VERKEERDE BEGRIP VAN APARTHEID

Johan Dorfling

Die begrip apartheid word gereeld misverstaan, hetsy deur onkunde of moedswillig. Van buitelanders wat ver van die toepassing van apartheid leef, kan dit in 'n mate begryp word omdat hulle waningelig is en selfs dink dat swartes nie in dieselfde winkels as die blankes mag koop nie. Maar landgenote wat alhier grootgeword het en die praktyk van kleins af beleef en ken, kan slegs moedswillig optree omdat hulle onder die invloed van kommunisme is wat sommige mense as hoogste gesag erken en 95% van alle mense as minderwaardig reken. Die 95% derdeklas mense, die gepeupel, is gedoem om die kommunistiese regering slaafs te dien.

Om dwase van die waarheid te oortuig, is byna onmoontlik.

Hulle sal byvoorbeeld 'n hoogs uitsonderlike geval ophaal om sogenaamd te bewys dat die inwoners in 'n blanke gebied geneig is om te steel. Die een uit duisende is volgens hulle genoegsame getuienis om hulle bewering te staaf. Om hulle daarop te wys dat dit die teenoorgestelde bevestig, hou die dwase vol dat as een gesteel het, kan 'n paar honderd ook steel. Of hulle sal beweer dat blanke skole beter sportvelde as swartes het. Op die antwoord dat daardie blanke kinders in hulle vrye tyd self die grond bewerk en beplant het, vra hulle heeltemal van die punt af of die pragtige sportvelde betwyfel word. Hulle omseil die feite en gaan steeds voort om op die snaar te tokkel dat swartes ook pragtige sportvelde wil hê, want hulle word kastig benadeel. Dit is nutteloos om met rondspringers te redeneer.

Om uit te wys dat apartheid, eie volk, nasie, ras, etnisiteit, stam, ensovoorts, dieselfde betekenis het, is ewe nutteloos. Om nietige betekenislose onbeduidende verskille te probeer onderskei, is om hare te kloof. Die verskeidenheid bestaan sedert duisende jare gelede en sal voortduur tot in ewigheid. Jode en bekeerde Grieke het dieselfde geloof aangeneem, maar hul eie volkskap behou. Geloofseenheid beteken nie sigbare of liggaamlike eenheid nie, maar geestelike eenheid.

Waar vermenging plaasgevind het, was dit uitsonderlike gevalle met ernstige gevolge. Waar 'n man en 'n vrou in die huwelik een geword het, is dit in die geloof. 'n Man bly 'n man en 'n vrou bly 'n vrou. Net so bly 'n volk 'n volk in geloof, aard, taal, kultuur en wat eie aan die volk is. As toegelaat word dat tale vermeng, sal die onderskeie tale, ook Afrikaans, besoedel en afgebreek word totdat dit verdwyn. Aanvanklik sal die oudste tale begin oorheers totdat daardie tale ook tot niet sal gaan, tesame met alles wat volkseie is.

Voëls en diere en mense is gemaak volgens hulle soorte en alles was baie goed. Iemand wat die bestaan van verskillende soorte mense bestry, moet eers lees wat hoogleraar Totius in 'n referaat in 1944 voorgedra het voordat hy daaroor kan praat. Sjinese het 'n eie identiteit en is duidelik te onderskei van Afrikaners, Hollanders en Engelse en swartes. Apartheid!

Wanneer een ras of volk homself op 'n aanmatigende wyse bo ander rasse verhef, tree rassehoogmoed en verwaandheid na vore wat onaanvaarbaar is. Meerderwaardigheid is die begin van rassehaat wat die voortbestaan van ander volke misken met gevolglike onderdrukking. Beskerming van die volkseie moet van van rassehaat onderskei word, juis soos die beleid van apartheid bewerkstellig. Geen inmenging in 'n ander volk se binnelandse sake nie.

Teenoor die nuwe wêreldorde wat ten doel het om die grense tussen volke uit te wis, is apartheid se eerlike doel om volkstate te vestig waarby elke volk in die wye wêreld voordeel trek. Dat apartheid al hoe groter inslag vind, word weerspieël in die groter getalle onafhanklike volke wat sitting in die Verenigde Nasies se bedrywighede verkry. Net in Suid-Afrika het hierdie begrip nog nie deurgedring nie, maar dit sal mettertyd wel ingesien word. Die nuwe wêreldorde het skromelik misluk.

Die oorspronklike en huidige betekenis van diskriminasie is om onderskeid te maak soos duidelik uit die Bybel en in die praktyk verstaan word. Omdat dit nie ontken kan word nie, verbuig vrydenkers die begrip deur maatskaplik en politiek saam te voeg. Daarmee poog hulle om verwarring te veroorsaak, tog diskrimineer (onderskei) hulle openlik tussen tale en volke. Afrikaans moet verdwyn en blankes (nie swartes nie) se selfverdiende lewensprestasies (eiendom en finansies) moet weggeneem word. Politiek moet op die terrein van maatskaplik inmeng om onderskeid uit te skakel. Hoekom word tussen sportmanne en sportvroue onderskei?  Dit is mos diskriminasie as aparte kleedkamers voorsien word en ook as getel word hoeveel mans en vrouens in bepaalde poste moet wees.

Noem dit diskriminasie, differensiasie of onderskeiding. Volgens die volkvreemde regering mag daar nie onderskei word nie. Apartheid met al sy byna ontelbare voordele, is skielik uit die oogpunt van vreemdes ongewens. Geen onderskeiding word geduld nie. Met so 'n duidelike vaste uitgangspunt, waarom word geestelik afwykendes, verkragters, moordenaars, diewe en ander oortreders apart, weg van die gemeenskap, aangehou?  So 'n vraag klink vir ons belaglik, maar kyk na die beginsel waarop aanspraak gemaak word. Apartheid mag selfs as 'n uitsondering nie plaasvind nie.

Waarom word tussen 'n matrikulant en 'n gegradueerde onderskei, diskrimineer?  Dit is mos vryheid as 'n matrikulant in 'n kerk preek, of as advokaat optree, of skoolhoof of 'n mediese operasie doen. Dit sou 'n beleid wees van geen diskriminasie, geen onderskeid tussen kwalifikasies, teenoorgesteld aan apartheid, maar dit word nie gedoen nie. Die skrywer hiervan is moedwillig, sal sommiges sê. Dink weer oor die deurmekaarspul. Hoeveel ongekwalifiseerdes het verantwoordelike poste beklee en beklee dit tans nog terwyl hulle uiters onbekwaam is. Hulle werk net oppervlakkig en noodsaaklike vereistes word nie nagekom nie omdat apartheid nie toegepas word nie. Apartheid is oral dieselfde en moet begryp word.