VOLKSREGERING (13)

Lees reeks by VOLKSREGERING

Natuurlik   –   Doelmatig

Beskrywing  van  die  enigste regverdige  politieke  bedeling

vir  enige  volk,  hetsy klein  in  getalle  of  groot

 

Dirk  Denker

VESTIGING  VAN  VOLKE  IN  SUIDELIKE  AFRIKA

Sedert 1652 het Europeërs 'n volksplanting aan die suidpunt van Afrika aan die gang gesit. Wat hulle as 'n groep saamgebind het, was veral hulle eendersheid in godsdienstige geloof waaroor hulle in beginsel baie ernstig was, asook eendersheid in kultuur. Nederlanders het hierheen gekom om 'n lewensaar vir die skeepvaart te voorsien. Franse wat ter wille van hulle Calvinistiese geloof na Nederland gevlug het, is gekeur en hierheen uitgenooi. Duitsers, hoofsaaklik soldate, wat moeilik werk in Duitsland kon vind, deels weens hulle protestantse geloof, is ook verwelkom. In die Kaap het hulle geesgenote gevind en daarom gemaklik en vreedsaam by die Nederlanders se godsdiens, taal en kultuur ingeskakel. Hoewel Nederlands die hooftaal was, het die Duitsers en Franse ook bydraes gelewer tot die totstandkoming van Afrikaans en is 'n nuwe inheemse taal ontwikkel.

Jan van Riebeeck het die wysheid aan die dag gelê om te besef dat die drie genoemde volke in alle opsigte dieselfde geloof en beginsels gehandhaaf het met soortgelyke agtergronde.

Daarby het hy besef dat die rondtrekkende nomades wat nie grondeienaars was nie, as 'n volk nie gevestigde belange gehad het nie en ook nie aanspraak op 'n vaste grondgebied gemaak het nie, in alle opsigte soveel verskil het dat hulle en die blankes nie in vrede kon saamleef nie. Daarom het hy vermenging as nadelig en 'n bedreiging vir vrede beskou en verbied dat die Europeërs en die swerwers ondertrou. Dit sou net onmin meebring. Sy reëling was dat die onpas volkgroepe geskei van mekaar moes leef soos hulle geskape is.

Hierdie siening het geblyk geregverdig te wees en is deurgaans ook deur die Europeërs wat hierheen gekom het, gehandhaaf. Ander volkgroepe het ook geen neiging getoon om te probeer vermeng nie. Later het sommige swak ingeligte skrywers of opstokers hierdie saak probeer verwring, maar kon nooit hulle standpunt bewys of selfs met oortuiging stel nie.

Die verworwe selfstandigheid van die vryburgers as veeboere het gedurende die agtiende eeu van hulle onafhanklike geharde Afrikanerbaanbrekers gemaak. Met eie wilskrag het hulle self in hulle behoeftes voorsien en met min klaargekom. In hulle gesamentlike poging om te bestaan, het hulle as 'n afsonderlik volk geleef en hulself as blanke Christene gehandhaaf. Hulle was 'n volk in wording indien nie reeds stewig gevestig nie. Hulle het selfs 'n nuwe gemaklike taal ontwikkel.

Maar ook kommissaris-generaal De Mist het in 1804 die siening gehad dat 'n beleid van algehele skeiding tussen die volke aan die oosgrens gehandhaaf moes word om vrede te bewerkstellig. Hy het besef dat die kern van onrus die groot verskil in kultuur en denke was. Uiteenlopende denkers kan nie met mekaar oor die weg kom nie. Alle Kôsas wat teen hierdie tyd die reeds besette grondgebied onwettig binnegedring het, moes volgens De Mist oor die oosgrens teruggedryf word. Wie was nouweer die sogenaamde vader van apartheid in Suid-Afrika? 

Hierdie getoetste regeerstelsel was toe reeds eeue tevore uitgedink en toegepas. Die Egiptenare en Josef se mense (Israeliete) het in 400 jaar nooit vermeng nie, al was Josef onderkoning en hoog aangeskrewe.

Die Afrikaners of ander blankes was nie die alleenskeppers en beskermers van 'n eie volk nie. Lank voordat die swart volke met die grensboere en Voortrekkers in aanraking gekom het, het hulle aparte volkslewe as lewenswyse gevestig. Die verskillende swart volke het hulle eie regeerders gehad en een volk het nie met die ander vermeng nie.

Toe die Voortrekkers hulle teengekom het, was die Kôsas 'n eie volk, en net so ook die Zoeloes en Swazi's, Tswanas, Pedi's, Ndebeles en ander, met hul eie tale en kulture. Trouens, soos in die Bybel se geskiedenis en opdrag, het sommige van hierdie volke uit ander ontstaan. Vermeerdering van volke het deurgaans op 'n natuurlike wyse plaasgevind en nie vermenging of eenwording nie. Dat die suidtrekkende volke met mekaar oorlog gevoer het om hul eievolkigheid te handhaaf, word gerieflik deur eensydige kwaadpraters buite rekening gelaat of ontken.

Dr Martin West, antropoloog, en Jean Morris het in hulle boek, "Abantu, an introduction to the black people of South Africa", die bestaan van apartheid tussen die onderskeie swart volkere beskryf. Dit was voordat hulle die oosgrensboere ontmoet het en beïnvloed is.