DIE BELANG VAN DIE UKRAÏNE VIR RUSLAND... EN DIE VSA

Dr JJ Snyman

Die Ukraïne was sedert 2014 pal in die nuus. Die VSA het ‘n staatsgreep beplan en uitgevoer waar die wettig verkose Viktor Yanukovych eenvoudig uit die kussing gelig en deur ‘n VSA-pion Petro Porochenko vervang is.

Dit was ‘n reuse slag vir Rusland. Waarom? Wel, die Ukraïne was nie net Rusland se buurman en ook deel van die USSR en die Russiese federasie nie, maar ook weens sy grootte, hulpbronne en ligging strategies van uiterste belang vir Rusland met ‘n bevolking van 43 miljoen mense; dit is die 2e grootste staat in Europa en 17% van die inwoners is Russe.

 

Sedert die staatsgreep wat gevolg het op die Euromaidan-revolusie (deur die VSA gestook) het Ukraïne se ekonomie met rasse skrede agteruit gegaan. Dit het nou die land in Europa geword met die laagste inkomste per persoon. Dit het ook die land geword met die laagste vlak van rykdom in die wêreld! Dit gaan gebuk onder erge korrupsie en armoede wat rampspoedige afmetings aanneem.

Hoe voormelde te rym is met die feit dat die Ukraïne, soos Rusland, die grootste weermag in Europa het, sal net die VSA kan verklaar. Dit is egter bewys van wat die VSA se voorneme met die Ukraïne is.

Die Ukraïne het ‘n kuslyn van 2 782 km en beslaan 603 628 vierkante kilometer.

Die hulpbronne sluit in steenkool, ystererts, gas, olie, sout, grafiet, titanium, nikkel en baie vrugbare grond. Water is egter ‘n kopseer en skaars.

Na die ontbinding van die USSR het die Ukraïne ‘n weermag van 780 000 soldate en die derde grootste kern-arsenaal in die wêreld. In Mei 1992 is die Lisbes Protokol geteken en moes die Ukraïne al sy kernwapens aan Rusland oorhandig.

Sowat 1 500 km-grenslyn skei die Ukraïne van Rusland. Die belang van die Ukraïne vir Rusland is soos volg deur Zbigniew Brzezinski opgesom:

Without Ukraine, Russia can not be an empire, but with Ukraine suborned and then subordinated, Russia automatically becomes an empire.

Dit was dus fataal vir Rusland om die Ukraïne te “verloor”. Rusland se departement van buitelandse sake het die situasie in die Ukraïne soos volg opgesom:

It is Russia that protects Europe from barbarism, tyranny, terrorism, aggression and militarism. It is due to the current Kiev regime that the present-day Ukraine is characterized by the frenzy of extremists and paramilitary groups, warfree against own people, and propaganda manipulation.

Na die staatsgreep in 2014 is die land in chaos gedompel. Die gebied bekend as die Donbass, het die ergste deurgeloop. Dit sluit die Donetsk en Luhansk streke van Ukrane in. Laasgemelde twee gebiede het dan ook republieke uitgeroep om hulle te distansieer van wat in Kiev gebeur het wat tot ‘n volskaalse oorlog gelei het. Die oorlog het reeds daartoe gelei dat 44 miljoen mense haweloos gelaat is. Sowat ‘n miljoen het gevlug.

Die regerings van die Donbass het reeds prontuit verklaar dat hulle met die moederland (Rusland) wil verenig. As Rusland volle beheer oor die Donbass verkry is die Ukraïne ook geheel en al afgesny van die Kiev en ook van die See van Azov. Die Don- en Volga-riviere word deur ‘n kannal verbind bekend as die Volga-Moskva kanaal. So word die Swart See met die Kaspiese See verbind. Die Volgarivier vloei in die Kaspiese see maar loop ook deur Moskou. Dus kan skepe vanuit Moskou deur hierdie verbindingslyne direkte toegang tot beide die Swart en Kaspiese See verkry.

Met die insident in November 2018 waar Ukraïne se skepe deur Rusland gekonfiskeer is, het Rusland bewys dat hy geen verdere provokasie van die Ukraïne of die VSA sal duld ten aansien van gebiede wat hy as sy eie beskou nie.

Die VSA sal die fout van sy lewe maak as hy Rusland op Russiese grondgebied uitdaag. Maar as hy nie wil leer uit die lesse van Napoleon en Hitler nie, sal hy beslis hier in sy spore gestuit word. Hoe nodig is dit nie dat die VSA tot sy sinne geruk word nie!