Johan Dorfling
Dit is interessant en insiggewend om die Afrikaanse kerke se standpunte na te gaan om te sien wat hulle as beginsels voorhou. So het ek afgekom op 'n herderlike skrywe wat een susterkerk in 1990 oor onderwys uitgereik het. Die kerk het geskryf dat:-
Die betrokke kerk onversetlik is in sy aandrang dat die onderwys in Suid-Afrika 'n Christelike karakter moet bly behou. Hierdie kerk sal nooit wil sien dat die Christelike grondslag uit die (regering se) onderwysbeleid, ‒wetgewing en ‒reëling weggeneem word nie.
Die kerk huldig dieselfde vaste oortuiging met moedertaalonderwys. Saam met die eis vir ‘n Christelike grondslag, is moedertaalonderwys vir die kerk 'n ononderhandelbare saak wat nie prysgegee sal word nie.
Die kerk wil ook dat die breë nasionale karakter by ons skole behoue moet bly. Daarom is dit vir die kerk van die uiterste belang dat eie onderwysinrigtings vir die onderskeie bevolkingsgroepe gehandhaaf moet bly. Eie skole bo geïntegreerde skole is die beste werkwyse vir en in Suid-Afrika.
Nou wonder ek wat van hierdie Afrikaanse kerk se standpunt geword het. Bly dit net by woorde sonder dade? Het dit na 1994 saam met die volksvreemde regering verander? Miskien kyk ek die kerk se onversetlikheid en vaste oortuiging in die praktyk mis? Wat doen hierdie kerk vandag om sy oortuiging aan die regering te stel en wat doen die kerk om ons kinders van onchristelike onderwys te red?
'n Ander bekende Afrikaanse kerksinode het in 1857 op aparte kerke vir blank en nie-blank besluit omdat dit die "Godgewilde model vir die land is". In 1998 sê dieselfde kerk se sinode dat "die kerk nie altyd die Woord van die Here reg gehoor het nie". Praat van dwaling en afwyking van beginselvastheid. Wie kan nog lidmaat van so 'n kerk wees?
Die Bybel het tog nie verander nie. Is daar skielik ontdek dat ons stoere kerkvaders wat ons geloofbeginsels neergelê het, nog altyd verkeerd was? Was God vroeër verkeerd en het Hy nou tot bekering gekom? Wat op kerklike gebied prysgegee word, spoel deur na ander gebiede in die samelewing; afbreek van beginsels; afbreek van 'n volk; afbreek van geloof in God. Blankes word gedwing om anderskleuriges ondemokraties in hulle handel en nywerheid en elders op te neem.
Daar is al oor en oor bewys dat God aparte volke geskep het en dat alle Christene uit beginsel en gehoorsaamheid aan God se woord noodwendig apartheid moet ondersteun, of die bevele in die Bybel verloën en afvallig word. Dit is òf die een òf die ander sonder 'n middeweg. 'n Kerk kan nie Bybelse waarhede verkondig sonder om apartheid onvoorwaardelik te ondersteun nie.
Wanneer hoor ons weer die stem van die kerke, of is hulle nou tevrede met deurmekaarontwikkeling? Sover ek verneem het, is daar slegs een Afrikaanse kerk wat die regering standvastig en gereeld op Bybelse gronde bestry. In November 2017 is die volkvreemde regering weer eens met geestelike sterkte teengestaan. Hierdie kerk het sy eie private "kweekskool" van hoogstaande gehalte om sy eie predikante op te lei.