LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
“Dit was Vorster wat deur sy arbeidswetgewing begin het om die werksplek van die Afrikaner te integreer, en so die pad geopen het vir die beleid van “regstellende” aksie waardeur die Afrikaner vandag uit sy beroepsveld verdryf word en vervang word deur onbevoegde swartes. Dit was ook Vorster wat verantwoordelik was vir die uitverkoping van Rhodesië, Suidwes-Afrika, Mosambiek en Angola.”
RADIO PRETORIA VERDRAAI FEITE OOR JOHN VORSTER, INLIGTINGSKANDAAL
17 April 1998
IN ’n uiters skeefgetrekte Nuuskommentaar op Woensdag 15 April het Radio Pretoria doelbewus die feite oor die verraad van John Vorster en die Inligtingskandaal verdraai om die indruk te wek dat PW Botha die eerste premier was wat die pad van Afrikanernasionalisme verlaat het, en dat dit hy was wat op onregverdige wyse van John Vorster en Connie Mulder ontslae geraak het.
Van die merkwaardigste opmerkings wat in hierdie Nuuskommentaar gemaak word, is dat drs. Connie Mulder en Eschel Rhoodie onskuldig was, en groot moeite en onkoste gehad het om hulle name weer “skoon” te kry. PW Botha word verantwoordelik gehou vir die situasie waarin hulle beland het, deurdat Connie Mulder “sy hele gratifikasie moes opgebruik” omdat PW Botha hom regshulp geweier het, “al was sy optrede uit hoofde van sy amp”, en Eschel Rhoodie as enigste aangeklaagde in die hof, onskuldig bevind is, maar nooit vir sy regskoste vergoed is nie.
Geen melding word in hierdie Nuuskommentaar gemaak van die onetiese optrede van die NP-regering onder Vorster en Mulder om ’n Engelse partykoerant, die Citizen met staatsfondse te stig om as die NP se amptelike mondstuk op te tree nie.
Radio Pretoria vra slegs: “Wat was dan so skandalig aan die inligtingsaak? Dat belastinggeld gebruik is om Suid-Afrika se beeld in die buiteland te verbeter? Was dit dan nie ’n absolute noodsaaklikheid nie?” Daardeur word doelbewus feite verdraai deurdat voorgegee word dat die Inligtingskandaal slegs ’n buitelandse doel gehad het, naamlik om Suid-Afrika se beeld te verbeter. Die eensydige bevoordeling van die “Nasionale” Party deur die oprigting van ’n partypolitieke mondstuk met belastingbetalers se geld om teen teenstanders te velde te trek met hulle eie geld, word sorgvuldig verswyg. Daar word ook nie vermeld dat die kabinetskomitee van drie, wat die hele Inligtingsaksie hanteer het, bestaan het uit John Vorster, Connie Mulder en eers Nic Diederichs en later Owen Horwood nie.
’n Verdere historiese fout wat in Nuuskommentaar gemaak word, is dat “meneer Botha die inligtingsdebakel gebruik het om van sy politieke opponente ontslae te raak”. Daar word vermeld dat Connie Mulder die NP se kroonprins was om Vorster op te volg, en voeg daaraan toe: “Met uitgeslape manipulasie van die Erasmuskommissie wat eers dr. Mulder van alle blaam onthef het, en kort daarna ’n totale ommeswaai gemaak het met ’n teenstellende uitspraak, is dr. Mulder in die hondehok (sic) gejaag en het mnr. Botha op 28 September aan bewind gekom. Voor die einde van dieselfde jaar is met advokaat John Vorster klaargespeel deur hom, binne nege maande nadat hy die amp van staatspresident aanvaar het, te dwing om te bedank.”
Hier word belangrike chronologiese foute gemaak. Toe PW Botha verkies is, was hy en Connie Mulder kandidate vir die premierskap, en was dit nie binne Botha se vermoë om sake te “manipuleer” nie, bloot om die eenvoudige rede dat PW Botha nog nie oor die mag beskik het nie. Dit was adv. Rut van Rooyen en Pik Botha wat die LVs ingelig het dat Connie Mulder betrokke was by die Inligtingskandaal, en hy derhalwe die verkiesing verloor het. Die Erasmus-verslag het eers later te berde gekom, en dit was eers na die derde verslag dat PW Botha Vorster daarmee gekonfronteer het, en hom gedwing het om te bedank.
Wat ook deur Radio Pretoria uit die oog verloor word, is dat nadat John Vorster as gevolg van sy skandalige optrede gedwing is om as Eerste Minister te bedank, hy agter die Staatspresidentskap gaan wegkruip het, in die waan dat hy nie daar uitgeskop sou kon word nie. Dit is uit hierdie amp dat PW Botha hom gedwing het om pad te gee na die verdoemende Erasmusverslag. Nie uit die Eerste Ministerskap nie.
Radio Pretoria tas verder mis waar daar vermeld word dat Connie Mulder “met uitgeslape manipulasie van die Erasmuskommissie” eers van alle blaam onthef is, en kort daarna deur ’n totale ommeswaai uit sy politieke loopbaan verjaag is. Die feit is dat regter Erasmus in sy eerste twee verslae nog nie by die volle waarheid uitgekom het nie. Daar is bevind dat, tipies volgens NP se korrupte bestuurstyl, alle pogings aangewend is om die hele Inligtingskandaal toe te smeer. Na elke verslag was daar egter soveel vrae dat regter Erasmus uiteindelik nie daarmee kon volhou nie, en met die derde verslag met die volle sak patats vorendag gekom het. Dit was dus nie ’n situasie dat regter Erasmus ’n “totale ommeswaai” gemaak het nie, maar dat hy so lank gevat het om by die volle waarheid uit te kom.
En toe is bewys dat John Vorster, Connie Mulder, Eschel Rhoodie en Lang-Hendrik van den Berg totaal korrup was, en nie bevoeg om in enige openbare amp te dien nie.
Toe rnoes hulle loop.
Waar Radio Pretoria wel reg is, is dat PW Botha op wonderbaarlike wyse daarin geslaag het om ook onthoofding oor sy rol in die Inligtingskandaal vry te spring. Die grootste bedrae wat toegeken is aan geheime fondse, het gekom uit sy Verdedigingsbegroting. Op een of ander wyse het hy daarin geslaag om die indruk te skep dat hy totaal onkundig daaroor was, en dus nie daarvoor verantwoordelik gehou kon word nie.
Dit beteken egter nie omdat hy losgekom het, dat John Vorster, Connie Mulder, Eschel Rhoodie en Lang-Hendrik van den Berg onskuldig was nie. Inteendeel!
Die gedagte duik onwillekeurig op of die merietelose ophemeling van Connie Mulder nie iets te make het met die feit dat sy twee seuns, Pieter en Corne, vandag ’n hoë politieke profiel geniet as leiersfigure in die Vryheidsfront van genl. Constand Viljoen nie.
Net so ’n groot mistasting van Radio Pretoria is waar beweer word: “Boere-Afrikaners (sic) weier om te vergeet dat meneer Botha by uitstek die man is wat afsonderlike ontwikkeling laat misluk het selfs nog voordat hy ’n alternatief gehad het, soos sy later sogenaamde gesonde magsdeling. Hy het met die drakoniese magte waarmee hy die presidentskap omhul het, die weg gebaan vir hensoppers soos meneer FW de Klerk om die land sonder slag of stoot weg te gee.”
Hierdeur word die rol van John Vorster as eerste hensopper en verraaier van Afrikanernasionalisme totaal ontken. Radio Pretoria vergeet dat dit John Vorster is wat die eerste hou na afsonderlike ontwikkeling gemik het deur sy veelrassige sportbeleid. Dit was reeds hy wat begin het met die aftakeling van die tuislandbeleid wat dit later geheel onmoontlik gemaak het om dit verder toe tepas, en die illusie geskep is dat dit ’n onuitvoerbare beleid was. Dit was hy wat deur sy arbeidswetgewing begin het om die werksplek van die Afrikaner te integreer, en so die pad geopen het vir die beleid van “regstellende” aksie waardeur die Afrikaner vandag uit sy beroepsveld verdryf word en vervang word deur onbevoegde swartes. Die Riekert- en Wiehahn- verslae van 1979 was hiervoor verantwoordelik.
Pik Botha, Vorster se ambassadeur in die VSA en die WO, het so vroeg as 1974 dit as amptelike NP-beleid uitgespel om “weg te beweeg van diskriminasie”. Hy het nooit laat blyk wat in die plek van hierdie beleid gestel moet word nie.
Dit was ook Vorster wat verantwoordelik was vir die uitverkoping van Rhodesië, Suidwes-Afrika, Mosambiek en Angola.
Radio Pretoria tas verder mis waar beweer word dat PW Botha verantwoordelik was vir “sogenaamde gesonde magsdeling”. Dit was John Vorster wat in 1977 met sy Driekamerparlement-voorstelle dit aan die gang gesit het.
HNP’s landwyd het NP-LP’s gaan spreek om hulle hierteen te waarsku. HNP-Waterbergers het in 1977 persoonlik met dr. Andries Treurnicht gaan praat om hom daarteen te waarsku. Hy was toentertyd leier van die NP in Transvaal, maar het hom nie aan hierdie waarskuwings gesteur nie.
Maar in 1982, vyf jaar later, skeur hy die NP omdat die NP onder PW Botha skielik, uit die bloute, begin het met ‘n beleid van “sogenaamde gesonde magsdeling”!
Dit was John Vorster en Connie Mulder wat die weg gebaan het “vir hensoppers soos meneer FW de Klerk om die land sonder slag of stoot weg te gee”. PW Botha het net daarop voortgebou.
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (31)
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
“Dit was hy wat deur sy arbeidswetgewing begin het om die werksplek van die Afrikaner te integreer, en so die pad geopen het vir die beleid van “regstellende” aksie waardeur die Afrikaner vandag uit sy beroepsveld verdryf word en vervang word deur onbevoegde swartes. Dit was ook Vorster wat verantwoordelik was vir die uitverkoping van Rhodesië, Suidwes-Afrika, Mosambiek en Angola.”