Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
VERSLAWING VAN AFRIKANERS
Verskeie politieke wêreldkragte probeer om mekaar te uitoorlê sodat die oorwinnaar die wêreld kan regeer. Afrikaners is deeglik hiervan bewus, maar sien nie altyd die slinkse sette en nadele raak om dit te beveg nie. Die vele nadele word so goed as moontlik met 'n goeie omhulsel bedek. Sommige leiers en volkgenote vind dit moeilik om deur die omsigtigheid te sien. Om te kan oorwin, poog die betrokke magte om eerstens die ordestelsel in wanorde te laat opgaan en apartheid van meer as 24 jaar gelede daarvoor te blameer. Dit word eerstens probeer bewerkstellig deur die Afrikanervolk met verskillende standpunte te verdeel. Ja, dieselfde mag neem verskillende gestaltes aan sodat daar nie eendrag of samewerking tussen Afrikaners moet wees nie.
In Suid-Afrika word goeie werke wat die Afrikaners verrig het, in duie laat stort. Paaie gaan agteruit, die ekonomie groei skynbaar, maar die rand se koopkrag is verstommend laer as in die voorspoedige apartheidjare, poskantore word ontwrig, onderwysstandaarde verlaag, besture van blanke skoolrade word binnegedring, groei in blanke bedrywe word belemmer, gewapende roof en ander geweld en moord verhoog. Na jarelange vooruitgang voor 1994, en toe meer as 24 jaar se agteruitgang, word die vooruitgang tydens die apartheidjare voorgehou as die rede vir die kommunistiese agteruitgang die afgelope 24 jaar. Watter bog is dit?
Onder die vaandel van vryheid word verkondig dat almal die reg het om dagga, ander dwelms, pornografie, onsedelike geslagtelike verkeer te kies en deel te neem. Alle mense het glo die reg om in weelderige huise te woon. Daar word nie gesê waar die geld vandaan moet kom nie. Eie verantwoordelikheid vir voortbestaan word misken, maar terselfdertyd weier dieselfde sogenaamde vrydenkers om belasting te betaal. Waar moet die staat geld kry? Ons volk en die ander volke in Suid-Afrika word mislei tot 'n onwerklikheid van leuens, ons word blootgestel aan demoniese magte wat ons nie begryp nie omdat ons die duisternis nie kan deurgrond nie. Hierdeur word netwerke van wette en orde vernietig sodat bandeloosheid kan ontwikkel.
Wanneer ordeloosheid ver genoeg gegaan het, verskyn daar ineens 'n "redder" (duiwelse mag) om die land te regeer, weg van die beginsels waarvolgens ons en ons voorouers geleef het. Een taal, een kerk, een vermengde volk word voorgehou as middele tot vrede. Nou word mense soos diere behandel. Ons moet sosiaal vermeng en ondertrou soos ons aangemoedig, voorgeskryf word. Die waarheid is dat gepoog word om van ons verstand deur abstrakte geestelike magte slawe te maak, willose koolkoppe. So ook moet ons alles doen soos deur die heerser voorgeskryf en hom as 'n soort held eer.
Adv P J Pretorius, voorheen lid van die Nasionale Intelligensie van Suid-Afrika, skryf in sy boek Waarom Volksverraad? :
"Ons is by een van die grootste en felste oorloë ingetrek, waarvan ons nie eens die reëls verstaan nie: 'n Geestelike oorlog wat van die vroegste eeue reeds tussen die magte van die lig en die duisternis aan die gang is. In hierdie geestelike stryd is daar drie sleutelpunte naamlik die verstand, die hart en die mond. Die mag wat dit beheer, beheer die siel van 'n persoon."
As ons iets teen hierdie verdoemende magte wil en kan doen, is dit nou. Om langer te wag, maak die teenstand al hoe moeiliker. Moenie meehelp om ons te verdeel nie. Moenie mekaar teengaan, help om mekaar reg te verstaan.
SKUD BREINSPOELING AF
Sport was gebruik om Afrikaners te breinspoel. Daar was vertel dat ons sportmanne wêreldwyd aanvaar sal word as die sportspanne veelvolkig gekies word. Baie Afrikaners het dit geglo, maar vandag word ons rampspoedig oral uit sogenaamde demokraties verkose spanne weggelaat. Om beswaar teen die kwotastelsel te maak, is om rasvermenging aan te moedig. Word dit nie verstaan nie? Met of sonder beswaar teen die kwotastelsel word dieselfde bereik. Volkseie moet die strewe wees.
Sport en vermaaklikheid is 'n groot gevaar vir die voortbestaan van 'n volk as vermenging toegelaat word. Verskillende rasse (mense) wat op die sportterrein en by vermaaklikheidplekke deurmekaar boer, kan nie weier om op kerklike, politieke en algemene terrein met mekaar te verkeer nie. Hoe kan 'n sportsoort waaraan hoofsaaklik blankes deelneem, verplig word om 'n klein minderheid anderskleuriges as bestuur te aanvaar? Hoe kan jy vir sestien ure per dag oral skouer aan skouer leef en dan net vir slaapdoeleindes op jou eie huis en woongebied aanspraak maak? Word wakker.