Johan Dorfling
Dringende sake het dringende aandag nodig om rassehaat te verhoed wanneer nodig. Dit is 'n verwysing na die voorval wat op Saterdag 19 Mei 2018 op die rugbyprogram van SuperSport plaasgevind het.
Wat werklik gebeur het, is nie duidelik nie. Skynbaar het die geskil ontstaan voordat die besprekingprogram begin het, want volgens die videogreep wat uitgesaai was, het alles tydens die program rustig verloop. Maar wat die stryery betref, kon moeilik begryp word hoe die ontploffing tot uitbarsting gekom het. 'n Ondersoek behoort ongerymdhede te ontbloot.
Enigeen wat nou sommer net afleidings of bewerings maak, doen dit met partydigheid wat hulle vertroetel. Die skuldigste is blykbaar die minister van Sport en Ontspanning. Hy het sonder enige betroubare inligting onmiddellik geëis dat Nick Mallet en Naas Botha geskors moet word totdat 'n ondersoek afgehandel is. Duidelik sinspeel hy daarop dat die blankes skuldig moet wees, want hy verwys na wittes en sê niks van die persoon wat die opspraak tydens die uitsending verwek het nie. Waarom moet al drie nie geskors word totdat die ondersoek afgehandel is nie. Troetel hy die uitgangspunt dat blankes skuldig moet wees? Dit was wat hy gesê het.
Hier is nogeens 'n bewys dat wit en swart nie in een kraal ingeboender kan word nie. Die betroubaarheid en regverdigheid van apartheid beweeg voort. Laat die swartes hulle eie nasionale span kies en rassehaat word dadelik heeltemal uitgeskakel.
Daar is juis nuwe berigte deur "mense wat weet" dat Willemse onbetroubaar is, laat of glad nie vir sy werk opdaag nie en dikwels geen voorbereiding doen nie. Dan maak hy van die ander twee se voorbereiding gebruik. Willemse het die rasverskil tydens die uitsending gebruik en nie die ander twee nie. Ondersoek sal die waarheid of valsheid bevestig. Daar moet net regverdig te werk gegaan word.
In hierdie stadium kan nie een van die drie van wangedrag aangekla word nie. Hoekom doen die minister dit? Die volkvreemde regering praat voortdurend van versoening en het selfs 'n vakansiedag vir versoening ingestel. Hoe onvanpas blyk dit telkemale te wees! Behalwe dat die minister van Sport en Ontspanning versoening veronagsaam, word die Afrikaner se gelofte aan God buite rekening gelaat deur die dag as versoening voor te doen. Dit is een van die werklikhede wat die Afrikaner van die regering vervreem. Wat het geword van die standpunt dat niemand skuldig is voordat hy wettig skuldig bevind is nie? Is dit net op swartes van toepassing?
Die betrokke minister moet die blankes om verskoning vra vir sy houding om rasse op so 'n beledigende wyse te onderskei omdat dit rassehaat aanmoedig. Ironies onderskei hy tussen rasse en praat daardeur apartheid goed omdat hy die probleem van vermenging uitwys.