VOLKSREGERING (18)

Lees reeks by VOLKSREGERING

Natuurlik   –   Doelmatig

Beskrywing  van  die  enigste regverdige  politieke  bedeling

vir  enige  volk,  hetsy klein  in  getalle  of  groot

Dirk  Denker

MOEDSWILLIGE  RASSEHATERS

Voorstanders van rasvermenging is uiteraard los van bande in hulle siening; onnadenkendes wat in alles eensydige vryheid wil sien, daarom kyk hulle nie na die fyner punte van 'n saak nie. As daar byvoorbeeld 'n kennisgewing op 'n openbare gerief is wat  "Slegs Blankes"  aandui, sien hulle nie die kennisgewing  "Slegs Nie-Blankes"  raak wat slegs enkele tree daarvandaan pryk nie. Eensydige foto's word dan geneem en in koerante en op die beeldradio vertoon wat kwansuis 'n bewys is hoe nie-blankes geriewe moet ontbeer. Dit is niks anders as rassehaat nie omdat die waarheid verdraai word om kwaad te stook. Rassehaat word aangestig waar dit nie bestaan nie, maar die skuld word op die onskuldige blankes geplaas.

Let wel, rassisme is die teenoorgestelde van rassehaat en is 'n aanprysing omdat rassisme dui op kennis van rasse en die uitstekende voordele van onderskeiding uitbeeld. Dit sluit in die voordele van apartheid se onderskeiding.

'n Foto word geneem waar 'n blanke polisieman 'n swartman met geweld arresteer om die indruk van onderdrukking en mishandeling te skep. Daar word egter nie vertel dat die skuldige hom gewelddadig verset het en 'n gevaar vir die samelewing is nie. Waar 'n swartman 'n skuldige of onskuldige swartman arresteer, is dit nie so nuuswaardig nie.

Hierdie enkele voorbeeld word so dikwels herhaal dat die wanindrukke later as die waarheid beskou word. Dieselfde een wanvoorstelling word telkemale gebruik asof dit 'n alledaagse vergryping is, terwyl veelrassigheid in een samelewing sonder uitsondering konflik veroorsaak. Vrydenkers probeer nie hulle saak stel nie en let ook nie op watter nadele aan hulle denkrigting verbonde is nie. Hulle probeer aftakel sodat die voorstanders van apartheid moet verdedig. Dit is maklik om raak te sien omdat hulle gewoonlik 'n spreker wat apartheid goedpraat, nie geleentheid gee om sy standpunt volledig te stel nie. Hulle val hom dikwels in die rede en gebruik onverdraagsaamheid as 'n afskrikmiddel teen verstandige denke.

Apartheidmistasters of moedswilliges val opsetlik beledigend 'n persoon aan ongeag waaroor 'n saak gaan omdat hulle dit nie verdra dat iemand van hulle waanbeelde verskil nie. Hulle het geen geldige verweer nie en daarom soek hulle na die geringste ontersaaklike persoonlike splinter wat hulle kan kry. Hulle eie balk in die oog word doelbewus vermy en as jy daarvan durf melding maak, word die spreker van persoonlike aanvalle beskuldig asof hy nie sy saak kan stel nie. Die verdediging hierteen moet nie beskuldigings wees nie, maar die vraag hoekom hulle lafhartig van die besprekingspunt afwyk.

Daar word nagelaat om te vertel dat sogenaamde gelykmaking (vermenging) beteken dat die minderheid die slawe van die meerderheid word. As hulle beginsels en sienings gelykgestel word, oorstem die meerderheid noodwendig die minderheid omdat voorgehou word dat die meerderheid reg is, al is hulle verkeerd. Dit word nooit in ag geneem nie dat die minderheidvolk se waardes, geloof, sedes, en so meer verskil. Waar is die gelykstelling nou?  Dit is net 'n mooiklinkende woord. Dat 'n meerderheidvolk enigsins demokraties kan regeer, is 'n yslike vergissing.

Vermenging van volke word deesdae deur insigloses sonder regverdiging 'n vryheidsfeit genoem. Wanneer 'n spreker geen rassehaat bedoel nie, word hy as 'n onrusstoker beskuldig net om sonder grond te probeer wys dat apartheid sleg is. Die aandag word van die waarheid weggetrek omdat daar nie verdediging teen is nie. Indien mense by 'n vakansie-oord vullis rondstrooi en daar word na die spul morsjorse verwys, word deur kwaadwilliges gevra van watter volk die skuldiges is. Indien van 'n ander volk, was die spreker se verwysing glo neerhalend, sogenaamd rashatig. Watter logika is dit?  Wat het ras met mors in gemeen?

Die verskille tussen rasse wat betref hulle liggaamlike vorm, kultuur, denkrigtings, taal, gebruike, musiek, temperament, gewoontes en geskiedkundige agtergrond is legio. Die ganse skepping is geskape met 'n verskeidenheid. Elkeen het sy eie eienskappe wat kenmerkend en enig is vir die ras. As Labrador-honde raseg gehou word, is dit vir mense wat rasvermenging by mense wil afdwing, heeltemal aanvaarbaar.

Maar verkies mense om binne volkverband te leef, is dit vir rasvermengers sonde. Iemand is geen rasse ̶  of mensehater as hy nie met ander rasse wil vermeng nie. Hy wil net sy eie ras of volk behou. Rasvermenging is immers volksverraad wat uitloop op eie volksmoord. Om te verkies om met volkgenote om te gaan, is natuurlik, denkend en gesond. Die kosbaarste besitting wat mense op aarde het, is hulle eie mense. Dit is rashatig om 'n volk te dwing om sy ras en voorvaders te verloën en integrasie is altyd rasveroordelend (vernietiging van rasse of volke) en apartheid is vryheid.

Geleidelike hervormings in die vorm van aankondigings en in wetgewing tot demokratiese sosialisme bereik is, is die vernaamste tegniek van saamsmelters. Hulle doen fyn voorbereiding en beplan sagmaking. Stadig maar seker probeer hulle mense gewoond maak aan breinspoeling sonder dat dit maklik opmerklik is. Stelselmatig word ons Afrikaners afgetakel; soveel so dat ons moet stilbly en belasting betaal sodat die vreemde regering kan voortgaan om ons vryhede in te perk.

Ons is nou in ballingskap soos wat Israel in ballingskap was. Sommige volkgenote sien nog nie die inperking van hulle vryheid raak nie omdat dit nog met hulle goed gaan, maar hulle beurt is aan die kom. Ons volkseilandjie is vinnig besig om te verklein totdat dit verdwyn, deur die see oorweldig word, tensy ons daadwerklik optree. Sleutelposte in die staatsopset word deur die meerderheidregering voorbehou. In ons eie bedrywe word geleidelik vereis dat die meerderheid moet oorneem. Ons kinders en jonger mense word al hoe meer op sportgebied uitgesluit sonder dat na meriete gekyk word. Soos dit tans gaan, is 'n groot persentasie van skoolverlaters reeds in die buiteland omdat hulle plaaslik nie werk kry nie.