prominente lid van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO), dr. G. Brock Chrisholm, wat sy uitspraak sekerlik nie sonder goedkeuring van sy organisasie se bestuur gemaak het nie. Hy het verklaar: "Wat die mense orals behoort deur te voer ... is genetiese vermenging (rasgemengde huwelik), sodat daar 'n enkele ras in die wêreld onder een regering geskep word." (USA Magazine, 12.6.55)95

Graaf Coudenhove-Kalergi, 1894—1972, die eerste en vir baie jare president van die Pan-Europa-Unie (1923 gestig) skryf in sy boek "Praktiese Idealisme" soos volg: "Die komende mens van die toekoms sal van gemengde bloed wees. Vir Pan-Europa begeer ek 'n Eurasies- Negroide toekomsras om 'n veelvoud van persoonlikhede op te lewer. Die leiers moet deur die Jode gelewer word, want 'n goeie Voorsienig- heid het met die Jode aan Europa 'n nuwe adelras met geestesgenade- gawes geskenk."

Dr. Phil. Coudenhove-Kalergi, self van Eurasiese (d.w.s. Europees- Asiatiese) gemengde bloed en in sy eerste huwelik getroud met die Joodse toneelspeelster Ida Roland, was professor vir Geskiedenis in New-York, algemene sekretaris van die Europese Parlementariërunie, het die Karlsprys van die stad Aake ontvang, was ereburger van die Universiteit Frankfurt/Main, het in 1954 die groot Bondsverdienstelikskruis van die Duitse Bondsrepubliek ontvang, was Ridder van die Franse Erelegioen en lid van die Vrymesselaarslosie "Flumanitas" in Wene.

Hierdie graaf, wat sulke hoë eretoekennings ontvang het, het egter baie goed geweet watter noodlottige uitwerking rassevermenging vir die verskillende rasse en die baie volkere sou hê. Hy het in die genoemde boek, "Praktiese Idealisme" op bl. 20/21 geskryf: "Die gevolg is dat gemengbloediges dikwels swakheid van karakter, gebrek aan wilskrag, wispelturigheid, afwesigheid van piëteit en troueloosheid, verbind met objektiwiteit, veelsydigheid, geestelike wakkerheid, vryheid van vooroordele en 'n wye uitsig. Gemengbloediges is altyd anders as hulle ouers en voorouers; elke generasie is 'n variasie van die voorafgaande, of 'n ewolusie daarvan of 'n degenerasie daarvan."

In die volgende berig van 'n lesing kom 'n Kleurling aan die woord, wie se leed en nood ons aan die dink behoort te sit. Dit lui: "As 'n mens rassevermenging voorstel as vooruitstrewend, dan is dit absolute onsin. Wat wel vooruitstrewend is, is die aanbeveling van die rassegedagte oor die opstyging van die mens bokant die tans bestaande peil uit. Dieselfde geld vir die veel misbruikte humaniteit en menslikheid. Is dit miskien menslik om siek mense in die wêreld te bring? Mense van gemengde ras is siek, innerlik verskeur, dikwels met liggaamlike en/of sielkundige kwale belaai. Daar bestaan baie navorsing daaroor. En dit is nou kammig menslik? Waar daar wetgewing teen rassevermenging bestaan - soos in Israel en Suid-Afrika - kan dit nie onmenslik wees nie. Dit is verstandig. Dit openbaar verantwoordelikheidsgevoel. Dit is teen onverantwoordelike ouers gerig, staan miskien in die pad van hulle geluk, maar beoog die geluk van die nakomelinge vir baie geslagte."

In 'n kerklike werkkring is Suid-Afrika verdoem en is daar gesê hoe onmenslik en vreeslik hierdie hele rasseskeiding, hierdie apartheidspolitiek tog is. En toe het daar 'n kleurling opgestaan wat na alles rustig geluister het en gevra het of die menere werklik al ooit met 'n gemengbloedige gepraat het. Stilte. En toe het hy gesê: "Dan wil ek vir u graag 'n bietjie vertel. Ek is naamlik van gemengde bloed. En ek ly daaronder. Dis nie dat ek vyandig behandel word nie. Dit gebeur feitlik nooit nie en ek kan geensins kla oor gebrek aan begrip en medelye nie. Die eintlike saak is dat ek in my self die tweespalt dra. Ek weet nie waar ek hoort nie. Hoort ek in Swart Afrika of hoort ek hier? In geen lewenskring is ek ten volle aangepas nie. Hier moet ek vitamien C neem om net maar te kan oorlewe. Ook is dit hier nie my kultuur en tradisie nie. In Afrika sou ek ook nie ten volle aangepas wees nie; ek vind daardie lewenstyl primitief. Ek voel my nog aan die een nog aan die ander kant van die wêreld tuis. En daarvoor is my ouers verantwoordelik: ek verwyt hulle ten skerpste dat hulle getrou het. Dit sou verstandig gewees het as daar hier ook 'n verbod daarteen sou gewees het, want dan sou ek nie in die wêreld gekom het nie."

Die spreker sê verder: "Dit was dus die standpunt van iemand wat werklik van gemengde bloed was. As ons teen rassevermenging is, dan is dit werklik in harmonie met die mees menslike beginsels. Origens sou deur algehele vermenging rassespanning ook nie ophou en totale gelykberegtiging heers nie. In Brasilië is daar glad geen besware teen gemengde huwelike nie en tog vind 'n mens daar net sulke rasselae. Jou sosiale rang word daar beoordeel volgens die ligtheid van jou vel. Vir ons is sulke beskouings ietwat vreemd, maar daar vind hulle dit normaal en elke moeder is vervul met die gedagte om vir die kind 'n huweliksmaat te kry wat ligter van kleur is as sy self. Totale vermenging los geen probleme op nie. As ons reinheid van ras bepleit dan raak ons nie outyds nie, maar strewe ons juis na 'n beter toekoms. Dan is ons in harmonie met die natuur."

In "Die neue Zeit" skryf H.A. Konrad-Trautheim oor mense van gemengde bloed soos volg: "Die baster is 'n vermenging of kruising van rasse met kwaliteite wat van mekaar verskil: Germaanse, Hebreeuse, Negroïde, Mongoolse e.a. kwaliteite. Die individuele rassetrekke smelt in hom nie saam tot 'n eenheidswese nie, maar hulle bly selfstandig langs mekaar voortbestaan, strewe uiteen, veg teen mekaar om heerskappy, hinder mekaar en skep so 'n mens, wat elke leuen aanvaar, wat vol onduidelikheid, onrus, disharmonie, doel- en planloosheid is. Sy haat en weerstrewigheid is gerig teen alles van hoë waarde. Gevolglik is hy ook die draer van elke vorm van demokrasie."

Die eertydse wêreldbokskampioen, Cassius Clay, alias Muhamed Ali, het gesê: "Wanneer ek in Alabama lewe, sal ek altyd vir die goewerneur Wallace stem, omdat hy die Blankes nie met die Negers meng nie. Ek stem ook nie vir die wat sê: 'Ek hou van Negers' nie en ek sou ook nie stem vir Negers soos Sammy Davis nie (half Neger, half Jood) wat met Blankes trou nie, omdat die mense met hulle eie ras moet trou. Elijah Mohammed (die stigter van die Islam) sê dat die honde by die honde, die visse by die visse, die insekte by die insekte en die Blankes by die Blankes moet bly. Dit is die bevel van die natuur en die wet van God en staan ook so in die Bybel wat julle Christene so vereer." (Uit "Deutsche Kommentare, Buenos Aires")99

Die internasionaliste weet baie goed hoe belangrik die algehele ontbinding van alle rasse deur vermenging vir hulle beplande "een wêreld" is. As dit nie sou gebeur nie, sou alleen al die voortbestaande kulturele eiebestaan van die verskillende volksgroepe genoeg wees om hulle bewustheid van eenheid wakker te hou. Hulle vryheids- en onafhanklikheidswil sou altyd weer deurbreek en tot nasionale rewolusies teen die wêreldowerheid lei.

In plaas daarvan dat hulle waarsku teen hierdie vermenging van almal (nie net weens biologies-genetiese redes nie, maar ook weens sosiaal-etiese redes) word rasgemengde huwelike deur kerke en regerings met groot ywer aangemoedig en elke teenstand daarteen as reaksionêr en onmenslik veroordeel. Hierdie houding is - bewustelik of onbewustelik - die direkte uitvloeisel van 'n georganiseerde, gekoördineerde en kragtig gefinansierde veldtog teen elke ras en veral die Blanke om alle rassemotiewe uit sy harsings te verdryf. Die mense wat vandag in Suid-Afrika en wêreldwyd die vermenging van rasse propageer, is geensins van plan om hulle eie bloed met 'n ander ras te meng nie. Hulle wil hulle stamboom skoon hou en pas orals in die wêreld die allerstrengste skeiding toe i.v.m. huwelike, opvoeding van hulle kinders en sakeaktiwiteite.

"Hulle blink agter geslote deure onder mense van hulle soort," het die biograaf Frederic Morton oor die Rothschilds opgemerk ("The Roth¬schilds" bls.19). Hulle beplan om as 'n superras oor 'n wêreldgemeenskap te regeer waarvan die bevolking se peil tot dié van 'n stompsinnige eenheidsmassa gedaal het en wat hulle dus soos skape laat lei."

Die onophoudelike bombardering van Suid-Afrika se Blanke bevolking met propagandakrete soos "rassiste", "die rassisteregime in Pretoria" en "apartheidstaat" het net een doel: dit moet die Blankes or subtiele wyse daartoe bring om hulle natuurlike rassegevoel prys te gee en tot algemene rasse-integrasie in te willig. Onder die druk van hul eie en die buitelandse pers en met Amerikaanse kitschfilms vol integrasietonele, waarin, in teestelling tot die Amerikaanse werklikheid Negers die rolle van helde of base oor Blankes speel, word daar voor hulle 'n utopiese skynwêreld opgetower, wat glad nie bestaan nie.

Die Swart Suid-Afrikaners, waarvan die verskillende volkere 'n veel skerper rassebewussyn het as die Blankes sodat daar uiters selde 'n huwelik buite stamgrense plaasvind, skel vandag in die koor.

Ten spyte van verstommende propagandapogings om die stelsel van rasseskeiding as duiwelswerk en boosaardige rassisme voor te stel, klink daar al meer stemme op van mense wat die valse spel deurgrond het. Nogtans is dit nog altyd 'n nietige minderheid omdat die Suid-Afrikaanse regering om onverklaarbare redes niks onderneem om die wêreldwye propaganda-aanslag met net so 'n wêreldwye inligtingsveldtog teen te gaan nie. Die miljoene wat hieraan bestee sou moes word, sou nogtans net 'n breukdeel gewees het van die geld wat nou aangewend word vir landsverdediging en omseiling van sanksies.

Vervolg...