Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
UITDELGINGSOORLOË IN AFRIKA
Die Mfecana tydperk, 'n tydperk van uitdelgingsoorloë, was die oorsaak dat duisende inheemse volke en van hulle volkgenote in die suide van Afrika uitgewis of verdryf is. Ook bekend as Difaqane het dit 'n hoogtepunt bereik toe Tsjaka koning van die Zoeloes geword het. Volgens J P J Coetzer, voorheen Direkteur-generaal van Justisie, het Tsjaka alleen na bewering 2 miljoen onwillige volkgenote en volkvreemdes uitgemoor.
Baie Zoeloestamme (volkgenote) het gedwonge by Tsjaka aangesluit, terwyl diegene wat nie wou aansluit nie, uitgemoor is. So het die hele Natal, suid van die Tugela, ontvolk geraak. Drie van Tsjaka se generaals het weggeloop, hul eie koers ingeslaan en meegedoen aan uitdelging op dieselfde patroon:
- Soshangana het die Shangaan-nasie in Mosambiek laat ontstaan.
- Zwangendaba het tot in Malawi gevorder.
- Die ergste was Silkaats wat met sy Ndebele-nasie die grootste dele van die later Transvaal en Vrystaat oorheers en laat ontvolk het. Ook hy het reeds besette grondgebied binnegedring, die vreedsame bewoners sonder meer verdryf en die gebiede onbewoon gelaat. Hy was net daarop uit om ander volke, insluitend die Voortrekkers, aan te val.
- In dieselfde tyd het Moshweshwe (Mosjesj) aan vlugtende Sotho's by Thaba-Bosigo asiel gebied waar Lesotho vandag nog bestaan.
Die Zoeloestamme het voor Tsjaka se tyd die Kôsas al verder suid gedryf en hulle grondgebied afgeneem. Tsjaka het egter die groot drang gehad om sy volk te verenig en het sy mense aangemoedig tot uitroeiing van almal wat hom nie ondersteun het nie, eintlik gedwing. Tsjaka, met Dingaan as sy opvolger, wou almal onderwerp of uitmoor. Omdat hulle sterk regeerders was, het die ander gevlug. Die bloedige oorloë het tot grootskaalse ontvolking gelei, met gevolglike inkrimping van besette grondgebied.
Elke volk was daarop ingestel om op hulle eie te leef met hulle onderskeie tale en beginsels. Hulle was daarop ingestel om eiesoortig te wees en het geweier om met die Zoeloes te vermeng. Dit is mos onbetwisbaar niks anders nie as dat elke afsonderlike volk hul volkseie wou beskerm en hulself apart wou regeer. Hulle het apartheid verkies.
Die Voortrekkers verdien die eer dat hulle die Mfecana (volksuitdelgings) beëindig en apartheid herstel het, let wel, herstel het en nie ingestel het nie. Eers is Silkaats verslaan en verdryf tot in die huidige Zimbabwe, en Dingaan van die Zoeloes is na die Bloedrivier-veldslae na Swaziland verdryf waar hy vermoor is.
Dingaan het namens die Zoeloevolk en deur bemiddeling van die sendeling eerwaarde Francis Owen van Engeland vriendelik 'n wettige traktaak onderteken waarin 'n groot deel van die land wat hy as sy eie beskou het, duidelik omskrewe, permanent aan die Voortrekkers afgestaan is. Dit bly 'n ope vraag of daardie grondgebied wel aan die Zoeloes behoort het omdat dit onbewoon was. Wat ookal die geval, daardie deel van die land behoort dus sonder twyfel aan die Voortrekkers, of te wel Afrikaners.
Die verraderlike optrede teen Piet Retief en sy geselskap van 67 manne word steeds deur die Zoeloes betreur. Vusamazulu Credo Mutwa skryf in sy boek Indaba, my children:
"Ons geskiedenisvertellers het geen roem oor hierdie gebeurtenis nie. Dit verg baie moed om dit te vertel. Dit was eers nadat hierdie tragiese gebeurtenis plaasgevind het wat ons geskiedkundiges die besonderhede stukkie vir stukkie kon bymekaar bring. Alleen deur noukeurige ontleding en uitgebreide navrae het die ware feite na vore gekom. Die Zoeloes was so erg oor hierdie dwase daad van Dingaan geskok, dat baie hom verlaat het. Hulle het Hoë Indoenas ingesluit wat na Mpande oorgeloop het."
Na 1838 kon duisende Tswanas terugtrek en hulle lewens hervat in die gebiede waaruit hulle verdryf was. Die blanke apartheidregering het juis Bophuthatswana wettig volgens volkseiebeginsels aan hulle beskikbaar gestel waar hulle hulself onafhanklik kon regeer.
Om te herhaal: Al die swart volke behoort waardering te hê vir die vrede en harmonie wat deur die apartheidbeleid bewerkstellig was. Die Tswanas het Bophuthatswana en die Kôsas het die Transkei as hulle volkseie verwelkom.
Daardie tyd was daar nie 'n wêreldorganisasie wat minderhede probeer beskerm het nie. Probeer beskerm is die regte woorde, want vandag verkondig die Verenigde Nasies luid dat minderheidregte van minderheidvolke beskerm moet word, maar hulle doen niks daaraan nie. Leë woorde. Die Afrikaners het dade verrig en vrede bewerkstellig.