'BEURTKRAG' WAS NIE NODIG (15)

WAAR SUID-AFRIKA MET SY KERNPROGRAM VANDAG KON STAAN

Jeanette Koekemoer

Lees reeks by 'Beurtkrag' was nie nodig

Met dank aan dr R.A. Basson vir 'n groot deel van die inligting hierin vervat asook aan
A R Newby-Fraser

"Alhoewel hierdie inligting baie gespesifiseerd en moeilik verstaanbaar vir die leek is, is dit baie duidelik in watter staat van groei en vooruitgang die Republiek van Suid-Afrika onder 'n goeie blanke regering verkeer het. 'n Mens kan vandag in hierdie vervalle, kraglose, vuil en ineengestorte land kwalik glo dat ons eens op die hoogste kruin van ontwikkeling was en nie net ons eie land nie, maar ook ander wêrelddele sou kon voorsien van noodsaaklike middele."

Daar is dikwels beweer dat die belangrikste bydrae van kernenergie tot wêreldontwikkeling uit sy neweproduk, nl. die radionukliëde, sou spruit weens die wye gebied waarop hulle toepassing vind. Hulle word in die geneeskunde vir kliniese diagnose sowel as terapie gebruik; in die landbou vir die bestudering van die opname van voedingstowwe sowel as vir algemene grond-plantverhoudinge, om peste uit te roei en vir die kweek van nuwe en voordelige varieteite; in die nywerheid vir die meting van'n hele reeks veranderlikes soos dikte, digtheid, diepte en vogtigheid; vir inbaanontledings en aanlegbeheer; en hulle is onvervangbaar as hulpmiddele vir fundamentele navorsing. Massiewe bestralingsbronne word in kankerterapie, vir die sterilisering van mediese toerusting, vir die bewaring van voedsel, vir die behandeling van afloopwater en afvalwater en vir die wysiging van plastiekstowwe gebruik. Hierdie is slegs 'n aantal van die tallose toepassings om hierdie veelsydige stowwe vir die oplossing van probleme in te span.

Suid-Afrika het reeds op 'n baie vroeë stadium die moontlikhede van hierdie kragtige hulpmiddele ingesien en die eerste besending isotope vir biologiese navorsing is so lank gelede soos 1948 ingevoer. Alle soorte radionukliëde kon toe plaaslik geproduseer word en die groot aansporing hiervan het tot aktiewe navorsing op al die gebiede gelei waar toepassing potensiëel moontlik was, en in baie gevalle tot belangrike eerstelinge in wêreldnavorsing.

Dr Roux het dit na vore gebring toe hy in 1972 gesê het dat Suid-Afrika met die gebruik van radionukliëde en straling op die peil van die res van die beskaafde wêreld bly.  Dit is bewys deur 'n internasionale opname van nywerheidsbesparings wat deur die gebruik van radionukliëde gemaak is en wat deur die Internasionale Atoomenergieagentskap onderneem is.

Die eerste reaktorgeproduseerde isotope was presies een maand nadat SAFARI-1ingewy is, in Suid-Afrika beskikbaar en 'n beperkte produksieprogram is aangepak wat die nadruk op isotope met kort halveertye laat val het. Gedurende die volgende jaar is ongeveer 50 besendings radio-isotope, hoofsaaklik in die vorm van nie-draervrye preparate afgelewer. Ongeveer terselfdertyd is 'n opname gemaak om die omvang van die plaaslike vraag vas te stel, en kort daarna het 'n nasionale simposium plaasgevind met die hoofdoelstelling om potensiële gebruikers op die hoogte van sake met nuwe ontwikkelings op die groot gebied van isotooptoepassings te bring. Uit hierdie beskeie aanvang en met die ondervinding wat gedurende die eerste twee jaar opgedoen is, het 'n beter beeld van die rol wat isotoopproduksie in Suid-Afrika behoort te speel, na vore gekom. Gevolglik het die Raad'n beperkte uitbreiding van die bedrywighede gemagtig wat uit drie groot kamers, toegerus met aansienlik verbeterde handskoenkaste en selle wat met lood afgeskerm is, bestaan het. Die produksierooster kon toe op 'n georganiseerde grondslag geplaas word wat sterk verbeterde werksomstandighede meegebring het, maar die vinnig groeiende vraag na radio-isotope het spoedig 'n verdere uitbreiding van die isotoopproduksie-eenheid genoodsaak. Hierdie proses is deur die jare voortgesit en het daarop uitgeloop dat die isotoopproduksie-eenheid 'n volgroeide produksiegerief, met die beliggaming van heelwat ontwerpsfilosofie en die insluiting van 'n aansienlike hoeveelheid Franse toerusting was.

Laat in 1971 het 'n span van vyf topwetenskaplikes van die RAK 'n besoek aan Europa gebring om alle aspekte van warmselpraktyk te ondersoek. Dit het tot goedkeuring van die voorstel gelei om afsonderlike isotoopproduksiegeriewe te voorsien wat deur die RAK ontwerp sou word en onder sy toesig sou val. Kort daarna het die getal en soorte isotope wat in die bestaande geriewe vervaardig is, toegeneem en is die beplanning van 'n nuwe gebou aangepak. 'n Belangrike nuwe onderneming is begin toe 2,4 kg kobalt, in roesvrye staalhouers verseël, in die hart van SAFARI-1 geplaas is om 18 maande lank bestraal te word. Dit is daarna in 14 afsonderlike radio-aktiewe bronne vir gebruik in die pakkettebestralingsaanleg verdeel. Die totale aktiwiteit was 20 kCi. Dit was verreweg die grootste lot radio-isotope wat tot op daardie datum in Suid-Afrika vervaardig is. Hierdie rekord is in 1974, toe 30 kCi kobalt-60 geproduseer is, oortref en weer eens in 1977 met 100 kCi. Die plaaslike produksie van kobaltbronne het die ekonomie van die pakkettebestralingsdiens aanmerklik verbeter, onder andere as gevolg van besparings op die versendingskoste van die swaar bron-sarke na en van die voorsieners in Kanada.

Bykomend hierby is die roetineproduksie van natrium-24 en kalium-42 in die vorm van steriele, pirogeenvrye, isotoniese oplossings vir diagnostiese toepassings in die geneeskunde begin terwyl die ontwikkeling van prosedures vir die roetineproduksie van die medies belangrike isotoop, jodium-131, die gereelde voorsiening van hierdie isotoop vanaf 1973 moontlik gemaak het. Hierdie onderneming was so suksesvol dat dit teen die einde van die betrokke jaar moontlik was om die invoer van hierdie isotope uit die Verenigde Koninkryk te staak.

Afgesien van die massiewe kobaltbronne vir bestralingsgeriewe, is 'n aansienlike getal klein kobaltbronne vir gebruik in vlakhoogte- en diktemeters sowel as verskeie ander bronne soos kripton-85 vir rookspeurders, goud-198 en tantaal-182 vir stralingsterapie en argon-41 vir leksporing vervaardig. Dit het ook moontlik geword om isotope in 'n verskeidenheid chemiese vorms te voorsien soos chroom-51-etileendiamientetra-asetaat, en op 'n later stadium, roosbengaal en hippuraan wat met jodium-131 gemerk is. Laasgenoemde twee samestellings is vir die ondersoek van long- en nierfunksies belangrik en kon redelik goedkoop vervaardig word deur die surplus jodium te gebruik wat uit die jodium-131 produksiegerief gkom het.

Een van die belangrikste isotope wat op geneeskundige gebied gebruik word, is tegnesium-99m wat 'n produk van die radioaktiewe verval van molibdeen is. Dit kan met gerief in 'n klein apparaat gemaak word wat 'n moederbron genoem word. Hierdie opstelling bestaan uit 'n stamnuklied-volgprodukpaar (99Mo-99mTc) waarvan een 'n lang halveertyd bet (99Mo met ty = 67 h) en die ander voortbring (99mTc met t½ = 6 h). Die radioaktiwiteit van die stelsel verminder na gelang van die halveertyd van die stamnuklied en die bedryfsbeginsel berus op 'n eenvoudige ioonruilkolom om die nukliede te skei. Sodanige moederbronne wat op Pelindaba ontwikkel en geproduseer is, is die eerste keer in Julie 1974 op 'n proefgrondslag aan die Nasionale Hospitaal in Bloemfontein gelewer en daarna op roetinegrondslag. Later is sowat 25 moederbronne wat op Pelindaba geproduseer is, elke week na die belangrikste mediese sentrums versend. Meer as 90 % van die land se behoeftes is toe twee keer per week plaaslik berei en uitrusting was beskikbaar waarmee die gebruiker tegnesium in 'n verskeidenheid chemiese vorms, soos pirofosfaat wat in ondersoeke van been en lewer gebruik word, kon vervaardig.

Die oprigting van'n nuwe isotoopproduksiesentrum is in 1977 begin en die gebou is in 1979 oorhandig. Die sentrum was met die modernste apparaat toegerus en dit tesame met die deskundigheid wat oor die jare opgebou is, het dit die Eenheid in staat gestel om nog baie jare lank sukses met navorsing, ontwikkeling en die produksie van isotope te kon behaal. Die skouspelagtige groei van die Eenheid spreek daaruit dat 50 besendings met 'n totale aktiwiteit van 25 Ci in 1976 berei is terwyl die produksiesyfer slegs twee jaar later tot 3 400 besendings met 'n totale aktiwiteit van 300 Ci gestyg het. Die hoof van die eenheid skryf hierdie sukses toe aan herhaalde besoeke aan die buiteland, intensiewe marknavorsing, nouer skakeling met die gebruikers, selektiewe reklame, uitstekende ondersteunende dienste op Pelindaba en geesdriftige ondersteuning deur Bestuur.

Die WNNR het die produksie van radio-isotope met behulp van die reaktor in Suid-Afrika deur 'n aantal siklotrongeaktiveerde, neutronarme nuklieëde aangevul waarvoor daar 'n vraag in die binneland en buiteland was. Die vermoë om sodanige isotope te verskaf, sou wanneer 'n oopsektorsiklotron van 200 MeV in Wes-Kaapland in bedryf gestel word, beduidend verhoog word. Die WNNR en die RAK het baie jare lank ten nouste op hierdie gebied saamgewerk. Die Isotoopproduksie-eenheid het 'n positiewe bydrae in die vorm van deskundige advies oor hanterings- en prosesseringsprobleme, tot hierdie nuwe ontwikkeling gelewer.

Alhoewel hierdie inligting baie gespesifiseerd en moeilik verstaanbaar vir die leek is, is dit baie duidelik in watter staat van groei en vooruitgang die Republiek van Suid-Afrika onder 'n goeie blanke regering verkeer het. 'n Mens kan vandag in hierdie vervalle, kraglose, vuil en ineengestorte land kwalik glo dat ons eens op die hoogste kruin van ontwikkeling was en nie net ons eie land nie, maar ook ander wêrelddele sou kon voorsien van noodsaaklike middele.

Vervolg...