VOLKSREGERING (37)

Dirk  Denker

Lees reeks by VOLKSREGERING

Natuurlik   –   Doelmatig

Beskrywing  van  die  enigste regverdige  politieke  bedeling

vir  enige  volk,  hetsy klein  in  getalle  of  groot

GEBREK  AAN  KENNIS

Selfs sommige Afrikaners wat as geleerd deurgaan, ontbreek aan uiters noodsaaklike kennis van hul eie geskiedenis soos om apartheid as regverdigheid te verstaan. 'n Volk se hoop om vir homself 'n toekoms te skep, lê in kennis van sy verlede en hy moet sy toekoms daarop bou (president Paul Kruger).

Ons is nie 'n lesende volk nie. Ons mense lees selde 'n boek van ernstige aard, bestudeer ook nie vraagstukke waarmee hulle worstel nie. Van ons luister na wat teenstanders van apartheid in koerante, radio, en beeldradio aanbied en glo hulle sonder om die geloofwaardigheid daarvan na te gaan. Dit veroorsaak gebrekkige kennis – onwaarhede – skuins gedraai. Langenhoven het uitgewys  "Moenie openlik 'n leuen vertel nie. Hou die waarheid net effens skuins en wat jy sê word maklik geglo". Ons vyand probeer hierdie wysheid van een van ons mense op ons toepas.

Die Internasionale Reg verwag van geen volk om hom onwillig deur volkvreemdes te laat regeer nie. Die basis van die Internasionale Reg, en van internasionaal-geldige Verklarings deur die Verenigde Nasies, is dat  ALLE VOLKE OP AARDE 'n reg het op selfbeskikking. Daarom word 'n volk wat sy vryheid terugkry nie 'n  "guns gedoen"  nie  –  hy het 'n REG daarop op gelyke vlak met die tydelike regering en nie in 'n ondergeskikte hoedanigheid nie. Onderhandeling oor self-beskikking gaan dus nie oor toestemming vra nie, maar oor hoe dit moet geskied, hoewel op 'n beskaafde wyse. Niemand anders sal dit vir ons doen nie, daarom moet ons self daadwerklik wees.

Ons volkgenote wat tans nie geraak word nie, besef nie die omvang van moorde, roof, geweldpleging, verkragting, diefstal en werkloosheid wat uit ander woongebiede nog na hulle kant toe kom nie. Hulle is 'n kleiner groep volkgenote wat die insig moet openbaar en leiding moet gee, al besef hulle dit nog nie, en as die volkskarakter in enige opsig versleg, kan hulle hulself nie handhaaf nie. Almal moet die listige misleidingstaktiek van die ondermyners raaksien.

Selfs die groter groep volkgenote, die meerderheid in die volk, het 'n stryd om hulself te handhaaf teenoor die oormag van ander volke groter in getal soos dat die volkvreemde regering die staatsopset tot sy beskikking het. Die kleiner groep teenoor die volk met groter getalle kan weinig by die stembus bereik, indien enigiets. Om daarna uit te sien, is 'n goeie lewensuitkyk, maar daar moet gedoen kan word anders flous jy jouself.

Die Oplossing?  Terwyl hy in ballingskap was, het President Paul Kruger op 29 Junie 1904 geskryf:

"Want wie zich een toekomst scheppen wil, mag het verledene niet uit het oog verliezen.

Daarom: zoekt in het verledene al het goede en schoone, dat daarin te ontdekken valt, vormt daarnaar uw ideaal en beproeft voor het toekomst dat ideaal te verwezenlijken.

Het is waar: veel van wat was opgebouwd, is thans vernietigd, vernield, gevallen. Doch met eenheid van zin en eenheid van krachten, kan weer worden opgericht, wat thans daarneder licht.

Het stemt mij eweneens tot dankbaarheid, te zien dat die eenheid, die eendracht, by u regeeren. Vergeet nooit de ernstige waarschuwing, die ligt in het woord;  'verdeel en heersch', en maak dat dit woord op het Afrikaansche Volk nooit van toepassing zal kunnen zijn."

Op 16 Desember 1904, by geleentheid van die begrafnis van president Paul Kruger in Pretoria, het generaal De Wet 'n toespraak gehou en onder andere gesê:  "Wee hem, die het verledene niet voor ogen houdt. Het Afrikaanse Volk wordt opgebouwd op zijn geschiedenis. Wee hem, die deze opbouw van de Afrikaanse natie wil verstoren. Ik zeg wee hem en dat zegt God".

Uit voorgaande is dit duidelik dat geskiedenis oorgedra van ouers na kinders en op skool 'n baie belangrike middel is om ons volkstrots te behou. Ons moet sorg dra dat ons intieme kennis het van ons eie volksgeskiedenis en volkshelde. Ons moet vir ons kinders vertel van die heldedade van genl De Wet en Paul Kruger in sy jonger lewe en sy wysheid en van genl De la Rey en Wolraad Woltemade, Danie Theron, Jopie Fourie en al die ander honderde persoonlikhede waarop ons trots is. Hulle het ware leierskap getoon deur te doen wat hulle vir alle volkgenote met ruggraat gevra het om te doen.

Oorvertel is ongetwyfeld een van die grootste faktore om ons volk se kultuurwaardes en voortbestaan te verseker. Hoe het ons voorouers oorleef, hoe het hulle bloed gesweet om ons tot hier te bring?  Watter wyse manne was hulle. Hulle dade en wyshede en vooruitbeskouings is herhaaldelik as betroubaar bewys. Oppas ons hulle nie vergeet nie.

In alles is opgesluit:  STAAN  BY  JOU  VOLK. Nie agteroor soos hensoppers nie, maar sterk en meelewend en meewerkend. Ons moet mekaar se hande vashou en ondersteun. Hensoppers en verraaiers wat in gees na die vyand oorloop, word deurgaans deur volkgenote verfoei en leef agterna swaarmoedig omdat die vyand hulle na gebruik verwerp.