VERDRAAIDE REALITEIT

E. van Nantes

Die een voorgestelde wysigingswetsontwerp na die ander, het hierdie week se nuusberigte gekenmerk. Ja, selfverdediging en eiendomsreg het problematies geword, wat ‘n mens kan verstaan, siende dat die apartheidsera so goed gebou is dat dit die huidige regering nou reeds meer as 27 neem om dit af te breek.

Die eerste gedagte is dat die wetsontwerpe ten doel het om dit makliker te maak vir blankes om hulle hande op daardie HOP-huise met die hoë kwaliteit afwerkings te kry sonder vrees dat die eienaars daarvan bewapen sou wees, of om die een swart plaas na die ander te beset sonder enige noemenswaardige teëstribbeling.

Die ander gedagte is dat kommunisme, iets wat elke blanke nog altyd nagestreef het, uiteindelik ‘n realiteit gaan word.

Wat ‘n regering het ons nie! Nie net dra hulle elke blanke se welstand op die hart by wyse van verskeie wetgewing soos, dat ons darem 10% van die werksmag mag verteenwoordig en 49% van ons eie ondernemings mag behou nie, maar beskerm hulle ons, soos ‘n beer haar kleintjies, teen hierdie gevreesde Sjinese snotsiekte met een na die ander vlak van inperking. Inteendeel, die volle kompensasie wat ontvang is vir elke dag wat ons deure gesluit was as gevolg van hierdie inperkings, kan net beskryf word as ‘n onbaatsugtige liefde vir die blanke bevolking.

As blanke, met ‘n gemiddelde IK van 73, kan ek nie anders as om dankbaar te wees dat hierdie regering, met ‘n gemiddelde IK van 100, bereid is om so na my om te sien nie. Neem nou maar hoe hulle al die onbelangrike apartheidstrukture soos die poskantoor, Denel, spoorweë, ensovoorts ontbondel het, ten einde belastingverligtings te kon bewerkstellig, of hoe hulle hulself ingedoen het ten einde die vlerke van die SAL, tydens die geslote grense en geen-vlieg periode van die snotsiekte, trots uitgesprei te hou nie. Ten spyte daarvan dat my IK verstandelike vertraagdheid verteenwoordig, kan selfs ék nie die waarde van hierdie regering vir een oomblik betwyfel nie.

Die onverpoosde pogings van die regering om ons tuis te laat voel in die land deur ons terug te neem na ons spreekwoordelike wortels van ‘n “donker Afrika”, gaan ook nie ongesiens verby nie.

Die stelselmatige oorgang daarna, by wyse van die daaglikse kragonderbrekings, maak die afwagting net ondraaglik, maar verstaan ons dat die grootste deel van die bevolking stadig maar seker daaraan gewoond gemaak moet word ten einde paniek te voorkom.

Met elke “my fellow South Africans”-toespraak sit blankes vasgenael voor hulle TV’s om ‘n blik van hul beskermheer te verkry en hulle eenvoudig te verlustig in die intellektuele rykdom wat hy onbeperk oor ons almal uitgiet. Dis tye soos hierdie wat deur elkeen van ons gekoester word wanneer ons net weer besef hoeveel ons van die swartman kan leer. Ons is voorwaar bevoorreg.

Slaan ek my oë op na die Noorde, sien ek dat die VSA onder Biden, presies dieselfde doelwitte nastreef as “my dear leader”. Dáár word finansiële landbouhulp nou slegs aan swartes toegestaan, moet blankes hul eiendomme aan swartes afstaan as kompensasie vir vorige vergrype en word die “2nd amendment” daagliks aangeval.

Waarskuwings dat aanvalle op eiendomsreg en selfverdediging direk uit die kommunistiese handboek kom, word natuurlik deur die wêreld afgemaak as propaganda. Selfs die geskiedenis, naamlik dat ontwapening volksmoord voorafgaan, word geïgnoreer. Klaus Schwab van die World Economic Forum druk vir die “great reset” waarvan die logo is “you will own nothing and you will be happy”. Dit blyk dus dat ons regering in pas is met die res van die wêreld.

Vir die wie wakker is, gaan slaap nou vir ‘n slag want hier’s niks om te sien nie... ...of is daar?