LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
NP se Advies aan Amptenare- KRY HULLE MOEDELOOS EN PRAAT HULLE BANG
30 Maart 1983’n Opspraakwekkende dokument uit die Nasionale Party se hoofkantoor met opdragte aan organiseerders en ander amptenare vir die komende tussenverkiesing bevestig bo alle twyfel hoe desperaat die NP is en hoe die taktiek van bang praat en vreesaanjaging gevolg gaan word om die kiesers agter die party te probeer monster.
Die dokument het die afgelope week in die hande van DIE AFRIKANER beland. Dit lewer verdoemende getuienis van die NP se taktiek om die Swart getalle-oorwig, die sg, kommunistiese aanslag en die vyandskap van Swart state en die Weste te gebruik om soveel vrees by die Blanke te wek dat toegee aan eise en druk as die enigste alternatief vir Suid-Afrika gesien moet word.
“Kry hom moedeloos oor getalsoorwig en bring hom tot instemming met Kissinger se advies”, is die opdrag in die dokument aan NP-organiseerders en -amptenare.
Uit die dokument blyk duidelik dat die NP sy amptenare oplei om ’n gees van mismoedigheid by Blankes te laat posvat, sodat hulle geen ander oplossing kan voorsien as die toegewings aan Nieblankes en die buiteland wat die Regering voorstaan nie.
Dit is ’n gedrukte stuk wat as handleiding moet dien vir NP-amptenare wanneer hulle kiesers besoek om hulle tot mnr. PW Botha se hervormingsbeleid te oorreed. Dit het in die besit van DIE AFRIKANER gekom na ’n onlangse konferensie van die NP waar die stuk gebruik is in die opleiding van party-amptenare. Dit gee ’n breë raamwerk van die argumente wat gebruik moet word om kiesers tot die Regering se standpunt te indoktrineer dat daar geen ander uitweg is as om toe te gee aan Nieblanke en buitelandse eise nie.
Die Hoofsekretaris van die NP in Transvaal, dr. Jannie Pieterse, het die afgelope week op ’n vergadering die gasspreker, mnr. Chris Heunis, laat ontken dat so ’n dokument bestaan, hoewel DIE AFRIKANER 2 kopieë daarvan in sy besit het. Die konferensie waar dit die eerste keer behandel is, was by Hartebeespoortdam.
Die Transvaalse leier van die NP, mnr. FW de Klerk, het as voorsitter op die konferensie opgetree, terwyl die hoofspreker sy broer, dr. Willem de Klerk, was. Hy is nou as redakteur van Rapport aangestel nadat hy verlede jaar deur Die Transvaler uit ’n soortgelyke pos afgedank is.
In die raamwerk word die hele proses van hoe die kieser tot aanvaarding van regeringsbeleid geïndoktrineer moet word, stap vir stap uiteengesit. Elke keer word sekere “werklikhede” gelys wat in gesprekke gebruik moet word en daarna die gemoedstoestand of standpunt waartoe die kieser geïndoktrineer moet word.
So word blatant uiteengesit dat statistiek oor die Swart getalle-oorwig en die verwagte groot verdere toename gebruik moet word met die volgende doel: “Kry hom moedeloos oor getalsoorwig”, en dan: “Kry hom tot instemming dat die opkoms van swart en bruin onkeerbaar is.”
Volgens die NP-dokument moet “Westerse druk” gebruik word om die kieser “tot instemming met Kissinger se advies” te bring nadat hy ook hiermee die skrik op die lyf gejaag is om in te stem dat:
“• Ons is geïnternasionaliseer.
“• Ons is wondbaar.
“• Sonder bondgenote kan ons nie.”
Deur die hele dokument is daar ’n patroon dat kiesers so met vreesaanjaende “werklikhede” bang gepraat moet word dat enige ander uitweg as toegewing aan eise onmoontlik lyk.
So is die taktiek nadat “kommunistiese vordering in Suid-Afrika” asook die kommuniste se “agenda” en metodes in geur en kleur geskets is: “Vra hom: hoe veg mens teen so ’n aanslag?” Weereens moet die kiesers dan oortuig word dat die oplossing is om aan Nieblanke eise toe te gee. Of soos die NP dokument dit stel: “Bring hom tot insig dat die teelaarde vir Kommunisme, nl. politieke/maatskaplike toestande reggestel moet word.”
Die voorskrif van die NP oor Swart eise soos die afskaffing van diskriminasie, mede-besitreg in Blanke gebied en politieke deelname en ook die eise van Kleurlinge en Indiërs, is dat party-amptenare dit moet gebruik om “hom” (die kieser) te kry “om te erken dat eise nie geïgnoreer kan word nie” en “in te stem dat tuisland-oplossings nie die hele oplossing is nie.”
Daarna moet die kieser gekry word “om te erken dat skikking nodig is sonder dat ons ons regte en magte afgee.” Hoe dit moet geskied “sonder dat ons ons regte en magte afgee”, vind die opleidingstuk van die NP nie nodig om te vermeld nie.
“Afrika-aggressie” en Swart buurstate se “eise insake apartheid” en “hulle moontlike wegbreek van ons”, moet weer gebruik word om die kieser “tot instemming te bring” dat ons ons moet “aanvaarbaar” en “onmisbaar” maak in Afrika.
Vervolg...
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (4)
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
NP se Advies aan Amptenare- KRY HULLE MOEDELOOS EN PRAAT HULLE BANG
30 Maart 1983
’n Opspraakwekkende dokument uit die Nasionale Party se hoofkantoor met opdragte aan organiseerders en ander amptenare vir die komende tussenverkiesing bevestig bo alle twyfel hoe desperaat die NP is en hoe die taktiek van bang praat en vreesaanjaging gevolg gaan word om die kiesers agter die party te probeer monster.