Johan Dorfling
Kommunisme is so wyd oor die wêreld versprei dat dit moeilik herkenbaar is. Dit is wat kommuniste met breinspoeling bereik. Kommunisme is 'n geloofsoortuiging wat godsdienstigheid regstreeks minag en 'n volk se lewe infiltreer om sodoende die aarde te beheers. Wetlike maatreëls alleen kan kommunisme nie keer nie. 'n Lewenskragtige en oortuigde Christendom wat werkdadig uitgeleef word, is die enigste doeltreffende verdediging.
In die stryd teen kommunisme is daar geen plaasvervanger vir noukeurige, doelgerigte kennis nie. Hulle bied as 'n beginpunt liefde en vrede aan almal en beweer dat die volk moet regeer. Solank ons glo dat kommuniste soos ons dink en vryheid, wat hulle demokrasie noem, nastreef, het ons die eerste tree gegee om deur hulle oortuig te word. Hulle is onderliggend 'n voortreflike organisasie en strategies beweeglik in hulle optrede.
In elke volk is daar twee hoofklasse naamlik 'n besittende klas (werkgewers) en 'n werknemersklas wat vir salarisse of lone werk. Die werkgewers begeer wins en die werknemers begeer hoë lone. As die winste styg, daal die lone in verhouding; as die lone styg, daal die winste. In alle geval tree inflasie in. Met hierdie instrument saai die kommuniste onrus om dit vir 'n regering moeilik te maak om te regeer. Kapitalisme word as die wortel van kwaad verdoem. As die werkersklas tevrede is met hulle salarisse, skep die kommuniste vakbonde met die doel om hulle aan te moedig om te protesteer en onrus te veroorsaak. Hiervoor word regslui beskikbaar gestel.
Wanneer regmatige wettoepassing gebruik word om die werknemers se onredelike eise van salarisverhogings van bokant die inflasiekoers van die hand te wys, word die werknemers wysgemaak dat teen hulle gediskrimineer word en dat hulle moet rebelleer. Die woord diskrimineer se betekenis word verdraai om verdrukking te probeer aandui. Die omstandighede was vroeër vertolk asof apartheid (blankes) skuldig was. Noudat die kommunistiese regering swart is en buitensporige hoë salarisse aan hulself toeken, word apartheid en blankes na meer as 24 jaar steeds as verdrukkers voorgehou om die weerlig van hulself af te lei. Onder daardie vaandel verryk die regeringlede en hulle aanstellings van "boeties" in regeringondersteunde instellings hulself met groot plesier.
Kommuniste se strategie is om 'n leuen te vertel, dit dikwels te herhaal, en die meeste mense sal jou glo. Een van hulle eerste beginsels is dat alles aan die staat moet behoort wat dan die besittings tussen alle mense moet verdeel.
Die werkwyse van kommunisme is om bepaalde mense te laat verstaan dat hulle benadeeldes is en boere se plase moet afneem. As 'n boer homself verdedig, mag hy vermoor word. Die plaas moet tussen die besetters verdeel word, want hulle is dan die regmatige eienaars. Waarop nie gewys word nie, is dat een plaas nie lewensonderhoud vir tussen twintig tot honderde nuwe boere kan bied nie. Plakkerskampe ontstaan op hierdie manier en die besetters leef in armoede terwyl produksie van voedsel onmoontlik raak. Alle inwoners van Suid-Afrika sal hieronder ly.
Wat sal gebeur en in die kommunisties-onderdrukte lande gebeur het, is onder meer:
Die lewensvatbaarheid van die landbousektor in Suid-Afrika sal vernietig word omdat die ontvangers van grond agteroor gaan sit, want hulle is ryk in besittings. Voedseltekore sal toenemend voorkom. Rassespanning tussen swart en wit sal in Suid-Afrika verhoog omdat verdiende en bewerkte grond van blankes weggevat sal word en onbevoegde swartes wat nie ervare boere is nie, sal dit verniet bekom. Meer geleenthede sal vir nepotisme en korrupsie in Suid-Afrika geskep word omdat politici die grond sal kan toeken aan eie families en ondersteuners. Dit sal met ander woorde nie gereguleer word deur die vrye mark meganisme nie wat deur gevestigde regsreëls beheer word.
Dit is nie net die landbousektor wat geraak word nie. Reeds word groot blanke ondernemings verplig om swart direkteure in te neem. Spoedig sal alle nywerhede, van fabrieke tot die winkeltjie op die hoek, aan swartes oorgedra word. Sportsoorte word reeds verswart, asook sommige groot kerke wat nie toekoms-insig het nie en woongebiede, skole, en noem maar op.
By sommige blankes het die geloof ontstaan dat vir swart of vermengde politieke partye soos die DA gestem moet word om die kommunistiese ANC te bestry. Wat hulle nie besef nie, is dat al sodanige partye kommunisties is. Die DA is die nalatenskap van Helen Suzman wat 'n groot uitgesproke kommunis was. Kyk na die DA se beginsels.
Kommuniste glo dat hulle in 'n staat van oorlog verkeer. Almal wat van hulle verskil, is die vyand wat hulle aanval. Hulle glo daar is geen God nie. Alles op aarde is die besitting van mense wat gesamentlik daarin moet deel. Tog sorg kommunistiese leiers dat hulle alles beheer en dat hulle die staat is vir wie die werknemers moet werk en tevrede met hulle salarisse en diensvoorwaardes moet wees, al is dit tot op die been gesny.
Geen Christen mag vir 'n groep of party stem of ondersteun wat God misken nie. Jy is òf 'n Christen en moet die Bybelse waarheid van apartheid aangryp, òf jy moet God en apartheid en jou eie volk versaak en 'n kommunis wees. Daar is geen ander paadjie nie.
Die beswaar dat die mag van die enkeling baie beperk is, is kortsigtig, want dit is ongelooflik wat 'n enkeling kan uitrig. Die mag van die enkeling is grensloos. Om net na organisasies vir hulp te kyk is om onbetrokke te wees. As jy nie kans sien om oortuigingswerk te doen nie, kan jy byvoorbeeld na hierdie webwerf verwys en vra wat jou vriende daarvan dink. Hulle sal dan daarna kyk en die ware boodskap kry. So kan jy 'n hele paar ondersteuners werf sonder veel moeite. Die mag van vermenigvuldiging is oneindig. Jy beïnvloed twee of drie volkgenote, drie werf op hulle beurt drie elk, nege bereik sewe-en-twintig, en nou spring dit na honderde en duisende deur jou toedoen. Alle geld in die wêreld is nutteloos sonder toegewyde mense wat die geringste doen.