Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
OORDINK EERS
Let op hoeveel beriggewers (koerante en radiostasies, verlooptes wat gunste by die regering soek), maak stellings voordat hulle die stelling goed oordink het. Soms stem hulle dadelik met 'n onware stelling saam, al sou dit geplooi wees, en herhaal dit dikwels om dit later as waar aanvaar te kry. As voorbeeld, iemand verkondig dat daar nou minder gevangenes in Suid-Afrika se tronke is omdat daar minder sogenaamde onderdrukkende apartheidwette is. Sowaar? Nee, die teenoorgestelde geld. Kyk hoe oorvol is die tronke as gevolg van die houding dat mense vry moet wees om te doen wat hulle wil. Daar is nou meer wette as ooit tevore.
Nog voorbeelde: Jan van Riebeeck was na Suid-Afrika toe verban om hom af te sonder. Hy sou glo onrus by die HOIK gesaai het en word toe uit die pad gehaal. So 'n onwaarheid word dan sonder meer versprei. Jan van Riebeeck was uitstekend toegerus vir sy taak en versigtig gekeur. Alle stellings moet eers bedink word voordat dit aangehaal of rondvertel word.
Eerstens behoort die verteller of skrywer gevra te word waar hy aan die stelling of sy bewering kom. Het hy dit iewers as 'n skimp gehoor en as waar aanvaar? Is sy bron betroubaar?
Dat die staat Suid-Afrika voor 1910 nie bestaan het nie, beteken dat afsonderlike grondgebiede in suider Afrika deur aparte volke bewoon en oor regeer was. As iemand voor of in 1900 van Suid-Afrika sou praat, sou ander vra waar daardie land of staat is wat nie bestaan nie. As 'n bewering vaag is, moet 'n spreker dit nader toelig.
Voordat kommentaar op 'n stelling of bewering gelewer kan word, moet 'n betroubare bron eers geraadpleeg word, soos deur na die spreker se bron te verneem. Om sommer net 'n siening te aanvaar of af te skiet voordat enige spreker geleentheid gebied word om sy bewering toe te lig, is onnadenkend of domastrant kwaadwillig.
Selfs as 'n spreker oor apartheid gevra word om te verduidelik, word hy dikwels, veral deur nie-ondersteuners van apartheid, nie die volle geleentheid gebied om te antwoord nie omdat hy na sy eerste sin summier onderbreek word met 'n teenargument wat 'n syspoor is. Die syspoor moet uitgewys word anders volg 'n bose kringloop van syspore en wrywing sonder dat iets bereik word. Aanname of oordrywing in 'n hoorder of leser se eie gedagtes wat hy vir homself opdig, is gevaarlik. Dit beteken dat die persoon wat sonder rede 'n stelling betwyfel, nie oor die insig beskik om dieper te dink nie. Hy wil die toon aangee terwyl hy nie die touleier is nie. Grondbeginsels moet eerste uitgeklaar en lewenswaarhede aanvaar word as dit eg is.
Denkwyses, gewoontes en gebruike verskil van een volk teenoor 'n ander volk op 'n bepaalde terrein. Erkenning moet gegee word aan die verskeidenheid van sienings oor enige onderwerp of tema, hetsy die wetenskap, sielkunde, geloof, sport, politiek of wat ookal. Dieselfde beginsels is op alle gebiede van toepassing anders is jy beginselloos.
As 'n volk eiesoortigheid as beginsel toepas en binne die volk se beginsels en verskeidenheid wil leef, is dit vryheid. Geen volk moet gedwing word om met ander te meng nie. Dit rym met die begrip van vryheid en opregte demokrasie en bots met ondeurdagte siening soos met die vlugtelinge in Europa bewys. Apartheid is 'n doeltreffende teenvoeter teen wrywing en rassehaat.
Sommige mense, veral buitelanders en selfs binnelandse beriggewers, is al so gebreinspoel dat hulle glo Suid-Afrika het 'n demokratiese regering sonder dat hulle besef dat demokrasie slegs binne 'n eie volk bestaan waar die meerderheid dan reg is as hulle oor die nodige kennis beskik. Net so dink oningeligtes dat die regering en die staat dieselfde begrip is. Kom eers vertroud met staatkunde of bestudeer net 'n goeie woordeboek met aandag. Daar is heeltemal te veel mense wat dink dat hulle wysheid in pag het, maar tekortskiet aan kennis oor politiek sonder dat hulle dit besef. Die woord diskriminasie beteken byvoorbeeld onderskeiding en nie onderdrukking nie, maar diskriminasie word doelbewus deur kwaadwilliges gebruik om 'n valsheid verkeerdelik as 'n egtheid te verklaar.
Alle radiostasies in Suid-Afrika, ook kamtige private Afrikaanse radiostasies, maak hulle skuldig aan onnadenkendheid. Luister na die Amerikaanse benadering wat hulle openbaar sonder dat hulle besef wat hulle in werklikheid verkondig. Daar word al hoe meer wegbeweeg van ons Europese stamlande. Geleidelik word volkvreemde saadjies gesaai in plaas van die meerderheid Afrikaners se oorwoë en goed deurdagte sienings. Op hierdie manier word ons mense op die agtergrond geskuif.