VOLKSREGERING (34)

Dirk  Denker

Lees reeks by VOLKSREGERING

Natuurlik   –   Doelmatig

Beskrywing  van  die  enigste regverdige  politieke  bedeling

vir  enige  volk,  hetsy klein  in  getalle  of  groot

VOORDELE  VAN  APARTHEID

In 'n apartheidbeleid groei die getal onderwyskragte en leiers op alle rangvlakke en ontstaan daar allerhande beroepsgroepe, amptenare in staatsopset en in die openbare nywerhede wat hulle eie mense dien. Sodoende vind 'n opkoms van verskeie beroepe binne 'n volkgroep plaas en word 'n bron vir ontwikkeling geskep.

 

Vervolgens word verduidelik hoe apartheid in Suid-Afrika toegepas was en die uitwerking daarvan, asook die betroubare profetiese woorde van Afrikanerleiers en die insiggewende waardevolle lesse wat hulle aan ons nagelaat het. Omdat van die Afrikanerleiers se insig en versiendheid uit nydigheid misken word, word die leser aangeraai om met 'n oop gemoed te lees wat hulle in die vooruitsig gestel het en dan te toets wat werklik gebeur het. Misopvattings misken waarhede omdat daar nie onpartydig, onbevange en rasioneel gedink word nie. Opregte en ware lewensbeskouing is belangriker as 'n leier, dog 'n leier se waarde word na die vooruitsigte wat hy gestel het, betroubaar getoets.

Verbod op gemengde huwelike tussen die verskillende volke of rassegroepe het tot gevolg dat konflik tussen die kulture, gelowe, watter taal die gesin se huistaal moet wees, watter skool die kinders moet besoek, die taal van onderrig en ander botsings uitgeskakel word. Gelyke erkenning (respek) word aan elkeen se rasgroep, volk, gegee en elkeen is trots daarop.

Om te herhaal omdat dit uiters belangrik is:  Afsonderlike woongebiede in dorpe en stede, asook in gevestigde hartlande, bied die geleentheid aan alle volke om hul eie bestuurstelsels vir hulself te skep en elkeen kan in vergaderings, staatskantore, hofsake, kerke, skole, sportsoorte, en so meer hulself in hulle eie taal uitdruk en hulle eie reëlings tref. Dit sluit in hulle eie onderwysers, predikante, landdroste en regters, waar 'n werklike en regverdige volkslewe maklik toegepas kan word.

Die regeerstelsel apartheid bestaan uit afsonderlike groeps(volks)gebiede, instromingsbeheer na die ander se omgewing, en woongebiedskeiding. Dit is inderdaad die enigste manier waarop verhoed kan word dat 'n volk deur volkvreemdes oorstroom word, en dit strek tot almal se voordeel. Net soos swartes nie toegelaat is om in blanke woongebiede te woon nie, is blankes ook nie toegelaat om in swartwoonbuurtes te woon of besighede te bedryf nie. Daar was dus geen eensydigheid met die instel van paswette nie.

Instromingbeheer bring mee dat daar nie 'n oortollige poel van arbeid met gevolglike werkloosheid en lae lone in een volk se grondgebied sal wees nie. Apartheid is dus die bronaar vir die opbou van 'n loonstruktuur en koopkrag binne elke volk.

Onderwys vir elkeen in sy eie taal, kultuur en eie geskiedenisagtergrond laat vryheid van denke toe. Voorsiening is gemaak vir gedissiplineerde eenvormige en staatsbeheerde onderwys met eie onderwysers in ooreenstemming met die eie tradisies. Elke volk het 'n ander siening van sy gebruike en vryheid– en verdedigingoorloë as die vyand. Aanvallers sal altyd een of meer verskonings aanbied oor die rede vir hulle aanval, dog in die ganse wêreldgeskiedenis was dit nooit geloofwaardig nie.

Deur skole op een volk se lees te skoei terwyl elke volk 'n ander geskiedenis en beskouing het, skep ydele verwagting vir eie volkslewe wat 'n ander se lewensbeskouing moet aanvaar en sy eie aflê. In afsonderlike skole verkry elke leerling van elke volk kennis, vaardighede en 'n gesindheid wat vir hom nuttig en bevorderlik is en terselfdertyd sy gemeenskap tot voordeel strek. Die volksregering moet volle aandeel aanvaar vir sy eie jeug se opvoeding sonder inmenging deur ander.

Die leesstof word so aangebied dat leerlinge dit maklik begryp. Die skoolopleiding rus hulle toe vir die eise wat die gemeenskaplewe aan hulle sal stel. Gestadige ontwikkeling deur moedertaal, eie denke en omgewingsleer lei tot geletterde en bruikbare mense binne eie kringe en opbouende leierskap met vervulling van strewes. Elke mens wil iets hê wat sy eie is en sy eie vrugte pluk as vergoeding vir sy werk.

Eie arbeidkrag beteken dat geld aan salarisse binne die land bly en werkloosheid is min omdat burgers van elke volk vir sy eie volk werk en vreemdelinge nie ingevoer word nie, behalwe tydelik in gevalle waar dit uiters noodsaaklik is.

Apartheid voorsien dat daar nie 'n klomp verskillende tale is waarvoor 'n regering teen groot koste voorsiening moet maak nie. Ten einde koste te verminder om meer geld aan opleiding en ontwikkeling te kan bestee, is dit natuurlik vir 'n gemengde regering om die ampstale te verminder en daardeur van die volke van hul taalregte te ontneem. Daarby moet in gedagte gehou word dat taal ook geskiedenis en kultuur omvat. Miskenning van 'n taal bring wrywing en verskuilde kostes mee omdat meer energie en geld aan gewelddadige betogings en regskostes bestee sal word wat verlore werksure insluit.

Gelyke regte vir die afsonderlike volke in nywerhede en ekonomië sodat een volksgroep nie die ander uitbuit nie, is menslik en billik. Aparte openbare en ontspanningsgeriewe gee aan almal gelyke regte sonder inmenging deur volkvreemdes. Geen verdrukking kan plaasvind nie wat betref woongebied of op enige ander terrein.

Elke afsonderlike volk kan sy eie verantwoordelikheid aanvaar vir maatskaplike en welsyndienste vir hul eie mense en die opruiming van agterbuurtes sodat die mense in higiëniese toestande kan leef en floreer. Waar deurmekaarwoon toegelaat word, ontstaan altyd krotbuurtes. In hierdie opsig het die blanke apartheidregering ingegryp deur krottoestande op te ruim en skole en beter behuising te voorsien. Dit was tot voordeel van al die betrokkenes ongeag die volksgroep.

Slegs een voorbeeld van verskeie waar verskuiwing van inwoners voordeel vir hulle ingehou het, word hier aangedui. Die woongebiede Sophiatown, Martindale en Newclare was agterbuurtes in die ergste sin. Die mense daar was in klein kamertjies en sinkkrotte vasgedruk. Dit was swartes, Indiërs, Sjinese en Kleurlinge wat in slegte higiëniese toestande gehuisves was. Op 'n stuk grond van ongeveer 190 hektaar het nagenoeg 57 000 mense gewoon.

Hierdie deurmekaar omstandighede was broeineste van onheil en gevaarlike gesondheidtoestande vir al die inwoners. Volgens apartheidbeginsels is hierdie mense verskuif na ruimer terreine met ordentlike huise. Nodeloos om te sê dat hierdie mense sonder uitsondering uiters dankbaar was.

Apartheid beteken ook dat daar nie met ander regerings se sake ingemeng word nie. As 'n mens nydig na 'n ander se tuin kyk en 'n groot boom met goeie vrugte sien of pragtige kuddes vee en dit wil steel, vergeet hy altyd om sy eie te versorg