Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
APARTHEID ̶ TOTIUS VERVOLG
In natuurlike opsig was daar nog wel ligpunte. En nou gaan ek aanhaal die kostelike woorde wat my ontslape vriend, dr H C M Fourie, 'n man wat die naturel deur-en-deur geken het, in sy opstel oor "Ons houding teenoor die Naturel" skrywe. Hy gaan uit van die Skrifgedagte wat alreeds ontwikkel is, naamlik dat God geen eenvormigheid nie maar veelvuldigheid van nasies gewil het.
Dan sê hy: "Dikwels het manne oor hulle geheers en aan hulle wette voorgeskrywe wat die grootste deel van die naturelle nie verstaan nie. Jammer vir die naturelle en jammer vir S A. Die naturelle verskil nou eenmaal van al die ander nasies. Dit is nie iets vreesliks nie. Vir bekrompe en dom mense is dit natuurlik 'n verbysterende feit. Maar dit is heeltemal natuurlik. Dit moet so wees. Ook in hulle kom die veelvormigheid van menslike lewensuitinge en die verskeidenheid van menslike lewensvorme tot openbaring. Hulle vertoon 'n eienaardige tipe in die menslike natuur".
En nou na die donker eeue, gaan God iets wonderbaars in die geskiedenis teweegbring. Die Boerenasie, 'n nuwe tipe, ontstaan uit 'n wonderbare samevloeiing van bloed, klop aan die donker poort. Hulle was gewapen met 'n oortuiging wat van hoëre herkoms is:
(1) Hulle was as Bybelgelowiges oortuig dat God in sy voorsienigheid nasies in die aansyn kan roep.
(2) Hulle was oortuig dat hulle wonderbaarlik geword het en dat dié wordingsproses hom nie herhaal het nie.
(3) Hulle was oortuig dat hulle as nasie moet voortbestaan om die wonder van God tot in lengte van dae te verkondig.
(4) Hulle was oortuig dat hulle 'n roeping het vir Afrika: Die lig wat in die noorde uitgedoof is, moet as fakkel uit die suide weer ingedra word.
(5) Hulle was oortuig dat hulle Trek ooreenkomstig die bestel van God was.
(6) Hulle was oortuig dat die naturel as eie tipe bestaan en dat in en uit sy aanleg geen Hollandse of Engelse kultuur geskep moet word nie.
(7) Hulle het gegroei in die oortuiging dat uit die naturel geen Hollandse of Engelse Christen gemaak moet word nie. In die Christelike kerk sal hy sy eie tipe verteenwoordig.
Uit dit alles trek ek hierdie konklusies:
Ten eerste, wat God saamgevoeg het, moet die mens nie skei nie. Dit is die kern van ons pleidooi vir volkseenheid. Wee oor ons as ons toelaat dat 'n wig in ons eenheid ingedryf word; en wee oor hulle wat ons wil verdeel. Ten tweede mag ons ook nie saamvoeg wat God geskei het nie. In die pluriformaliteit word die raad van God verwerklik. Die hoëre eenheid lê in Christus en is geestelik van aard. Gevolglik wil ons geen gelykstelling en ook geen verbastering nie. En dit is nie maar uitwendige kleursel nie, maar dieper lê 'n "geestelike aanlegverskil" soos Waardenburg opmerk in verband met die stryd tussen Ariër en nie-Ariër.
Hoeseer die Skrif teen alle onnatuurlike vermenging gekant is, blyk uit die burgerlike wette deur Moses op die bevel van God gegee: "Jy mag in jou wingerd nie twee soorte saad saai nie. Jy mag nie met 'n os en 'n esel tegelyk ploeg nie. Jy mag geen gemengde stof, wol en linne tegelyk aantrek nie". (Deut 22:9-11). Volgens die parallelle plek in Lev 19:19 waarby Strack aanteken: "God het die diere sowel as die plante elkeen na sy soort geskape. Hierdie in die natuur bestaande ordening moet in ag geneem word."
Hoewel die mens slegs een soort is, is die blanke en naturel so ver van mekaar verwyder dat 'n huwelik tussen twee inderdaad 'n mengsel genoem kan word. Hier geld die woord van die Here by die skepping van Eva uitgespreek. "Ek sal vir hom (vir die man) 'n hulp maak wat by hom pas". (Gen 2:18).
Ons bring dan ook eresaluut aan ons stamouers wat hierdie soort ding (rasvermenging) as 'n gruwel vermy het. Sodoende het hulle voorkom dat ons gaandeweg in die swart moeras versink het. Sodoende het die bestel van God met ons volk sy vervulling bereik. Laat ons dankbaar wees dat God hierdie intuïtiewe insig in die harte van ons vaders gewek het. Anders het die blanke verdwyn en die naturel was nie gebaat nie."
Einde van Totius se referaat wat God se woord verklaar het.