Johan Dorfling
Daar is sprake dat die kiesstelsel in Suid-Afrika verander kan word sodat die skyn gewek moet word dat aan almal nog meer gelykheid gebied word. So-iets klink mooi en edel sonder dat aanduiding gegee word watter praktiese betekenis dit inhou. Geen werklike redes is in hierdie stadium verstrek nie.
Die moontlikheid om die land se kiesstelsel te verander na enige ander kiesstelsel hou geen voordele in nie. Enige volksvermengde verkiesing, watter vorm ookal, is ondemokraties en gedwonge en die uitslag onbetroubaar omdat dit nie ruimte laat vir die onafhanklike voortbestaan van ‘n minderheidvolk nie. Geen volk is vry as hy nie toelaat word om sy eie verkiesing te hou nie, natuurlik met fondse uit die algemene staatskas omdat die ander volke in ‘n gesamentlike verkiesing wel die voordele van staatsbefondsing ontvang. Regverdigheid moet geskied.
Terloops, die kiesafdelingstelsel in 1948 en 1953 was nie deur die destydse Nasionale Party afgebaken nie. Dit wys dat so ‘n stelsel vir enige party voordelig of nadelig kan wees as die verskil in stemme min is. Waar die verskil in getalle groot is, is die die uitslag werklik niksseggend. Of dit 60% teenoor 40% is, of 55% teenoor 45%, die groter getal sal in Suid-Afrika regeer, nie die billikste of regverdigste volk nie. Maar hou in gedagte dat die bevolkings nader aan 90% swart is teenoor 10% blank omdat niemand anders vir die blankes sal stem nie. Die swartes pas dus apartheid toe deur middel van getalle. Apartheid is deel van hulle struktuur wanneer dit hulle pas.
Daarom is ´n stelsel van konfederale volkstate nie ´n werkbare oplossing nie. Weer eens sal die volk of volke met die grootste getalle die blankes heeltemal oorheers. ‘n Konfederasie is ‘n vorm van gemengde regering waar nie net die enkelinge van die volk met die grootste getal regeer nie, maar onderskeie volke groeperings kan vorm om ‘n bepaalde volk te oorheers. Om onderskeid te tref tussen konfederasie en federasie is om hare te kloof.
Ander volke kan nie oordeel oor wat reg of verkeerd is in huishoudelike beleid nie omdat kultuurbegrippe van mekaar verskil. Die huisgesin in apartheid is die grondslag (boustene) van ‘n gedissiplineerde beginselvaste volk. Elke volk is verantwoordelik vir bewaring van sy eie nalatenskap. Alleen ‘n liggaam uit die volk self kan hierdie taak verrig. Sake-ondernemings wat op die meevoeling van hulle volke van die gemengde regering steun verwag, versamel hulle rykdomme vir hulle eie volk se gewin en nie tot beswil van almal nie. Die swaarkry sowel as die suksesse is by hierdie bewaring van eie nalatenskap ingesluit.
Enige integrasie beteken dat die ineenvlegting van vermenging op een gebied ineenvlegting op alle gebiede meebring. Vanselfsprekend is dit dwang. Na ekonomiese integrasie (vermenging) volg sosiale en woonplekvermenging en dan politieke vermenging wat gevolglik oorloop tot rassewrywing, vergrype en ernstige misdaad omdat apartheid verlore raak. In die praktyk is bewys dat enige ander regeerstelsel op mislukking uitloop al word die gevolge vir jare ontken en verbloem.
Waar daar verskille in getalle bestaan, kan daar geen gelyke regte in vermenging wees nie, ongeag die kiesstelsel. Integrasie of volksvermenging het nêrens in die wêreld geslaag nie. Kyk hoe veg die Iere almelee vir hulle volkseie, en die Skotte wil aljimmers hulle eie pad loop. Engeland wil nie besgee nie sodat die spanning opbou. Die Russiese lande (Slawies) het dieselfde ervaar.
Saamgevat, geen kiesstelsel is billik en regverdig as dit nie op die beginsels van apartheid gevestig is nie.