Suid-Afrika in dryfsand van barbaarse geweld
Meinhard Peters
Lees meer by OORSIG EN REPLIEK
Skryf in vir die gereelde gratis volledige uitgawes by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Suid-Afrika word vandag gekenmerk deur gebruikerstakings wat met geweld en plundering gepaardgaan, deur looneise wat insgelyks met stakings en geweld gepaard gaan, deur grondbesettings en grondeise wat ook met geweld en plundering gepaard gaan, en deur ’n stygende spiraal van rooftogte wat al hoe meer gewelddadig raak. Voeg hierby politieke sluipmoorde, die wrede moorde op boere, onderlinge skietery tussen taxi-operateurs, padversperrings, voertuig-skakings, bendegeweld, dwelmsmokkelary en faksiegevegte binne die ANC.
Korrupsie in die range van die polisie word nou openlik deur die ANC erken. Vertroue in wetstoepassers is op ’n laagtepunt ten spyte van die ondernemings en beloftes van die nuwe minister van polisie, Bheke Cele. Te midde van hierdie chaotiese en gevaarlike toestand het die uitspraak van die grondwetlike hof teen die aansoek van die Jagtersvereniging van Suid-Afrika in verband met vuurwapenlisensie algehele onsekerheid oor die status van wapens geskep, ’n situasie waaraan die misdadigers hulle natuurlik min steur. Maar die publiek, wat hulself moet beskerm teen geweld, word nou in ’n uiters swak posisie plaas. Verskeie vertoë word tans tot die owerhede gerig; en die minister van polisie het reeds ’n wysiging van amnestiereëlings in die vooruitsig gestel. Die goue reël sal wees om nie oorhaastig van kritieke wapens vir selfverdediging ontslae te raak nie, sê kenners op hierdie gebied.