VOLKSREGERING (58)

 

Dirk  Denker

Lees reeks by VOLKSREGERING

Natuurlik   –   Doelmatig

Beskrywing  van  die  enigste regverdige  politieke  bedeling

vir  enige  volk,  hetsy klein  in  getalle  of  groot

EERSTE  TREË  VAN  AFRIKAANS

Daar is vroeër verduidelik dat eie geskiedenis op alle gebiede uiters belangrik is. Taal is deel van die wese, die siel van 'n volk. Alles wat ons doen, dink en redeneer, praat en skryf ons in ons moedertaal. Hoe kan iemand in 'n ander taal bid?  Die waarde van 'n taal lê eerstens diepliggend in sy ontstaan, in sy ontwikkeling en daarna in sy gebruik. Taal is deel van die volkseie, met ander woorde, deel van ons kultuurskatte en dus deel van apartheid. As 'n volk se taal ontbreek, is dit soos stukke van 'n legkaart wat ontbreek, dit is onvolledig. Kultuurskatte bestaan onder meer uit godsdienstige geloof, eie taal, herkoms, gees, eie sielvolle volkslied en ander eie liedere, 'n volksvlag, dryfkrag.

 

Toe Jan van Riebeeck in 1652 met 'n klompie Hollandse amptenare in diens van die HOIK in Tafelbaai aan wal gestap het om hier 'n verversingspos te stig, het hy ook die Hollandse beskawingsvorm hier gevestig, dit wil sê die godsdiens, taal, kultuur en volkseie van die amptenare was Hollands.

Gedurende die eerste vyftig jaar het 'n wonderwerk gebeur; saam met die totstandkoming van 'n nuwe volk het die ontstaan van 'n eie selfstandige aparte taal, naamlik Afrikaans, begin vorm aanneem. Die doelgerigtheid en sterk onafhanklike geaardheid van die Afrikaner het tot uiting gekom.

Afrikaans het as inheemse spreektaal ontstaan en ontwikkel totdat die eerste bewuste poging in 1795 aangewend was om Afrikaans te skryf. Soos die ontwikkeling gevorder het, het meer eietydse pogings gevolg wat Afrikaans geleidelik tot 'n volwaardige skryftaal gevorm het. Op natuurlike wyse is Nederlandse spellings en uitsprake vereenvoudig om die taal gemakliker te maak.

In die ontwikkelinggang is nuwe woorde geskep en enkele woorde uit Frans, Duits, en Maleis wat soos Afrikaans beskrywend genoeg was, opgeneem. Dit is in ooreenstemming met ander tale se ontstaan soos ook Engels en Frans, en selfs Aramees wat uit Hebreeus ontstaan het.

Alle volkgenote het aan die vorming van Afrikaans deelgeneem. Die vryburgers en later die Voortrekkers was nie juis belese mense nie, tog het hulle baie bygedra tot die totstandkoming van Afrikaans. Dan ook:  Moet 'n taal so ingewikkeld wees dat die gemiddelde taalgebruiker hom ontuis voel?  Dit is uiteraard 'n wêreldneiging dat tale eenvoudiger word soos byvoorbeeld dat die Duitsers hulle al hoe minder aan die bepaalde lidwoorde steur (der, die, das). Afrikaans was en is op die voorpunt van die taalwetenskap.

Op alle terreine moet ontwikkeling en/of oplossings eers in eenvoud gesoek word voordat, indien nodig, ingewikkeldheid voorkeur kry. Daar sal by groter doeltreffendheid en ander verbeteringe uitgekom word as wat aanvanklik ingesien of bereik is. Eenvoudige denke is die beste wenke.

Terwyl en nadat 'n taal tot 'n volwaardige en erkende taal ontwikkel het, skaal die toevoeging van leenwoorde uit ander verwante en vreemde tale af, want nou vind eie skepping van nuwe gepaste woorde plaas soos volksraad, snelweg, wisselaar, duikweg, moltrein, rolbal en koeksister. Noem maar op.

As jy nie in jou moedertaal groei en leef nie, leef jy derderangs want jou begripsvermoë neem af.