STAKINGS VERNIETIG SA

Kultuur van stakings in SA is vernietigend

Meinhard Peters

                                      Lees meer by OORSIG EN REPLIEK                           

Skryf in vir die gereelde gratis volledige uitgawes by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die ANC-alliansie het sedert 1994 ‘n vreemde sosialistiese strategie gevestig: as jy ontevrede is met enigiets kan jy met die ANC-leiers praat, maar jy moet terselfdertyd betoog, toyi-toyi, paaie versper, winkels besteel, en geboue afbrand om die erns van jou saak te bewys, anders word daar eenvoudig nie na jou geluister nie. Dit is hoe die meeste vakbonde en die swart werkers in die algemeen die politieke proses in die nuwe Suid-Afrika verstaan.

Die reg om te staak en die reg om te protesteer is die wese van die demokrasie – so word dit uit die oogpunt van die nuwe magselite gestel. Dit is uiteraard ‘n selfvernietigende strategie wat

tot miljarde rande se skade en die dood van honderde mense in ons land gelei het. Wat die ANC natuurlik nie in berekening gebring het nie is dat dié strategie deur sy opponente oorgeneem sou word en teen die ANC self aangewend sou word – soos wat ons sien in die geval van die EFF.

Die geweld wat by Mooirivier in Natal gepleeg is, het hierdie tragiese situasie treffend in die kollig geplaas. Dosyne van die geweldenaars is wel gearresteer vir saakbeskadiging, maar dit blyk dat die die mense wat die vragmotors aan die brand gesteek het in werklikheid self vrag-motorbestuurders is, mense wat dink dat hulle sodoende hul eise vir hoër lone kan ondersteun. In baie van die dienstebetogings word kosbare infrastruktuur beskadig. Die boosdoeners dink dat hulle daardeur hulle eise vir beter dienste en infrastruktuur kan versterk. Die belaglike redenasie is: jy vernietig die bates van jou gemeenskap (administratiewe geboue, biblioteke, klinieke, skole of vulstasies) om jou eis vir fasiliteite te onderstreep!

Die versetpolitiek wat aangewend is teen die blanke bewind in die “struggle-era” word nou aangewend teen die swart bewind; en dit gebeur in munisipaliteite, provinsies en in verskillende dienstesektore. By die Johannesburgse akademiese hospitaal het verpleegsters in die begin van Meimaand in anargistiese protes losgebreek. Hulle het mediese afval oor die vloere gestrooi, pasiënte geteister en toerusting gebreek. Alles gebeur op die patroon van “Ons breek en eis, en julle moet regmaak en betaal.” Griewe word omgesit in geweld, in ooreenstemming met die kultuur wat deur die ANC oor dekades in die denkwêreld van die swart bevolking gevestig is.