Dries Bergman
Lees reeks by Niks is nuut nie
DIE EERSTE RASSEBOTSINGS
"Hierdie patroon herhaal hom nog steeds. Duisende Boere het al hul lewens tydens rooftogte verloor. Die meeste daarvan het na die ontbanning van die ANC in Februarie 1990 plaasgevind."
Die eerste rassebotsing in Suid-Afrika het pas na die volksplanting in 1652 plaasgevind toe swartes blankes van hul besittings begin beroof het. Dit was die begin van ‘n patroon wat toekomstige goeie rasseverhoudinge sou kelder. Waar die koloniste vandaan gekom het, was diefstal feitlik onbekend. Aan die suidpunt van Afrika moes hulle tot hulle skade ontdek dat die plaaslike bevolking 'n ingeburgerde roof-kultuur gehad het en dat hulle hul eiendom nooit veilig was nie. Roof sou voortaan die motief vir die meeste rassebotsings wees.
Die Hottentotte het wel met die koloniste handel gedryf, maar sodra sake afgehandel is, dikwels 'n dreigende houding ingeneem. Ten spyte van genoegsame grond tot hul beskikking, het die Hottentotte die grondgebied waarop die klein blanke nedersetting gevestig was telkens opgeëis. Eers nadat Jan van Riebeeck die plaaslike kaptein met geskenke gepaai het, is die spanning tydelik ontlont.
Alhoewel die Hottentotte altyd gereed was om eiendomsreg vir hulself op te eis, het hulle hul nie aan dié van ander gesteur nie. Op Sondag 19 Oktober 1653 het die Hottentotte die skamele veestapel van die koloniste beroof terwyl die koloniste 'n erediens in die fort bygewoon het. David Janz, 'n jong koloniste-seun wat as veewagter diens gedoen het, is in die rooftog wreed vermoor.
Hierdie patroon herhaal hom nog steeds. Duisende Boere het al hul lewens tydens rooftogte verloor. Die meeste daarvan het na die ontbanning van die ANC in Februarie 1990 plaasgevind. Blanke eiendom word gereeld op Sondae beroof terwyl die eienaars eredienste bywoon. Sommige is al selfs deur die booswigte ingewag en by hul tuiskoms aangerand of vermoor.
Die moord op die jong David Janz het die koloniste met weersin vervul. Hulle het die vyandige houding van die swartes nie begryp nie. Die koloniste het dan juis uit hul pad gegaan om goeie rasseverhoudinge te kweek. Wat die koloniste egter nie besef het nie, was dat die Hottentotte hulle welwillendheid as 'n teken van swakheid beskou het wat uitgebuit moes word.
Na die moord op die jong veewagter, het moord en roof 'n toenemende verskynsel aan die Kaap geword. Die koloniste se nare ervarings met die plaaslike swartes het spoedig ‘n onvermydelike rassekleur- en vooroordeel verkry. Wanneer swartes in die nabyheid was, het die koloniste geweet om vir hul besittings te keer!
Sedertdien het niks verander nie. .Met swartes in die nabyheid staar die Boervolk na meer as drie eeue nog steeds eiendoms- en lewensverlies in die gesig. Blankes word byvoorbeeld genoodsaak om hul eiendom met tralies en duur veiligheidstelsels te beveilig ten einde booswigte uit te hou. Die rustige blanke tuistes van die apartheidsjare het na die ontbanning van die ANC regte tuistronke geword.
Die koloniste het spoedig besef dat hulle baie anders as die plaaslike bevolking was. Hulle het geen geestelike of kulturele band met die swartes gehad nie. Hierdie andersheid was nie die gevolg van rasse-meerderwaardigheid of pigmentasie voorkeure nie, maar eerder ‘n Godgegewe andersheid en ongelykheid wat nie gelykgeskaaf of weggeredeneer kon word nie.
Diegene wat dit eeue later met die Bybel onder die arm wou wegredeneer en God se skeppingsverskeidenheid probeer gelykskaaf het, het vir die grootste rassepolarisasie in die Suid-Afrikaanse geskiedenis gesorg!
Die kontak tussen die Nederlandse volksplanters en die plaaslike swart bevolking het ‘n skerp skeiding tussen beskaafdes en onbeskaafde mense veroorsaak. Laasgenoemdes se gewelddadige lewenswyse was met wreedheid, plundering, diefstal en doodslag gevul wat hulle hemelsbreed van die beskaafdes met hul Bybelse norme en Europese lewens waardes laat verskil het.
Die koloniste moes hulle noodgedwonge in ‘n bedreigde wêreld tuismaak. Om te kon oorleef, was hulle genoodsaak om 'n duidelike skeidslyn met die barbare te handhaaf. Daar was net te veel onoorbrugbare verskille waarvan voorkoms die opvallendste was. 'n Permanente gebiedskeiding het relatiewe vrede verseker. Daar kon naasbestaan, maar nie saambestaan word nie.
Meer as drie eeue later is hierdie praktiese maatreël opgehef toe apartheid afgeskaf en ‘n vreedsame naasbestaan met ‘n fatale saambestaan vervang is. Mense wil nie uit die Bybel of hul volksgeskiedenis leer nie. Wat God geskei het (Deutr.32:8; Hand.17:26), durf geen mens saamvoeg nie. 'n Vreedsame saambestaan in 'n sogenaamde reënboognasie is 'n hersenskim!
Namate die Kompanjie se handel met die plaaslike swart bevolking toegeneem het, het diefstal ook toegeneem. Die vryburgerboere het die swaarste onder die diewe deurgeloop. ‘n Boer kon later nie meer sy rug draai nie, of alles, behalwe die baie swaar landbou-implemente is gesteel. Geroofde goedere moes ontbeer word omdat dit etlike maande geneem het om die geroofde goedere met ander uit Nederland te vervang. Daarbenewens het die meeste boere van die hand in die tand geleef, sodat daar nie geld vir vervanging was nie. Dit het talle boere genoodsaak om hul grond te verlaat.
Die roofsugtiges het die Kompanjie in 'n diplomatieke penarie laat beland. Enersyds moes daar ter wille van die koloniste se veiligheid hard teen die booswigte opgetree word. Andersyds moes goeie verhoudinge met die oog op toekomstige ruilhandel bevorder word. Daarsonder sou die verversingspos nie behoorlik funksioneer nie.
Die situasie het later so versleg dat 'n klompie boere 'n versoekskrif aan die Kompanjie oorhandig het waarin hulle dringende optrede teen die booswigte geëis het. Toe Symon In't Velt kort hierna op sy plaas aangeval en wreed vermoor is, was die gort gaar. Die Kompanjie was genoodsaak om ferm teen die booswigte op te tree ongeag die gevolge. Hierdie optrede staan in die geskiedenis as die Eerste Hottentot-oorlog aangeteken waarna ‘n tyd van relatiewe rus en vrede aangebreek het.
Symon In’t Velt was die eerste van duisende Suid-Afrikaanse boere wat aan die hand van swart booswigte gesterf het. Die grootste slagting het egter ná April 1994 plaasgevind toe meer as 1300 boere binne die eerste tien jaar van swart regering vermoor is. ’n Mens kan verstaan dat dit destyds voorgekom het toe die aanvallers barbare was. ‘n Mens verwag dit egter nie in vandag se veelgeroemde regverdiger bedeling nie. Is die swart moordenaars dan nog steeds barbare?
Kort nadat die koloniste korte mette met die rowers gemaak het, is die grondkwessie weer aangeroer. Die Hottentotte het weereens die grond waarop die nedersetting gevestig was vir hulself opgeëis. Teen hierdie tyd was Van Riebeeck keelvol vir die hebsugtige inboorlinge en het hom in geen onduidelike taal as volg uitgelaat:
"Julle het nou jul aanspraak op dié land in 'n oorlog verloor. Ons was genoodsaak om ‘n defensiewe oorlog teen julle te voer omdat julle gedurig ons vee steel en weier om dit terug te gee. Nou het ons die land met die swaard verower en is van voorneme om dit te behou" (Dinamies vertaal uit Dagregister 111, p.187).
Die vrede wat na die Eerste Hottentot-oorlog vir ‘n tyd lank aan die Kaap geheers het, is in 1672 versteur toe swart rowers drie boere vermoor, vee geroof en 'n plaashuis afgebrand het. Kort hierna is nog agt koloniste tydens 'n jagtog en ‘n verdere drie naby Saldanhabaai vermoor. Dit het die Tweede Hottentot-oorlog genoodsaak wat vier jaar lank geduur het.
Die vryburgers het ‘n ernstige tekort aan arbeiders gehad. Geskikte plaaslike werkslui was feitlik onverkrygbaar en van blanke arbeiders was daar uiteraard weinig sprake. Van Riebeeck het gehoop om Hottentotte as arbeiders in diens te neem, maar het gou geleer dat hulle niks van werk gehou het nie. Gevolglik is slawe uit Wes-Afrika ingevoer wat eerder ‘n las as ‘n gerief was. Ander het uit Indonesië en Madagaskar gekom.
Te min mense is woorde wat dwarsoor die geskiedenis van die Boerevolk geskryf kan word. Simon van der Stel (1679-1699) was een van die min goewerneurs wat hom vir blanke emigrasie beywer het. Die koms van die Franse Hugenote (1685) was juis aan hom te danke. Dit het die blanke bevolking aan die Kaap 'n hupstoot gegee en sinvolle gebiedsuitbreiding beteken.
Namate slawediens al hoe meer beskikbaar geword het, het koloniste handearbeid as benede hul waardigheid begin sien en geweier om hul hande te gebruik. Dit het 'n negatiewe invloed op die maatskaplike sowel as die ekonomiese lewe aan die Kaap gehad. Daarbenewens was slawediens alles behalwe voordelig. Gedwonge arbeid is nooit produktiewe arbeid nie. Die slawe het so veel tyd as moontlik aan so min werk as moontlik spandeer.
Die toenemende slawe getalle asook die andersheid van die plaaslike swart bevolking het die koloniste gaandeweg laat besef dat hulle tot 'n hoër ontwikkelde ras behoort het. Dit het spoedig in 'n aristokrasie ontwikkel wat 'n gevoel van trots en waardigheid ingeboesem het. Anderskleuriges het hulle ontuis in hierdie blanke wêreld gevoel sodat rassevermenging, alhoewel dit nie deur die Kompanjie verbied was nie, maar selde voorgekom het.
Ten spyte van die enorme stuk onontwikkelde grondgebied waaroor die Hottentotte beskik het, het hulle alle blanke gebiedsuitbreiding altyd heftig teengestaan. Hulle kon nie insien dat hierdie gebiedsuitbreiding ook vir hulle voordelig was nie. Hulle misplaaste haat jeens die blanke het alle rede oortref.
Ná die eerste pokke-epidemie (1713) waarin etlike duisende Hottentotte omgekom het, was hulle nie meer in staat om die blanke uitbreidings te keer nie. Die geweldige lewensverlies was hoofsaaklik aan hulle lae weerstandsvlak as gevolg van hul onhigiëniese lewenswyse te wyte. Na 'n tweede soortgelyke epidemie (1755) was hulle mag sodanig gebreek dat hulle nooit weer 'n noemenswaardige bedreiging ingehou het nie.