VOLKSREGERING (5)

Lees reeks by VOLKSREGERING

Natuurlik   –   Doelmatig

Beskrywing  van  die  enigste regverdige  politieke  bedeling

vir  enige  volk,  hetsy klein  in  getalle  of  groot

 

Dirk  Denker

APARTHEID  DUIDELIK

Apartheid is nie 'n gier nie, maar 'n fondament waarop gebou word tot voordeel van alle rassegroepe of volke, minderhede en meerderhede. Trouens, die swakkere word teen die sterkere beskerm, hetsy weens getalle of op ander terreine van die samelewing waar een volk verder ontwikkeld is as 'n ander. Elke volkslid (burger) werk vir homself en sy volk sodat daar nie plek vir leeglêers is nie. Ons weet ledigheid is die duiwel se oorkussing.

Weerstand teen apartheid is bloot afbrekende politiek om 'n stok te vind om oproer te veroorsaak om eie gewin te bevorder en nie omdat daar fout met die beginsel gevind kan word nie.

Dat tans gesê word dat die apartheidstelsel nooit beskryf was nie en onduidelik is, is onbegryplik. As hy sê dat hy hoor hoe daar oor apartheid gepraat word, maar nie weet wat dit is nie, is hy moedswillig. As iemand eerlik en ingelig wil wees, moet hy die talle amptelike toesprake lees waar apartheid duidelik uiteengesit is, soos onder andere:

> Toespraak in die Senaat, 3 September 1948

> Toespraak voor die Naturelle–Verteenwoordigende Raad, op 5 Desember 1950

> Toepraak in die Senaat, 30 Mei 1952

Verskeie soortgelyke toesprake is sedertdien aan landgenote gestel. In hierdie toesprake is ook verskuiwings in woonplek of werksomstandighede wat sonder meer as nadelig voorgehou word, weerlê, omdat dit groot voordele vir almal inhou. Menigvuldige ander voordele van apartheid is ook daarin vervat. Elke volksregering moet toesien dat die opbou van sy volk binne sy gebied so geskied dat dit op allerlei sfere van die lewe werk en kanse gee.

In teenstelling met apartheid gebruik kommuniste en ander onnadenkendes die woord demokrasie in aansluiting tot 'n sterk outokratiese stelsel, dog in apartheid beteken demokrasie dat die volk se stem regeer, dat die volk besluit watter regering hulle vir hulself wil hê en dat die volksregering onderhewig is aan die behoud van die vertroue van die volk wat hom sal verwerp as hy probeer om hulle regte te verontagsaam of in enige vorm te ontneem. Let wel, hier word verwys na 'n afsonderlike volk se binnekring en nie na volke wat saam regeer en mekaar met getalle oorheers nie.

Apartheid berus op 'n duidelike en openlike beplanning van werksaamhede waar geen plek vir bybedoelings bestaan nie; geen rede vir opstand van enige volkgenote teenoor hulle eie regering oor verdrukking van taal en regte nie.

'n Federasie is 'n vorm van gemengde regering waar nie slegs die enkelinge van die volk met die grootste getal regeer nie, maar onderskeie volke groepe kan vorm om 'n bepaalde volk te oorheers. Volke kan nie oordeel oor wat reg of verkeerd is in die huishoudelike beleid van 'n ander volk nie omdat kultuurbegrippe van mekaar verskil.

Die huisgesin in apartheid is die grondslag (boustene) van 'n gedissiplineerde eerlike beginselvaste volk. Elke volk is verantwoordelik vir bewaring van sy eie nalatenskap. Alleen 'n liggaam uit die volk self kan hierdie taak verrig. Sake-ondernemings wat op die sentiment van hulle volke van 'n gesamentlike regering steun verwag, versamel hulle rykdomme vir eie gewin en nie tot beswil van ander volke nie. 'n Natuurlike verskynsel. Apartheid verhinder eiegeregtigheid en bevorder volksbelang. Die swaarkry sowel as die suksesse is by hierdie bewaring van eie nalatenskap ingesluit.

Integrasie beteken dat die ineenvlegting van vermenging op een gebied ineenvlegting op alle gebiede meebring. Na ekonomiese integrasie volg sosiale en woonplek-integrasie en dan politieke integrasie wat oorloop tot rassewrywing omdat apartheid wat die volkseie beskerm, verlore raak. Integrasie het betrekking op mense en nie op goedere of produkte nie.

Waar daar verskille in getalle bestaan, kan daar geen gelyke regte in vermenging wees nie. Die volk wat uit 30 miljoen volkgenote bestaan, sal altyd die volk met minder volkgenote uitstem. Soos in die paragraaf hiervoor gestel, sal die kleiner volk noodwendig tot drastiese stappe moet oorgaan. In so 'n geval is die werklike vrye stembus nutteloos en ondemokraties onderdrukkend, aldus is integrasie of volkvermenging 'n outokratiese bedeling (onderdrukking) wat loodreg teenoor die apartheidregeerstelsel en vryheid staan. Mense wat die apartheidbeleid teenstaan veroorsaak steurnis en wanorde en doen ander volke 'n ondiens aan.

Tog weier teenstanders van apartheid om hulself as 'n eie volk in dieselfde posisie te stel om mettertyd te verdwyn soos hulle van ander vereis. Hulle het òf nie diepte-insig nie òf openbaar kwade bedoelings en is selfsugtig.