Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
VERDRAAIDE BEWERINGS
Onkundige praters maak sinlose bewerings oor wette wat hulle beskou as nadele van apartheid sonder dat hulle dit die geringste ontleed het. Tog hou hulle dit voor as nadele terwyl dit voordelige wette was. Ander wat meer weet, gee geen toeligting of verduidelikings nie omdat hulle vir persoonlike gewin soos belangrike regeringsposte, bloot oproer probeer veroorsaak. Hulle haal graag sommige wetgewings sonder beredenering aan asof dit vanselfsprekend hulle bewerings van onderdrukking bevestig. Die inhoud van die wette en die voordele daarvan word kortliks aangedui.
1949: Die Wet op die Verbod op Gemengde Huwelike om die gesin te beskerm. Dit het talryke kultuurbotsings afgeweer.
1950: Die Ontugwet: Huwelike oor die kleurgrens word 'n kriminele oortreding, om orde en vrede te bewerkstellig.
1950: Die Bevolkingsregistrasiewet: Verplig elke inwoner van Suid-Afrika om volgens eie ras geklassifiseer te word omdat die mens van nature as soortgelyke groepsgenote gelukkig saamleef.
1950: Die Groepsgebiedewet: Beperk blankes en swartes tot bepaalde gebiede om wrywing te verhoed.
1951: Die Naturelle Bouwerkerswet: Swart mense word toegelaat om enige geskoolde arbeid in spesifiek-toegewysde gebiede te verrig. Teenoor blankes is soortgelyk opgetree.
1951: Die Aparte Kieserslyswet: Die verwydering van bruinmense van die kieserslys met die doel om op hulle eie kieserslys geplaas te word tot hulle beswil.
1952: Die Naturelle Paswet: Dwing swart mense om te alle tye kenboekies (met foto) by hulle te dra wat geboorteplek en werkspermit aandui (let wel in blanke grondgebied, soos 'n paspoort in 'n ander land).
1953: Die Naturelle Onderwyswet: Gerig om swart mense na eie behoefte te onderrig. Dit is 'n behoefte vir hulle volk se ontwikkeling.
1953: Die Wet op Aparte Geriewe: Verorden skeiding (apartheid) in alle openbare gebiede, geboue, publieke vervoer, ensovoorts, in blanke gebied. In hulle eie hartlande was hulle in beheer.
1959: Die Wet op die Uitbreiding van Universiteite: Verbied swart studente aan blanke universiteite en maak voorsiening vir hulle eie universiteite in hulle eie tale.
1967: Die Wet op Terrorisme: Magtig die staat onder andere tot onbeperkte aanhouding van alle mense sonder verhoor. Dit is nie net op gekleurdes van toepassing nie, maar op alle mense ter wille van rus en vrede.
1970: Die Bantoe Tuislandwet: Swart Suid-Afrikaners het burgerskap in hulle eie grondgebied waar blankes soortgelyk nie burgerskap mag kry nie.
Al hierdie wetgewings was voordele van apartheid vir alle volke soos reeds breedvoerig in hierdie pennevrug uiteengesit en verklaar. Die onkundige praters het geen begrip van hulle uitlatings nie. Dan het kwaadwilliges die vermetelheid om hulle eie moedswillige aanhalings uit verband te maak sonder dat hulle die werklike redes vir die wetgewing verstrek.
Polisie: "Waar's jou pas, dit is nag en jy is nog in die dorp. Skoert na jou woongebied toe!" Skielik het 'n swarte 'n eie woongebied wat aan hom toegeken is en waar hy in rus en vrede kan leef, terwyl die blanke self tot sy eie woongebied beperk is.
"Sien julle nie die bord nie? Slegs Blankes, Whites only. Wat soek julle hier op die strand / stasie / poskantoor / bus / kerk? Julle het mos julle eie plek / ingang."
En niks word gemeld van dat aan die blankes gesê word "Sien julle nie die bord nie? Slegs Nie-Blankes, Non-Whites Only. Wat soek julle hier op die strand / stasie / poskantoor / bus / kerk? Julle het mos julle eie plek / ingang."
Let op dat alle wetgewing en maatreëls net so van toepassing op blankes was as op die ander volkgroepe. Dat daar selde melding gemaak word van die blankes se oortreding in terme van apartheid, is omdat dit byna nooit gebeur nie, want blankes betoog of staak nie maklik nie. Hulle kultuur sluit wetgehoorsaamheid in. Meningsverskille word met besprekings bygelê. Dit is waar onkundiges en/of moedswilliges hulself misgis of doelbewus probeer om onrus te saai. Apartheid is altyd regverdig.
Alle teenstanders van apartheid wat tot hier gelees het, het nie noodwendig die diepere insigte ingeneem om die omvang en wetenskaplike inslag van apartheid te begryp nie. Om 'n boek oppervlakkig te lees, is oppervlakkige kennis. Hy moet bereid wees om 'n kennistoets af te lê om te bevestig dat hy die nodige begrip verkry het. 'n Teenstander van apartheid kan slegs 'n mening uitspreek nadat hy sy kennis daaroor bewys het, andersins is dit nutteloos om met 'n dwaas te probeer redeneer.