Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
STAATSMANNE UIT ONS GESKIEDENIS
Die ontstaan en ontwikkeling van die Afrikanervolk en die persoonlikhede uit ons geskiedenis is besonderlik. Ons kan trots wees op die leiers wat ons gehad het en dit leer ons uit ons eie geskiedenis. Net van 'n paar name word melding gemaak.
Jan van Riebeeck was 'n merkwaardige man. Hy was met die hand uitgesoek om na 90 man om te sien as "regeringshoof" en hulle van raad te dien. Hy moes die kennis hê van boumeester, notaris, tuinier, boer, timmerman, messelaar en smid en het sy hande vol gehad om almal aan die gang te hou en te help beplan. Dit het hy met onderskeiding gedoen en sy staatsmanskap was uitstekend. Hy was die eerste denker alhier wat besef het dat as volke van uiteenlopende kulture vermeng, dit op wanorde sal uitloop, daarom het hy ondertrouery met andersoortige volke verbied en volkseie (Europeërs) voorop gestel.
Simon van der Stel was 'n model-goewerneur wat op sy beurt die ontwikkeling van 'n volk meesterlik hanteer het. Sy staatsmanskap het meegehelp om die gemeenskap op alle gebiede te laat ontwikkel. Hy het Jan van Riebeeck se voorbeeld gevolg aan almal reg laat geskied.
Die vryburgers het al hoe verder ooswaarts getrek omdat dit onbewoonde dele was en daar was goeie weiding vir hulle vee. Sodoende het hulle tot by die Kei-rivier gevorder waar hulle die swartes teengekom het. Hier het soveel onmin en geweld plaasgevind dat die Voortrekkers noordwaarts getrek het om van die botsings weg te kom. Piet Retief het as gewilde leier na vore getree. Hy was eenparig verkies.
In Piet Retief se voortreflike manifes is duidelik uitgespel dat die Voortrekkers in vrede wou leef. Daardie manifes het groot indruk op ook die Engelse regering gemaak, maar die onmin en gepaardgaande geweld deur die swartes veroorsaak, was eens te veel. Die Engelse bewind was nie in staat om die nodige gesag uit te oefen nie. Piet Retief wou sy volk as 'n eenheid bymekaar hou soos dit toe al 'n beginsel en die gebruik was. Die Voortrekkers wou nie vermeng nie omdat hulle wysheid uit die Bybel en ervaring geput het.
Na die moord op Piet Retief en 67 mans, het die Voortrekkers vir Andries Pretorius gevra om hul leier te wees en al die Trekkergroepe het hom eenparig ondersteun. Almal weet dat sy krygsvernuf en daarna sy eerlike staatsmanskap uitsonderlik was. Hy was 'n man uit een stuk gesny. Hy het vooraf vir Dingaan gewaarsku en hom geleentheid gebied om Bloedrivier te vermy. Hy het Zoeloe vroue en kinders beskerm.
President Jan Brand van die Vrystaat is steeds hoogs verdienstelik as Vader des Volks bekend. Sy beroemde wyse woorde "alles sal regkom as elkeen sy plig doen" is wyd bekend. Ongelooflik het Brttanje 'n ere-titel aan hom toegeken.
Ook president M T Steyn gryp vandag nog die verbeelding en bewondering aan van almal wat hom geken het of van sy siening en visie gelees het wat nie tydgebonde is nie. Genl De Wet het hom gereeld geraadpleeg en hom gedurende die vryheidstryd beskerm.
Om net 'n paar ander vernuftige staatsmanne en volkshelde te noem wat ons volk eerste gestel het, kom ons uit by president Paul Kruger, genl De Wet, genl Hertzog, dr Malan, adv Strijdom en dr Verwoerd wat ons republiek tot stand gebring het. Dit is manne wat ons soos Moses gelei het waarop ons trots kan wees. Een beginsel wat hulle in gemeen gehad het, was apartheid met voordeel vir alle naasbestaande volke.
Lees gerus oor stoere Afrikanerleiers in geskiedenisboeke en let op hoe betroubaar hulle vooruitbeskouings was. In hulle leeftyd was hulle dikwels nie na waarde geskat nie, maar na hulle afsterwe het hulle teenstryders by opsomming van wat hulle bereik en in die vooruitsig gestel het, tot insigte gekom.