Johan Dorfling
Een van die vernaamste voorvereiste vir 'n redelike debat tussen mense wat van mekaar verskil, is om mekaar se sienings uit te ruil. Maar wat gebeur wanneer een party weier om na die ander se sienings te luister? Die een kant van die aangeleentheid, geregverdig op suiwer redenasies, word sonder meer verwerp of bespot? Ironies genoeg, baie van die bespotting word gegrond op onkunde en tekort aan insig omdat die betrokke party eenvoudig weier om na die betekenis van die feite te kyk. Om die waarheid aan te hoor, sal hulle kleinlike denke in die wiele ry.
Elke keer wat probeer word om 'n vraag te beantwoord, word dit, voordat die vraag na behore beantwoord is, soos 'n sarsie uit 'n masjiengeweer met ander vrae opgevolg om die eerste vraag se antwoord te omseil. In werklikheid toon dit dat daar nie regtig in die antwoord belanggestel word nie, want hoe meer vrae gevra word, hoe meer kan voorgegee word dat die antwoorde nie veel werd is nie en kan al hoe verder van die wese van 'n saak afgewyk word.
As die teenparty, werklik belangstel in die antwoorde op hulle vrae, hoekom luister hulle nie na die antwoorde nie? Dit is dan wanneer geweier moet word om die vrae te beantwoord. Verskaf liewer 'n geskikte bron waar inligting verkry kan word. Gewoonlik word dan snedig geantwoord dat hulle dit nie die moeite werd ag nie. Nou kom hulle ware taktiek na vore. Hulle verwerp en bespot die goeie redenasies sonder dat hulle weet waaroor dit gaan en dit weerspieël opsetlike onkunde en ligsinnigheid en dit is tydmors om met hulle te praat.
Moenie toelaat dat jy geboelie word nie. Weier om voort te gaan met hulle verwronge optrede, tensy hulle instem om na antwoorde te luister. Dikwels maak hulle ander onverwante stellings om die werklikheid te omseil. Wys dit uit, beklemtoon hulle onkunde en daag hulle uit om beter ingelig te word sodat 'n sinvolle gesprek gevoer kan word.
Moedswilliges verwys dikwels uit die bloute na onderskeid in velkleur as rassisties of rassehaat, terwyl dit nie ter sake is nie. As iemand oor swak werk of laatkom aangespreek word, is die eerste reaksie van 'n swarte dat hy benadeel word omdat hy nie blank is nie. Om te probeer verdedig, plaas jou as blanke in 'n moeilike posisie, want daar is niks om te verdedig nie, slegs 'n opmerking uit die lug gegryp. Hy sal in elk geval daarmee volhou asof hy in beheer is. Verwerp liewer dadelik die opmerking deur op te merk dat hy welwillend moet gesels. Om van die onderwerp af te wyk, is kwaadwillig.
Bewerings uit die lug gegryp is bloot pogings om van die waarheid weg te skram. Daardie valse begrip wat iemand of meer mense ingeprent is, is moeilik om verkeerd te bewys omdat valse begrippe mooiklinkend is en skuiling bied al is dit 'n huis op sand gebou. Die persoon wil nie dat sy denke inmekaar tuimel nie, want dan voel hy weerloos.
Voorbeelde:
Hy word onderbetaal omdat hy nie-blank is. Daar is nie plek vir 'n tekort aan kwalifikasie of ervaring in sy denke nie. Moenie daaroor redeneer nie, want hy glo vas hy is reg.
Hy besit nie eiendom nie, daarom moet die regering vir hom gee, al verdien hy dit nie. Ander besit wel eiendom, sekerlik is sy velkleur verkeerd. Dat ander hulle eiendom gekoop het, is vir hom nie belangrik nie. Dit is soos klein kinders; boetie het geld gekry wat ek nie het nie, maar boetie het die kar gewas terwyl ek gespeel het. Ek wil ook soveel geld hê. Uit en gedaan, wat jy ookal sê.
Daar is jarelank voorgegee dat die ANC feitlik alle swartes se steun geniet. Dit was 'n leuen-bewering. Die swartes was hoogs tevrede met die landbestuur. Walter Sisulu het tydens die die Rivonia-verhoor, toe die ANC kastig hoog gewild was, gesê dat die ANC se totale ledetal nooit meer as 1% van die swart bevolking was nie. Die ANC het dus nooit die mandaat gehad om namens die swartes op te tree nie. Eers nadat die swak blanke president met hierdie klein minderheid begin onderhandel het, het die swartes die kunsmatige geleentheid aangegryp. Alan Paton het na die verhoor erken dat die ANC verkeerd was om die gewone swartes om die bos te lei.
Kyk na die verloopte regering in die laaste paar jaar voor 1994 en die volkvreemde regering sedertdien. Hulle almal was sterk en eerlik gewaarsku wat die gevolge van vermenging van volke sal wees. Nou is daar byna elke dag wrywing en versteuring van verhoudings in die politiek en in die gemeenskappe. Pas het rassehaat sy kop uitgesteek tussen die rugbyklubs van Wanderers en Roodepoort as gevolg van dwang. Vir hierdie rassehaat is die regering se opdringende maatreëls verantwoordelik. Soveel hofsake hieroor vind tans plaas. Tog wil die domastrante regering nie erken dat hy verkeerd is nie en weier die besluitnemers om te luister.
Waarna die regering ook nie wil luister nie, is die goeie bedoelings van die blankes, veral die Afrikaners. Die sogenaamde beledigende K-woord en ander aanspreekvorms was en is donkiejare deel van die Afrikaanse taal met goeie bedoelings. Die regering het doelbewus daarvan skelwoorde gemaak en nou moet Afrikaanssprekendes daaronder ly. Besef die regering in hoeveel huise word hierdie woorde steeds alledaags gebruik; in minder gegoede woonbuurtes tot die mees vooraanstaande woonbuurtes? Ek wonder hoe min die uitsonderings is. Volgens die volkvreemde regering is die meerderheid reg, maar hierdie geval pas hulle nie.
Hoekom luister die regering nie na die Afrikaners nie? Dit is mos belaglik om 'n deel van die landgenote te ignoreer, of word net na kwaadwilliges geluister in plaas daarvan om regverdige apartheid toe te pas? Het die regering ooit sedert 1994 van sy kant af met Afrikaners probeer gesprek voer?