VOLKSREGERING (50)

Dirk  Denker

Lees reeks by VOLKSREGERING

Natuurlik   –   Doelmatig

Beskrywing  van  die  enigste regverdige  politieke  bedeling

vir  enige  volk,  hetsy klein  in  getalle  of  groot

TERUGWEN  VAN  VRYHEID

Ons kan ons vryheid terugwen. In alles is opgesluit:  STAAN  BY  JOU  VOLK. Nie sluimerend soos 'n hensopper nie, maar ywerig meelewend en meewerkend. Ons kan saamwerk deur politieke heropbou te doen. Nie deur middel van verdelende politieke partye waarmee geen sukses behaal kan word nie, maar saamstaan met die een doel, naamlik om ons politieke vryheid, volkvryheid, demokrasie terug te wen. Binne ons eie volkgeledere mag ons oor binnelandse sake van mekaar verskil.

So het dit gebeur in die tydperk 1902 tot 1910 (net agt jaar) en dit het tot die totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika gelei. Sedert 1902 het die Afrikanerleiers en volkgenote begin saampraat en vergaderings gehou en takke gestig. Afrikaners van al vier provinsies het weer tot die besef gekom dat  "Eendrag maak Mag".

Dr D F Malan:  Bou! Want ten spyte van alles het julle 'n toekoms, en wat dit sal wees, hang af van julself, en veral ook die vraag of jul in eendrag bymekaar sal staan . . . . . Boumateriaal is daar vir jul genoeg. Bo verwagting en verrassend het dr Malan en ons mense die verkiesing in 1948 gewen.

Politieke partye is in 1910 deur Brittanje bewerk om te verdeel en te heers. Dit het ons Boereleiers soos genls De Wet, De la Rey, Beyers en andere teenoor genls Botha en Smuts verdeel terwyl hulle voorheen saam vir vryheid geveg het. 'n Volkbeweging is so gekeer. Voor 1910 het ons voorouers die vryheidstryd saam op staatkundige vlak vreedsaam op beskaafde wyse voortgesit en binne agt jaar met daadwerklike voorbereiding gehelp om 'n selfregering tot stand te bring. Niemand, geen ander regering, selfs nie die magtige Brittanje nie, het in 1902 hierdie geestelike sterkte en volharding van die Afrikaner met sy klein getalle verwag.

Daardie  "Gewond – maar Onoorwonne"  aan die einde van die Tweede Vryheidoorlog was betekenisvol. Terwyl die vrouens na die Vryheidoorlog vir hulle mans gewag het, het tot nege vrouens sonder trekdiere eiehandig met 'n ploeg diep vore getrek. Afrikanervrouens, kinders en mans het die verskroeide land dadelik begin opbou en vir die destydse magtige Engeland gewys dat hulle onoorwinlik in gees is. Hulle het nie op 'n hoop gesit en treur en gesê alles is nou verlore nie.

Aanhouer wen. Almal wie se harte reg is, sal die oorwinning smaak. In gees en siel en wese is ons vry en onafhanklik, 'n aparte volk. Vyandiges kan dink dat hulle 'n volk heeltemal ondergrawe het, maar hulle planne sal op die lang duur vernietig word. Gelykmaking tussen volke in Suid-Afrika in dieselfde grondgebied klink mooi, mensliewend, maar as die meerderheid regeer, waar is die gelykmaking tussen die volke?

Volhard en oorwin, want volkvermenging was nog nooit 'n oplossing nie. Regerings van lank gelede, soos die Romeine en Griekeland, en van onlangs wat hierdie feit veronagsaam het, sit vandag met gebakte pere. Die volkvreemde immigrante wat in Eurpese lande toegelaat het, is ver in die minderheid, tog stel hulle onredelike eise en dring daarop aan om beter behandel te word as die oorspronklike inwoners, want hulle is mos die eregaste.

Wat onbegryplik is, is dat omtrent al die apartheidmistasters die vermelde apartheidbeleid asook apartheidgebruike in hulle eie lande goedkeur om hulself te beskerm. Hoe nou?