...SLINKSE PLANNE
Johan Dorfling
Slinkse planne word in die geheim gesmee, in die duisternis, in 'n poging om ander mense te oortuig dat die oppervlakkige goeie bedoelings tot hulle voordeel sal strek. Intussen word dit so voorgehou dat dubbele standaarde daaruit kan voortspruit. Dit klink filantropies of mensliewend om te beweer dat almal alles met mekaar moet deel, maar dit is die beginsel van die kommunisme wat onbybels is. Let op na die verskil. Kommuniste sê jy moet wat jy het met my deel. Christene sê ek deel met jou om jou te help.
Die kommunis het niks aan te bied nie en eis van die Christen. Die Christen het baie om aan te bied in die vorm van die geestelike en goedere wat hy verwerf het deur geloof en harde werk, tog deel hy uit goedheid wat hy aan ander kan afstaan.
Volgens Fikile Mbalula beplan die ANC nie algehele beslaglegging op eiendom sonder vergoeding nie.
Eiendomsregte is nie 'n bedreiging nie. Nasionalisering sal nie toegepas word nie. Die ANC ondersteun nie staatsbeheer oor lewens en gemeenskappe nie. Ja, hy is reg met van sy bewerings. Beslaglegging deur die staat is nie die doel nie, maar let op, onteiening om eiendom aan ander te gee, is nie beslaglegging nie. Nasionalisering beteken presies dieselfde; die staat sal nie die eienaar word nie, maar wel die eiendom aan ander toeken. Staatsbeheer oor lewens en gemeenskappe soos skole en die handel, word egter lankal toegepas. Alle blanke besighede word verplig om nie-blankes in diens te neem, en nie net as gewone werknemers nie, nee, hulle moet van die boonste posisies beklee waaraan hulle nooit gewerk het nie. Dit is beheer oor lewens.
Dan volg die bewering dat land gedemonopoliseer sal word, grond sal grondwetlik gemaak word. Swart en wit word verseker dat toegang tot grond aan die kom is. Aan aandeelhouers, boere en almal word verseker dat grondverdeling sal gebeur. Demonopoliseer beteken dat grond nie alleen besit mag word nie. Ons word daarmee wysgemaak dat net blankes grond besit, maar weer moet na die Transkei, Boputhatswana en ander grondgebiede verwys word wat net aan swart volke behoort. Hulle het aldaar alleenreg en nie blankes nie. Dr Verwoerd het hierdie beleid duidelik bevestig.
Die Voortrekkers het wettig grond by die Zoeloes gekoop. Daar was hulle skynbaar met ope arms ontvang en het hulle die Voortrekkers met 'n partytjie verwelkom waar hulle en daarna ander op groot skaal verraderlik vermoor was. Daarvan word vandag niks gesê nie. Wie is die wettige eienaars van daardie grond en ander grondgebiede wat wettig van swart volke verkry is? Dit is soos om 'n motor wettig te koop en dan beskuldig die verkoper dat jy sy motor gesteel het. Kan ons mense kwalik geneem word as ons swartes wantrou? Nou maak hulle vals bewerings asof swartes nie eienaars van grondgebiede is nie en dat blankes skuldig is aan . . . wat?
By Kodesa, net voor 1994, is beweer en ooreengekom dat die blankes op geen manier benadeel sal word nie, alhoewel die ANC met niks na die vergadering toe gekom het nie. Al wat hulle kon doen, was om van die blankes te eis soos kommuniste optree. Dit is strydig met Christelike opvattings, strydig met die Bybel, strydig met apartheid, strydig met vrede.
Let op wat Ramaphosa pas kwytgeraak het. Volgens hom sal die land onstabiliteit omhels as sogenaamde landhervorming nie gedoen word nie. Op grond waarvan sê hy dit, want dit is onwaar. Voor 1994 was die die land baie meer stabiel, veral in die tyd van dr D F Malan, adv Hans Strijdom en dr H F Verwoerd toe apartheid streng toegepas was. Verder meld hy dat toenemend saamgestem word dat landhervorming noodsaaklik is vir Suid-Afrika se welsyn. Ons moet net ontspan. Van waar Gehasi? Hy gryp bewerings uit die lug uit om ons te probeer breinspoel. Indien daar blankes is wat met hom saamstem, is hulle onkundig en word maklik mislei.
Ons boere se samewerking word gevra om nog grond wat die swartes nie toekom nie, sommer net weg te gee. Ons staan nou weer voor Dinganers en Kodesaners wat skynbaar ope arms het. Dat daar boere is wat hierdie slinkse planne nie kan insien nie, is onverstaanbaar. As daardie boere hulle oë uitvee, sal hulle by die Afrikaners in dorre Argentinië moet gaan aansluit. Hulle word nou net gebruik.
Watter grondgebiede sal van swartes weggeneem word om aan blankes te gee? Eensydigheid sal toegepas word. Die slenter is deursigtig.