NOG MISLUKTE STAATSHOSPITALE

Gesondheidsorg in die Vrystaat verkeer in ’n krisis

Meinhard Peters

Lees meer by OORSIG EN REPLIEK  

Skryf in vir die gereelde gratis volledige uitgawes by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die swak bestuur van gesondheid is reeds landwyd in ’n krisis. Staatshospitale haal gereeld die nuus oor die agteruitgang van hul dienste en die verwaarlosing van fasiliteite. Een van die eerste mikpunte wat die regering vir sy ministeriële kommissie in Noordwes gestel het, was om weer orde te probeer skep in die disfunksionele en korrupte gesondheidsdienste in dié provinsie. Hierdie dienste is dan ook “onder administrasie” geplaas.

 

Gedurende Aprilmaand vanjaar is ’n protes in Bloemfontein gehou deur die Demokratiese Organisasie vir Verpleegkundiges (Denosa). Hulle het ’n beroep op die nasionale gesondheidsdepartement gedoen om in te gryp in die situasie wat hulle die “voortslepende krisis in gesondheidsorg” in die Vrystaat genoem het. Dit kom neer op ’n pleidooi dat gesondheid “onder administrasie geplaas” moet word, en getuig van die mislukking van provinsiale regerings in die land.

Die fokus van dié versoek het veral geval op toestande by die Pelonomie-hospitaal in Bloemfontein. Onder die ernstige probleme wat ondervind word is ’n tekort aan personeel, en gevolglik word pasiënte nie na behore versorg nie. Veral in die kraamafdeling gaan sake blykbaar besonder sleg omdat daar nie aandag aan die verpleegsters se klagtes of besware gegee word nie — dit, ten spyte van die feit dat daar ’n ooreenkoms verlede jaar bereik is waarin die nasionale regering steun en drastiese optrede belowe het. Die verspleegsters word beskuldig van swak dienste en selfs sterftes in die kraamafdeling terwyl poste vir verpleegpersoneel nie gevul word nie. Denosa se beswaar is dat niks aan die kritieke probleme gedoen word nie. Daar is ook tekorte aan medikasie wat risiko’s vir pasiënte veroorsaak.