VOLKSREGERING (52)

Dirk  Denker

Lees reeks by VOLKSREGERING

Natuurlik   –   Doelmatig

Beskrywing  van  die  enigste regverdige  politieke  bedeling

vir  enige  volk,  hetsy klein  in  getalle  of  groot

BEWYS  VAN  INSIG

Daar word verwys na dr Verwoerd se poging in 1961 om binne die Statebond te bly. Hieronder is uittreksels van sy toespraak.

"Meer as 300 jaar gelede het twee bevolkingsgroepe, wat ewe vreemd aan Suid-Afrika was, in ietwat klein getalle uit verskillende rigtings 'n land binnegekom wat toe feitlik onbewoon was. Geeneen van hulle het 'n ander man se land gekoloniseer of hom deur inval of onderdrukking beroof nie. Elkeen het hom gevestig en langsamerhand sy nedersettings uitgebrei en in hoofsaak elkeen 'n ander deel sy eie probeer maak.

Daar was botsings en grensoorloë, en grensgebiede is verower, maar sedertdien het die witman meer grond aan die Bantoegebiede toegevoeg, en voeg hy steeds daaraan toe, uit wat hy self beset en bedoel het om sy eie te wees. Dit is waar dat hy (die witman) met verloop van tyd binne sy landpale toenemende getalle swartmense ontvang het. Party het na hom gevlug om beskerming, uitgedryf uit hul eie land deur broederstryd en die swaar hand van tiranne. Baie het na hom toe gekom om verligting van honger te vind (hulle het self nie geboer nie), of aangetrokke deur die skitterende ligte van stede of deur die begeerte na geld of die goeie dinge van die lewe.

Suid-Afrika het nie nodig gehad om hier die beheer uit te oefen nie en kon baie vrylik toegang verleen, hulp om 'n beter lewe te verskaf aan almal wat binnegekom het, selfs onwettiglik, omdat sodanige gevolge nie op die Suid-Afrikaanse toneel te pas gekom het nie. Die nie-blankes wat die witman se land of die stedelike gebiede binnegekom het, het bloot gekom om werk, veiligheid, gesondheid, onderwys te vind  –  wat alles ruimskoots deur die witman verskaf is  –  en het nie eens aan politieke regte gedink of dit verwag nie, hoewel hulle daarvan geweet het.

Daar was dus by hulle geen kwessie van die witman sy land ontneem deur enige politieke gevolge van hierdie binnekoms in groot getalle of deur die natuurlike aanwas van sy bevolking onder die witman se beskerming en sorg nie. Geen politieke of ander assimilasie was wêreldwye gebruik. Veral as gevolg van hul trap van beskawing het hulle nooit beoog dat hul teenwoordigheid eendag druk sou uitoefen op die kinders van die blanke baanbrekernedersetters van onbewoonde land om sonder protes of weerstand hul hele erfenis aan sodanige nuwe intrekkers en beskermlinge te oorhandig nie. Dit is tans valse voorstellings.

Andere wat ver weg self onaangetas kan bly, maar graag filosofeer oor die oorhandiging van wat die besitting van andere is, verwag dat die blanke Suid-Afrikaner langsamerhand (en met die wete dat na die eerste stap die pas onbeheerbaar sal word) sy land en sy besittings en inderdaad uiteindelik sy hele nasieskap en bestaan moet weggee.

As daar geregtigheid vir die swartman moet wees, dan moet daar geregtigheid vir die witman en die gekleurde ook wees, wat beide geaffekteer en onderdruk sal word."

Dit was insiggewende woorde van 'n ware staatsman wat vooruit kon sien wat in die nabye sowel as in die verre toekoms sou gebeur as apartheid afgeskaf sou word.

As na die beskrywings in die Bybel gekyk word en na die uitsprake van wyse staatsmanne uit alle dele van die wêreld, is dit duidelik dat dr Verwoerd nie die skepper of vader van apartheid was nie, maar dat hy dit ondubbelsinnig uiteengesit het. Hy het duisende en honderde jare gelede se wysheid saamgevoeg sodat die verkondigde en toegepaste beginsels tesame met die voorspoed wat daarmee behaal is, in 'n geheel na vore kom. Alles wat dr Verwoerd opgesom en in die vooruitsig gestel het, het waar geword.