VOLKSREGERING (20)

Lees reeks by VOLKSREGERING

Natuurlik   –   Doelmatig

Beskrywing  van  die  enigste regverdige  politieke  bedeling

vir  enige  volk,  hetsy klein  in  getalle  of  groot

Dirk  Denker

TOEGEWINGS  LEI  TOT  ONDERGANG

Afrikanerleiers met diepe insig het lank gelede daarop gewys dat ons Afrikaners as 'n volk sal verdwyn as ons die geringste toegewing oor ons beginsels maak. 'n Klein toegewing sal ALTYD  sneeubal tot so 'n groot mate dat jy dit nie kan keer nie. Dit gebeur op alle terreine van die lewe.

Onderhandelings tot vreedsame naasbestaan van volke beteken dat daar van beginsels afgewyk moet word, anders kan geen onderhandelings plaasvind nie. Die doel van onderhandelings is immers dat beginsels van twee kante af prysgegee moet word om die onderhandelings te laat slaag. Tog word daar gewoonlik net van een kant af verwag dat die beginselvastes moet toegee, want die ander stel mos nie perke nie, alles is aanvaarbaar.

Gewoonlik staan volke sterk op beginsels anders sou hulle nie aparte volke wees nie. Dit bring mee dat daar werklik van die volk met sterker beginsels, soos die Afrikanervolk, verwag word om toe te gee en te verdwyn, so nie word hulle onbillik beskuldig dat hulle nie vir ander volke omgee nie. Toegewers is hensoppers; verraaiers as hulle van beginsels verander of afwater en met volkvreemdes saamwerk om teen hul eie mense te draai.

'n Taalstryd gaan nie net oor taal nie, maar oor talle ander sake omdat dit reeds prysgawe van een van jou oortuigings is. Een beginsel of oortuiging het 'n diepgaande uitwerking op ander beginsels. Taal is een van 'n volk se geestesgoedere wat alle vakgebiede insluit omdat taal noodsaaklik is om gedagtes te wissel en mekaar se woorde en uitdrukkings te verstaan.

Dit word asof vanselfsprekend aanvaar dat mense wat gemengde sport voorstaan, nie daarvan sal afwyk en aparte beoefening van sport aanvaar nie. Hoekom so eensydig?  Dit is mos nie onderhandeling nie. Daar word dan geen voorsiening vir volkseie gemaak nie; geen verdraagsaamheid nie, net dwang.

Hoeveel mense onthou nog die sterk eie sokkerspanne waar blankes teen mekaar deelgeneem het met duisende blanke toeskouers?  In Johannesburg was daar jaarliks 'n wedstryd waar Afrikaners en Engelse (blankes = goedig algemeen bekend as Boere teen Rooinekke) teen mekaar gespeel het. By alle blanke sokkerwedstryde op Saterdae was daar duisende toeskouers en die strate om die sokkerstadions was afgesper. As gevolg van toegewing is die blankes lankal uit sokker verdring. Net die Afrikaner en blanke moet toegee en verdwyn. So ook nou in ander sportsoorte.

In die verlede het al die volke gemaklik hul eie sportspanne in hulle eie woongebiede gekies en sonder sorge teen mekaar meegeding. Daar was geen gedwonge vervoer na verafgeleë sportgronde of onnodige reisreëlings of –kostes nie.

Daar word beweer die kerk moet aanpas, die geloof moet aanpas. Daar word skielik ontdek dat ons stoere kerkvaders wat ons vroeër ge-eer het, wat ons geloofbeginsels neergelê het, nog altyd verkeerd was. Die Bybel was glo in 'n ander tydvak geskryf vir mense wat eenvoudig gedink het en naïef was, asof 'n tydvak beginsels kan verander. Eer jou vader en jou moeder is vir ewig 'n vaste beginsel.

Was God dan vroeër naïef en het Hy nou tot bekering gekom?  Het God skielik besef dat Hy 'n fout gemaak het deur afsonderlike volke tot stand te bring en beginsels neer te lê?  Wat op kerklike gebied prysgegee word, spoel deur na ander gebiede in die samelewing; afbreek van beginsels; afbreek van 'n volk; afbreek van geloof in God.

Ons vorige volkleiers het met groot begrip en wysheid lank gelede almal gewaarsku dat ons Afrikaners as 'n volk sal verdwyn as ons die geringste toegewing oor ons beginsels sou maak. Dit is op velerlei gebiede sigbaar. 'n Klein toegewing van beginsels sal  ALTYD  sneeubal tot so 'n groot mate dat jy dit nie kan keer nie. Probeer toegee aan 'n rivierstroom deur in die middel daarvan te swem omdat jy dink dat jy veilig sal wees omdat jy aan die stroom toegee, en jy stort oor 'n hoë waterval of beland alleen in die wye oseaan. Deur toe te gee kan jy nooit wen of die pas markeer nie. Verval tree onkeerbaar in.