Johan Dorfling
In aansluiting tot Gelofteland se strewe dat ons mense ons self moet handhaaf, het ek dit goedgedink om my standpunt te stel. Dit is soos ek dit van my ouers en ouer vriende geleer het. Die wysheid van die grysheid beïndruk my vandag nog. Daardie mense het met min geleerdheid en met selfstandige selfdoen dieper gedink en meer bereik as baie geleerdes. Eer jou vader en jou moeder is 'n wysheid wat God self in sy Woord as 'n beginsel neergelê het.
Die leiers van die Afrikaners het onder meer in 1917 onafhanklikheid bespreek. Onder andere het hulle verwys na dr Woodrow Wilson, president van Amerika en Lloyd George, eerste minister van Engeland, wat verklaar het dat alle volke die reg moet hê om oor hul eie lot te beslis en dat geen volk ooit gedwing moet word om onder 'n heerskappy te staan waaronder hy nie wil wees nie. Omdat die verklarings ooreengestem het met die beginsels van reg en geregtigheid het die Afrikanerleiers ten volle daarmee saamgestem. Die beginsels is ook op Suid-Afrika van toepassing gemaak.
Voortvloeiend hieruit is geredeneer dat volkome onafhanklikheid in alle volke se belang is. Onafhanklikheid is 'n natuurlike proses wat gaandeweg tot selfverwesenliking by alle volke moet lei. Die beginsel is beklemtoon dat al die nasies van die wêreld, klein en groot, die onvervreembare reg besit om oor hulle eie lot te beslis.
Uit die aard van die saak is eerstens die wortelstryd aangeknoop dat Suid-Afrika in sy geheel onafhanklikheid van Engeland moet verkry op 'n wyse van alleen langs grondwetlike reg sonder geweld. Daarna sal dan aandag gegee word om aan die swart volkere op dieselfde vreedsame wyse tot onafhanklikheid te lei.
Onafhanklik is dan ook in 1961 vir geheel Suid-Afrika verkry en daar was onmiddellike stappe om volkome vryheid aan die onderskeie plaaslike volke toe te ken. Transkei en Bophuthatswana was vroeg in die tou.
Terwyl die pragtige vreedsame prosesse aan die gang was, het opstokers onder die invloed van buitelandse politici begin om geweld aan te moedig. Toe dit nie slaag nie omdat Afrikanerleiers rustig voortgegaan het om die korrekte weë te volg, het opstandelinge met hulle sinnelose begrippe moord beplan.
Die beskrywing van die blankes se eerlike benadering dui onteenseglik daarop dat geen blanke enige geweld of onderdrukking oorweeg het nie. Onredelike opstandiges het hulself domastrant tot onderdrukking oortuig.
Vandag vertel swart praters leuens. Die verskil tussen die swartes en die blankes lê in die onverskillige opeis van eie regte wat reeds tot hulle beskikking gestel was en die blankes se "gun aan ander wat ons vir ons self gun". Ook strewe die swartes na eie gewin terwyl die blankes strewe na wat goed is vir al die onderskeie volke.
Hedendaags probeer kafpraters met 'n verskuilde agenda om gewildheid te bekom en nie om met regverdigheid te regeer nie, terwyl die blankes openlik strewe na beginsels wat met goeie werk gevestig word.
Sport is op 'n listige wyse gebruik om Afrikaners te breinspoel deur te beweer dat ons sportmanne wêreldwyd aanvaar sal word. Vandag word Afrikanersportlui in plaaslike sportspanne verdring. Sommer binnekort sal dit 'n rariteit wees om 'n blanke in 'n Suid-Afrikaanse sportspan te sien. Dit was van die begin af die bedrieglike plan. Is dit wat ons Afrikaners wou gehad het? Is ons as volk ooit geraadpleeg?
Mense wat kreolisering (vermenging) voorstaan, is uiters kortsigtig in hulle siening. Vrydenkers wil in alles vryheid sien, daarom kyk hulle nie na die fyner punte van 'n saak nie. Daar word kwansuis bewys hoe nie-blankes geriewe moes ontbeer. Onkundiges en ons jonger mense glo dit vandag omdat hulle daarmee gebreinspoel word. Natuurlik is dit 'n groot leuen.
Daar word soveel onwaarhede aan die wêreld en aan ons eie mense opgedis oor hoe die "agtergeblewenes" kastig benadeel was, dat baie dit glo. Hulle wat dit glo, gaan nie die geskiedenis na om hulle van die waarheid te vergewis nie. Hulle glo die leuens en verloën die Afrikaner op hierdie wyse. Hierdie tegnieke word so dikwels herhaal dat dit later verwarring saai en selfs as die waarheid deurgaan. Voorstanders van kreolisering probeer nie hulle saak stel nie en let ook nie op watter talle nadele aan hulle denkrigting verbonde is nie. Hulle maak ongegronde bewerings om regdenkendes op die verdediging te probeer hou deur 'n spreker nie geleentheid te gee om sy standpunt volledig te stel nie of om dit sonder meer te verwerp asof die korrekte feite belaglik is.
Deurmekaarboerdery veroorsaak sonder uitsondering botsing. Daar word ook nie vertel nie dat sogenaamde gelykmaking in een grondgebied beteken dat die minderheid die slawe van die meerderheid word. Israel was aanvanklik as vriende en die gelykes van die Egiptenare behandel, maar het hulle slawe geword.
Stelselmatig word ons Afrikaners afgekraak; sodat ons nou amper net goed genoeg is om belasting te betaal sodat die vreemde regering kan voortgaan om ons vryhede in te perk. Ons is nou in ballingskap soos wat Israel in ballingskap onder ander volke was. Die regering beweer ons het geen aanspraak op enige grondgebied nie. Ons is armsaliges. Dit kan en durf ons nie aanvaar nie omdat dit onwaar is. Blankes het die grootste deel van die huidige Suid-Afrika op wettige wyses verkry..