Johan Dorfling
Sommige mense lewer willens en wetens misleidende kommentaar oor apartheid, terwyl ander dit doen sonder dat hulle oor genoegsame kennis of insig beskik. Veral as dit in 'n proefskrif of 'n tydskrif-artikel opgeneem is.
Die Tragedie en Hoop van Apartheid SA deur dr Mark R Kreitzer is deur Antoine Theron vertaal en verwerk. Die oorspronklike artikel, getiteld: "South African Tragedy Restored" het in die Contra Mundum tydskrif, 1992 vol. 5, verskyn. Slegs sommige onwaarhede en waarhede word aangehaal omdat dit stil-stil ingewerk is om te poog om die kommentare 'n aanslag van wetenskaplikheid te gee.
"Die sogenaamde apartheidstelsel het geleidelik oor 'n tydperk van meer as 250 jaar ontstaan. Sedert 1948 is dit as 'n netwerk van wette en sosiale meganismes uitgebou waarvan die teorie grootliks deur gereformeerde denkers ontwikkel is. Dit was die strewe van sulke gereformeerdes om 'n Bybels verantwoordbare oplossing vir Suid-Afrika se ingewikkelde inter-etniese probleme uit te werk. Hierdie strewe het ongelukkig nie die vooroordele en kortsigtighede van die eie kultuur en 'n bepaalde skool van Nederlandse Calvinisme ontsnap nie - maar kan vandag se (polities korrekte) propaganda wat almal en alles wat met apartheid te doen gehad het, as sondaars en ketters en verdrukkers uitkryt, sonder gevaar gesluk word?"
ONWAAR: Die apartheidstelsel is nie sogenaamd nie, maar 'n presiese beskrywing van 'n uiters betroubare regeerstelsel.
ONWAAR: Apartheid het duisende jare gelede reeds in Egipte bestaan en nie slegs meer as 250 jaar gelede nie.
ONWAAR: Netwerk van wette verwys na onnodig baie wette, maar sedert apartheid afgeskaf is, is daar 'n klomp meer wette bygevoeg.
ONWAAR: Die Bybel is nie gebruik om Suid-Afrika se etniese probleme uit te werk nie, maar om dit te bevestig. Die swart volkere het voordat hulle met blankes in aanraking gekom het, apartheid toegepas. Die blankes het dit net so toegepas, maar sonder oorlogvoering.
ONWAAR: Daar was nie vooroordele en kortsigtighede nie. Dr Mark R Kreitzer gryp die bewering uit die lug sonder om dit toe te lig.
ONWAAR: Polities korrekte word sonder meer beweer, maar geen rede kon gegee word nie.
Kyk watter misleiding is in net een paragraaf van 'n onkundige vervat.
Dr Mark R Kreitzer gaan voort: "Ongetwyfeld was daar, getoets aan die Skrif, veel in die beleid wat onregverdig, sondig en verkeerd was, maar die standaard waarmee ons meet, bepaal ons resultate; en wanneer apartheid aan Skriflig onderwerp word, lyk die beeld anders as onder die lig van die demokratiese dogma en die oppervlakkige maatstaf van humanisme. Ons kan nie tot behoorlike insig kom deur die onnadenkende herhaling van simplistiese politieke refreine nie. Selfs net die kompleksiteit van die onderwerp behoort ons van haastige beoordelinge laat terugdeins."
ONWAAR: Veel in die beleid wat onregverdig, sondig en verkeerd was? Soos wat?
WAAR: ….. lyk die beeld anders as onder die lig van die demokratiese dogma en die oppervlakkige maatstaf van humanisme. Ons kan nie tot behoorlike insig kom deur die onnadenkende herhaling van simplistiese politieke refreine nie.
In hierdie vorige paragraaf verander dr Mark R Kreitzer sy deuntjie met slinksheid. Dit rym nie met sy eerste aanhaling nie. Die volgende aanhaling laat hom weer kleitrap:
"Klein apartheid omvat die menigte burokratiese reëls en regulasies wat byvoorbeeld aparte busse, toilette, ontspanningsgeriewe en sportfasiliteite vir die verskillende rasse voorgeskryf het. Dit rym moeilik met die Bybelse beginsel van - gelyke beskerming deur die reg - wat ook in die Romeins-Hollandse Reg en Engelse gemenereg gevind word. Die universele beginsels van geregtigheid wat in elk van God se wette gevind word, leer dat: Wat die vergadering aangaan, een en dieselfde insetting geld vir julle en vir die vreemdeling wat by julle vertoef. 'n Ewige insetting in julle geslagte is dit: Soos julle, so moet die vreemdeling voor die aangesig van die Here wees. Een wet moet geld vir julle en vir die vreemdeling wat by julle vertoef" (Num. 15:15-16, vgl.15:29-30, Lev.24:22, Deut.1:16-17, Lev.19:15).
Deur hierdie sogenaamde vreemdelingwette verbied God die soort uitbuiting waarin Egipte homself onderskei het in sy onregverdige verslawing van die hele Israelitiese volk: En as 'n vreemdeling by jou in julle land vertoef, mag julle hom nie verdruk nie. Die vreemdeling wat by julle vertoef, moet vir julle wees soos 'n kind van die land wat onder julle is. En jy moet hom liefhê soos jouself, want julle was vreemdelinge in Egipteland. Ek is die HERE jou God." (Lev. 19:33, vgl. Ex. 22:21, 23:9)".
ONWAAR: Klein apartheid bied gelyke beskerming deur die reg, want alle fasiliteite vir die Afrikaner was net so beskikbaar vir die vreemdelinge in blanke gebied, net afsonderlik. Skole, kerke, hospitale, openbare geriewe, sportgeriewe, en alles wat die blankes vir hulself opgeëis het, was vir algemene gebruik afsonderlik beskikbaar. Die Bybelse aanhalings word verdraai asof die teendeel van toepassing was.
ONWAAR: Niemand is verslaaf of verdruk nie en geen haat was teenoor hulle openbaar nie.